Bedankings en Erkennings

Bedankings en Erkennings #

Eerstens wil ek my eggenote, llse, bedank vir haar geduld gedurende die lange jare van versameling en rangskikking van gegewens. Sonder haar volgehoue aanmoediging, belangstelling en waardevolle hulp, veral met taalkwessies, sou hierdie publikasie nie moontlik gewees het nie.

My dank gaan ook uit na my dogter llse Keet, wat jare lank met volgehoue ywer en toewyding haar rekenaarvaardigheid op bekwame wyse ingespan het om die manuskrip persklaar te maak. Haar voorstelle en advies was in baie gevalle van deurslaggewende aard en daarsonder sou dit onmoontlik gewees het om die taak te voltooi.

Die volgende mense en instansies word bedank vir gewaardeerde en onbaatsugtige hulp: prof. Arnold Blimer (Universiteit van Stellenbosch), mev. Heleen de Haas (Durbanville), mev. Christine Fêrster (Universiteit Leipzig, Duitsland), mev. M. Greyling (Universiteit van Suid-Afrika), die Heinrich-Heine- Institut (Disseldorf, Duitsland), mnr. Koos Human (Kaapstad), die J.S. Gericke-Biblioteek (US), mnr. Otto Liebenberg (NALN, Bloemfontein), mev. Joubero Malherbe (Pretoria), “Gerda Maré” (Die Afrikaner, Pretoria), die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika (Kaapstad), prof. P.G.J. Overduin (US), mnr. Sebastian Pistor (Disa-Uitgewers), die Stadsbiblioteek Bellville, dr. G. van Wageningen (Bellville), die Staatsbiblioteek (Pretoria), die Universiteitsbiblioteek (Universiteit van Kaapstad).

Die nuustydskrif Time word bedank vir toestemming om woordelikse aanhalings te publiseer uit die volgende artikels: “Poetry in English 1945-1962”, Time, 9 Maart 1962; “John Keats, the Chameleon Poet”, deur W.J. Bate en A. Ward, Time, 25 Oktober 1963; “People — Mrs. Wilson", Time, 18 Oktober 1968. Daar is ook verwysings na artikels in die uitgawes van Time van 13 Julie 1962, 8 Februarie 1963 en 21 Mei 1965. Enige moontlik foutiewe stellings is die volle verantwoordelikheid van die samesteller.

A.D. Keet II
Samesteller