7. Noorskloof en Sy Skulpgruis

7. Noorskloof en Sy Skulpgruis #

7 Noorskloof en sy Skulpgruis My oorlede vrou en ek het die plaas Noorskloof reeds in 1929 gekoop. Weens die swak inkomste uit die praktyk as gevolg van al die boekskulde het dit baie jare geneem om die verband en die rente af te betaal, en dit het maar moeilik gegaan. Daarby het die boerdery ook maar min ingebring. Ons het darem vermoed dat die dorp Jeffreysbaai eendag in daardie rigting sou uitbrei. Die plaas is 683 morge groot en min of meer driehoekig van vorm. Die oostelike grens, wat die basis van die driehoek is, is ’n 14 myl lange seefront. Die eintlike grens hier is natuurlik die hoogwatermerk. Die ander twee grense strek dan skuins die land in oor ’n lang, plat bult en kom op die hoogste punt bymekaar. Gevolglik is daar van oral op die plaas ’n uitsig oor die see. Dit is 9 myl van Humansdorp en 48 myl van Port Elizabeth. Deur die noordwestelike hoek loop die N2- nasionale pad, die smalspoorlyn van Port Elizabeth na Avontuur en ook die waterpypleiding wat Port Elizabeth vanaf die Kromrivier van water voorsien. Die plaas is deur die Landboudepartement beplan en in kampe verdeel, met watervoorsiening uit die Kromrivier- pypleiding. Daar is 2 groot damme en ongeveer 80 morg droëlande. Ook is daar ondergrondse water wat vir besproeiing van die laer dele gebruik word. Daar is hoofsaaklik met skape geboer, en op klein skaal met groente en ’n melkery. Mnr. Jan Ferreira, ’n boorling van Senekal, het die boerdery al die jare met behulp van 110

plaaslike werksmense waargeneem. Hy was ook die meeste van die tyd in beheer van die uitgrawing, sifting, vervoer en versending van die skulpgruis.2 I have written to influential people at Humansdorp and Jeffreys Bay that the time is opportune to agitate for a normal gauge railway from Port Elizabeth to Avontuur, and on to George (giving a short cut to Cape Town) and also for a jetty at Jeffreys Bay. | am sure Mr. Paul Sauer has both projects in mind, as he is the Member of Parliament for Humansdorp.S lt is a charming seaside estate, with magnificent views across the sea, and towards the north across the Kabeljous River lagoon towards the Cockscomb Mountains near Uitenhage. The farm has an abundant supply of water and a good many morgen under irrigation. It also has a wonderful KJoof, about 1.8 miles in length, which has been protected as an unofficial nature reserve for many years.4 lt would grieve me to sell my farm, as all artistic things Captivate me immediately. My late wife, who passed away in 1932, and | selected a spot there with unsurpassed views across the sea and mountains, on which we intended to build our future home. Alas, this was not to be.5 Die hele kuslyn by Jeffreysbaai is beroemd vir sy pragtige skulpe. Dit is egter minder bekend dat daar onder die grond ontsaglike hoeveelhede skulpe en skulpgruis 1ê, al duisende jare lank. Dit lê ’n paar honderd tree die land in, en is hoofsaaklik gekonsentreer in twee kolle omtrent een myl van mekaar verwyder. Na skatting was daar minstens 50 000 ton van hierdie ondergrondse skulpgruis. Dit is geheel en al iets anders as die gewone, harde 111

seeskulpe wat by laagwater op die strand opgetel word, en in teenstelling met laasgenoemde is dit bros en sag. Die geologiese formasie is min of meer soos volg: bo-op is ’n laag grond een tot twee voet diep, begroei met inheemse plantegroei. Daaronder is kalkbanke waartussen, in sogenaamde tonnels, die skulpgruis verborge lê. Dit is so bros dat dit maklik met die vingers uitgekrap kan word. Op ’n diepte van omtrent ses voet beland ’n mens dan op seerotse. Hoe dit gekom het dat die kalk en skulplae vandag so diep die land in lê, is onbekend. Die geoloë sal dit maar moet uitpluis! Dit was gou duidelik dat hierdie ondergrondse skulpgruis waarskynlik as pluimveevoer gebruik sou kon word. Ek het die chemiese samestelling laat bepaal en ook laat vasstel watter spoorelemente dit bevat. Dié bevindings en ander besonderhede is saamgevat in ’n brosjure, Noorskloof Super Skulpgruis, wat ek in 1941 laat druk het vir verspreiding onder hoenderboere. Persentasiegewys bestaan dit uit die volgende: kalsiumkarbonaat 91,4%, magnesiumkarbonaat 2,12%, ysteroksied 0,39%, fosforoksied 0,08%, aluminiumverbindings 0,31%, silika 3,83% en organiese stowwe 1,68%. Net soos water is kalk natuurlik noodsaaklik vir mens, dier en plant. By pluimveevoer word kalk gewoonlik in die vorm van kalsuimkarbonaat gegee. Dit gaan eers na die beenstelsel om been te vorm en daarna na die eierdoppe.* ’n Hele reeks vergelykende proewe is deur hoenderboere en ander gedoen om vas te stel of die ondergrondse skulpgruis beter resultate gee as die gewone wat op die strand versamel word. Daar is gevind dat dit harder doppe as gewone skulpgruis gee, wat minder skade by vervoer beteken. Dit lewer ook beter resultate in die broeikaste. Ek het talle goeie getuigskrifte ontvang van prominente pluimveeboere.” 112

