8. Die Heengaan van Nell Keet

8. Die Heengaan van Nell Keet #

3 Die Heengaan van Nell Keet (1894-1932) Berig in Die Volksblad, 21 Oktober 1932: SENEKAL. — Die stoflike oorskot van dr. Nell Keet, eggenote van die geneesheer en digter dr. A.D. Keet, is op 18 Oktober onder blyke van buitengewone belangstelling onder alle stande van die gemeenskap hier ter ruste gelê. Die roudiens in die kerk is gehou deur ds. D.P.M. Olivier en eerw. J. P. de Villiers, wat elkeen passend hulde aan die oorledene gebring het. Die buitegewone groot stoet na die begraafplaas is by die aankoms met haar oorskot na haar wens deur die swart kinderkoor toegesing “Veilig in Jezus Armen”. Onder telegramme van deelneming uit verskillende dele van die Unie was daar ook een van genl. Hertzog en meer as ’n honderdtal kranse is op haar graf gelê. Die oorledene is op 12 Mei 1894 in Amsterdam gebore as een van ’n gesin van vier susters en een broer, tans in Argentinië. Van die susters is twee woonagtig in Den Haag en die ander in Amsterdam. Mej. Neeltje Nulda Cornelia (Nell) van der Poll, soos sy geheet het, het haar hele opleiding in Amsterdam geniet, waar sy ’n skitterende universiteitsloopbaan voltooi en in 1919 haar eindeksamen as arts afgelê het. Sy het ook die hoë onderskeiding geniet om in 1916 gekies te word in die Studentesenaat, die hoogste verteenwoordiging van die Amsterdamse Studentekorps wat uit slegs vyf lede bestaan en waarin sy die enigste dame was. Dit is in Amsterdam waar dr. A.D. Keet haar ontmoet het en sy is die “bekoorlike kind” aan wie sy reeks liefdesgedigte hul 116

ontstaan te danke het. Hy sien haar beeld in elke blom en sy is vir hom sy “dageraad” en sy “jubelende mêre”. Die paar het in September 1919 in Amsterdam in die huwelik getree en het hulle in 1920 op Senekal gevestig, waar hulle sedertdien as geneeskundiges gepraktiseer het. Dr. Nell Keet het Suid-Afrika hartgrondig haar eie gemaak. Met haar liefde en eenvoud, haar beminlikheid en offervaardigheid het sy die harte van almal gewen met wie sy in aanraking gekom het; vandaar die hoë agting wat haar toegedra is, die laaste groot eerbewys aan haar en die algemene deelneming oor haar heengaan onder alle range en stande. Haar hele lewe het opgegaan in liefdesdiens vir haar huis en haar pasiënte. Die warme simpatie en die ware belangstelling in die siekes wat sy verpleeg het, maak haar verlies des te groter. Sy het die pyn van baie verlig en die leed versag. Sy het selfs, toe sy reeds veel moes ly, haarself nog nie ontsien nie en het blank en swart met toewyding gedien. En toe sy eindelik self die lyding moes deurmaak, het sy haar soos die dapperste heldin gedra. Sy laat drie kindertjies na. Berig deur J.H. de Lange in Die Kerkbode, 16 November 1932: Altyd nederig, vriendelik en vrolik, altyd moedig, hulpvaardig en lief, altyd besorg oor die lyding van ander, en altyd bereid om te help waar sy kon, was ons geliefde dr. Nell. Waarlik, sy was net gelukkig wanneer sy ander gelukkig kon maak; in haar was die dienende liefde verpersoonlik. Haar kragtige intellek en heldere oordeel, haar fyn gevoel vir die skone in die lewe, haar lewe so ryk aan kleure en tinte, haar sonnige en verhewe persoonlikheid, en haar kinderlike afhanklikheid van die dierbare Heer het haar die liefling en ideaal gemaak van haar ruime vriendekring en het troos en hoop gebring waar sy ook al geroep was om te dien. As kind van God was die mediese wetenskap vir haar ’n ideaal en nooit ’n besigheid nie. Vandaar haar skitterende loopbaan as medikus en haar inspirerende en kalmerende invloed op haar pasiënte. Te midde van 117

hartseer en trane rys uit menige wenende siel ’n danklied tot God vir die kostelike voorreg om so ’n unieke lewe en onvergeetlike heldin te ken. Haar nagedagtenis sal in ons harte lewe totdat ook ons weldra geroep sal word om uit hierdie lewe in die betere wêreld oor te stap. Berig deur prof. dr. H. Burger in De Dietsche Orde, Amsterdam, Desember 1932. Dinsdag 18 october, zo0o melden de Afrikaansche bladen, was bij den rouwdienst van dr. Nell Keet het groote kerkgebouw van Senekal van deur tot deur gevuld; alle winkels en kantoren waren gesloten. Deze vrouw, van Hollandsche afkomst, had zich aan haar nieuwe omgeving volkomen weten aan te passen. Door haar liefde en belangstelling en door haar geneeskundig werk had zij zich geëerd en bemind gemaakt bij iedereen: “Blank en gekleurd heeft zi met toewijding gediend.” Dit doodsbericht heeft mij diep getroffen. Het voerde mijn geest terug naar de jaren kort vOêr den Eerste Wereldoorlog, toen een groot aantal Afrikaners in Amsterdam studeerden. En onder hen zie ik A.D. Keet, den student-dichter, die het schoon van Amsterdam zoo gevoelig heeft bezongen: Dis liggies hier en liggies daar In lange rije aanmekaar wat flikker in die gragte. Hij is een warm vriend van Nederland geworden en als loon voor deze vriendschap heeft hij een der liefste meisjes van Amsterdam met zich mogen meenemen naar “zonnig Afrika”. Twaalf jaar lang hebben zij in Senekal naast elkaar de geneeskundige praktijk uitgeoefend, beiden gewaardeerd; maar toch, nog meer dan dokter Keet heeft “dokter Nell” aller harten veroverd… 118

Uittreksel uit rede van ds. D.P.M. Olivier by die roudiens: Geliefdes, medereisigers na die ewigheid! In die laaste paar maande het die doodsengel dikwels tot ons gekom. Dit is asof elke sterfgeval droewiger en treuriger is — in dié sin oortref die droefheid, veroorsaak deur die plotselinge afsterwe van ons suster wyle mev. dr. Nell Keet, dié wat voorafgegaan het. Sy was etlike maande siek; swaar en bitter was haar lyding; ons het die einde sien kom, en tog was haar heengaan So onverwags — ons almal was geskok. Waar die groot skare van ongeveer 900 simpatieke en deelnemende vriende en belangstellendes hier saam is in die godshuis om die laaste eer te bewys aan die ontslape suster wat weggeruk is in die fleur van haar lewe in die ouderdom van maar slegs 38 jaar, wil ons ons innige deelneming betuig met die treurende broeder dr. Keet, die kindertjies en die familiebetrekkinge. Die God van lewe en dood, die God van genade, die God van ontferminge, die Vader van vertroostinge, troos die treurende soos Hy alleen kan. Onwillekeurig dink ons aan haar dierbares ver oor die see. Vir hulle is haar heengaan pynliker, omdat hulle so vér van haar is, maar dit sal vir hulle ’n soete troos wees om te verneem hoe ons Afrikanervolk haar met agting, respek en liefde bejeën het. Ons wil ’n kransie lê op die graf van die ontslape suster deur ’n paar woorde te sê na aanleiding van Markus 14:8: “Wat sy kon, het sy gedoen.” Die beste getuigskrif wat ons Heiland ooit aan ’n mensekind gegee het, het Hy aan Maria gegee: “Wat sy kon, het sy gedoen.” Wat sy kon, het sy gedoen as huisvrou. Sy was in die eerste plek ’n vrou vir haar man — sy was ’n huisvrou. Haar huis was vir haar alles. Wat sy kon, het sy gedoen as moeder. Omdat sy die ware huisvrou was, was sy ook die ware moeder. Daarom het sy haarself vir haar man en liewe kindertjies gegee. Wat sy kon, het sy gedoen as Afrikaner — want Afrikaner was sy in merg en been. Hoewel van Nederlandse afkoms, het sy haar wonderbaarlik by ons Afrikanervolk aangepas. Met haar 119