Dit is moontlik dat die brosheid hierdie skulpgruis meer oplosbaar maak in die mae van pluimvee en dus ’n vername rol in die goeie resultate speel.8 Dit is ’n unieke produk van prima kwaliteit. Sover ek weet, is daar nêrens aan ons kus nég so iets nie, ook volgens dr. Van Hoepen van die Nasionale Museum in Bloemfontein. Hy is ’n deskundige op die gebied van skulpe en het eenkeer drie weke op die plaas uitgekamp om ’n vergelykende studie te maak van die ondergrondse en die strandskulpe.” In 1981 het Aletta C. Vos van die Universiteit van Stellenbosch ’n tesis geskryf oor Die Invloed van Magnesium, Mangaan en Silika op die Breekbaarheid van die Eieromhulsel by Gallus domesticus. Ongelukkig noem sy in die Engelse opsomming van haar resultate die Noorskloofskulp oyster shells, terwyl dit inteendeel ’n mengsel is van honderde soorte klein skulpe.19 To keep your poultry fit Use Noorskloof Supergrit! 11 Dit is die skulpgruisverkope wat dit al die jare moontlik gemaak het om vir die universiteitsopleiding van jou, Lowna en Cobie te betaal. Ons is nou meer tevrede oor die gang van sake op die plaas en ek is meer verlief op ons brokkie aarde daar as ooit tevorell2 Aangesien ek baie onkoste het, veral met die opvoeding van my kinders, sal ek bly wees om ’n tjek van u te ontvang vir die skulpgruis wat u bestel het gedurende die loop van die jaar.13 Verlede week het ek rekenings vir skulpgruis uitgestuur aan kliënte wat vir ’n paar jaar geen rekeninge ontvang het nie! Mnr. M. van Pietermaritzburg, een van 113

die bekendste stoetpluimveeboere in die land, moet ook nog ’n tameletjie kry vir 18 ton wat ek hom in die laaste paar jaar gestuur het. Ek sien nou eers hoe die distriksgeneesheerswerk my tyd in beslag geneem het, en saans was ek dan te moeg om nog met ander dinge te sukkel.14 Ek het jou in die laaste tyd verwaarloos en kon nie gereeld skryf nie. Daar is 101 dinge wat my aandag vereis, en ek kan baie dae nie my draai kry nie.15


Tot my grote spyt moet ek u meedeel dat ek my plaas op Jeffreysbaai in Desember 1970 verkoop het en in die toekoms nie meer ondergrondse skulpgruis aan u sal kan lewer nie. Ek wil my diepgevoelde dank aan al u handelstakke betuig vir al die jare wat u my ondersteun het op so ’n aangename wyse.16 Die Kouga-streekkoerant Our Times het berig dat die kopers in 1970 die plaas Noorskloof in ’n woongebied omskep en tot “Wavecrest” herdoop het. Een van die strate is deur hulle genoem na dr. A.D. Keet, nog een na sy eerste vrou, dr. Nell van der Poll, ’n derde na Rina van der Merwe, met wie hy later getroud is, en nog een na prof. dr. B.B. Keet, een van sy broers wat een van die oorspronklike vertalers van Die Bybel in Afrikaans was. Die plaaslike “Groenes” doen hul bes om dié unieke kloof met sy inheemse plant- en dierelewe te bewaar.17 VERWYSINGS: HOOFSTUK 7 Brief aan L. Biggs, 13.8.1965. Uittreksel uit beskrywing aan voornemende kopers. Brief aan E.R. Symons, 30.7.1948. ““. John Roberts, Londen, 3.10.1949. “. “. E.Comforth, 11.4.1947. OO0OPBOUON“E.P W. Top, 17.3.1965. 114

10 11 12 13 14 15 16 17 Brief aan Kroonstad-Wes-Koëp, 23.11.1964. Dieselfde as 6. Brief aan M. Letty, SA Pluimveevereniging, 10.10.1965. “ “ WNNR, Pretoria, 22.4.1952. Rympie deur A.D.K. gemaak vir advertensies, 12.9.1943. Brief aan A.D.K. II, 15.1.1952. “ “ V.enkKie,6.11.1952. “ “ AD.K.II, 25.3.1956. “ “. JanFerreira, 18.6.1953. “ “. Kroonstad-Wes-Koëp, 4.1.1971. Our Times, 6.12.1971. 115