haar koms na Suid-Afrika, het sy met ’n Rut gesê: “Jou God is my God, jou volk is my volk; jou land is my land; waar jy sterf, sal ek sterf.” Met haar bekwaamheid en geleerdheid, en kulturele geestesvermoë was sy vir ons Afrikanervolk ’n aanwins. Sy het as ware Afrikaner en vaderlander gesterf. Haar heengaan is ’n verlies vir ons volk en Kultuur. | Wat sy kon, het sy gedoen as medikus. As bekwame medikus het sy haar man nie alleen as vrou nie, maar ook in sy werk aangevul. By haar menigvuldige huislike pligte het sy nog die lyding en pyn en smart van ander ook op haar geneem. Dit het veral geblyk dat, toe sy reeds siek was, sy haarself nog gegee het om ander te help. Wat sy kon, het sy gedoen totdat haar kragte haar verlaat het. Wat sy kon, het sy gedoen as mens. As mens was sy nederig, bekwaam, talentvol, hulpvaardig, voorbeeldig. Veral was sy groot en voorbeeldig in haar lyding. Ja, in die werklike stryd was sy ’n heldin. Daar was nooit ’n klaagtoon nie, maar altyd ’n glimlag. Sy was ’n wonderwerk. Toon niemand Uw droefheid, Dat niemand ze weelt, Breng and’ren Uw vreugde, Breng Jezus Uw leed. Sy het haar vir die Vaderhuis klaargemaak. In een van haar laaste gesprekke met haar kindertjies, sê een van haar kinders: “Mammie, ek is bang om dood te gaan. Is Mammie nie ook bang nie?” Toe antwoord sy: “Nee, my kind, Mammie is klaar om te gaan, maar Mamnmie wil graag ter wille van julle bly.” Hoe menslik! Hoe moederlik! Aan die Kruis het haar sterwende Heiland aan Sy moeder gedenk — hier het die sterwende moeder aan haar kindertjies gedenk. Sy het haar vir die hemel geskik. Sy is huis toe: haar plekkie in die hemel is reg. Daar sal sy altyd in die huis van God wees. Die God van genade gee aan die treurendes genade om haar daar in hemelse heerlikheid te ontmoet om nooit weer te skei nie. 120

Haarlem Holland Lieve, blonde Nell 28 Nov. 1932 Al maanden lang wisten we, dat je misschien weggenomen Zoudt worden van je man en kindertjes, maar wij hoopten nog, dat er een goede keer zou komen, en dat je nog een tijd voor hen gespaard zoudt mogen worden. Zeker zullen onze collegae wel hun uiterste best gedaan hebben, om alles aan te wenden, wat misschien nog kon baten. Jij en ik weten, Nell, hoe hard het is, een geliefde patient af te moeten staan aan den dood, en hoe dan soms alles in opstand komt tegen je eigen onmacht. Je zult het zelf niet gemakkelijk gehad hebben in de uitoefening van je mooi beroep! Hoeveel strijd en moeite heeft het je, in je studententijd niet gekost, om een beetje vrede te vinden met het oneindige leed, waarmede je studie je in aanraking bracht. Je had de schoonheid zoo lief, en je vond het leven toe niet mooi, Nell. Je was ook nog zoo0 jong, misschien al te jong, en zo0 opstandig tegen alles wat je leelijk en slecht vond. Zelf zo0o tenger en blond in je altijd mooie kleertjes! Ik heb je niet meer gezien na je huwelijk, maar heb altijd geloofd, en uit je brieven ook begrepen, dat je gelukkige jaren hebt gehad, en het antwoord hebt gevonden op vele vragen waar je in je studietijd mee rondtobte. IK heb er daarom vrede mee gehad, dat jy zo0o ver weg was. Maar nu is het wel hard, dat we je nooit weer zullen zien, nooit ons precies kunnen vaststellen, hoe je daar gewerkt en geleefd hebt. Of ook te midden van je gezin wel niet eens heimwee je zal bekropen hebben naar het waterrijke Holland — jij, Amstelbewoonster, en oud-roeister? Je hield zoo veel van de natuur; het beste heb ik je nog leeren kennen, toe we, véêr ons candidaats examen, in Santpoort repeteerden, en dan onze wanhoop over onze onkunde verzetten door een wandeling door de duinen. Dan liet je wel eens een bilk slaan in je gesloten hart, dat anders schuw zich terugtrok bij elke onbedachtzame aanraking. Lieve, blonde Nell, rust in vrede in je nieuwe vaderland, dat 121

je zoo loyaal hebt aangehangen. Je zult een mooi en lieve herinnering blijven, voor wie je gekend heeft. (Dr.) Frieda van Hasselt Hillversum Holland Lieve Nell ’ Dec. 1932 Lange tijd heb ik je portret bekeken, waar je zit met je drie Kinderen voor je voeten. Ik ben er heel, heel blij mee. Ik heb het heel lang bekeken, om te zien wat er na al die jaren nog bekend was aan je gezicht en wat veranderd. Ik heb er aan gezien wat er ook vroeger al was — het gezicht van iemand die doelbewust leeft, een ernstige vastberaden trek aan den mond, en goddank het pretglimmetjie in je oogen was er ook nog. Wat heerlijk, jij die zoo veel misêre hebt gezien. Je hebt een gezin gehad, Nell, en je werk. Dat je die twee dingen hebt kunnen combineeren, hebben wij hier helaas nooit van nabij kunnen zien, maar ik ben ervan overtuigd, dat je het niet gedaan zoudt hebben, als het niet kon — jij met je groote plichtsbesef. Maar is die combinatie mogeljk, zonder te veel van iemands krachten te vergen? Je bent natuurlijk een goede moeder geweest, Nell — je voorvoelde dat sentiment al toen we allemaal nog heel jong waren en allen nog maar over al die punten bromden! Wat moet het dan een vreeselijke strijd voor je geweest zijn, om afscheid te moeten nemen, zonder je kindertjes zelf verder te kunnen leiden in het leven — zonder ze groot te zien. Misschien komen later een of meer van hen naar Holland om ook te studeeren — ik hoop het — ik hoop in hen jou weer te vinden; mijn huis zal voor jou kinderen wijd open staan, Nell. Marietje van Mesdag-Verbeek 122

Dr. Nell Keet in die Afrikaanse Poësie, deur prof. dr. E.C. Pienaar, Stellenbosch: Dr. Nell Keet was aanleiding tot die skugtere ontluiking van die eerste minnebloeisels in die Afrikaanse poësie, en daardeur sal haar nagedagtenis lewendig gehou word by almal wat met A.D. se verse kennis maak, ook al het hulle haar nie persoonlik geken nie. Soos aan ingewydes bekend is, was dit tydens sy studentejare in Amsterdam dat A.D. hierdie “bekoorlike kind” raakgeloop het, en van naby was ek (destyds sy medestudent en vertroude vriend) getuie van die wisselende stemminge wat hy later in sy bundel gedigte onder die reeks Van Liefde te boek gestel het, en waarby ek die vir hom minder aangename taak van “tormentor” te vervul gehad het. Daarom sy dit my vergun om hier, as ’n beskeie letterkundige kransie op haar graf, een en ander daarvan in herinnering te bring. Sy is die sentrale figuur van genoemde reeks gedigte, die grondtoon waarvan saamgevat Kan word in die een woord “aanbidding”. Aanvanklik aanbid die jong digter haar op ’n afstand: Net maar gesien al soveel maal — Net maar gevoel hoe mooi En rein sy is, my ideaal, My wonderskone nooi. Onweerstaanbaar is egter die aantrekkingskrag, en terwyl hy rusteloos deur Amsterdamse strate dwaal, rondgeslinger soos ’n dobberende bootjie op die deinende stemmige van twyfel en hoop, bly die soeklig-strale vir hom ’n Probleem: Die soeklig gooi sy glinsterstrale Wyd oor ’n see van woesteny — Verkondig skippers telkemale: Bly vér van my, Bly vér van my! 123

Geliefde! So’t jou oog geflonker My vaak al voor die vraag laat staan, Of ek moet uitbly in die donker, Of nader gaan — Jy trek my aan! En dan verneem ons van ’n brief wat ’n moontlike oplossing van die probleem laat vermoed: Ek dink aan ’n blonde meisie, Ek dink aan ’n keurige brief, En ek hoor in my siel net een wysie: Ek het haar, o, so lief! Maar eindelik kom die volle verwesenliking van sy lewensdroom, en voel hy hom ’n herbore mens in ’n nuwe wêreld en met ’n nuwe lewenstaak, terwyl hy in stille aanbidding kniel voor die geliefde. Alle twyfel is weg; daar is klare sekerheid, doelbewuste roeping, liefdevolle wyding: Welsalig, hy, deur Roeping uitverkore, Aan roeping paar sy liefde vir ’n vrou — Een grote wyding is my lewe nou, Ek asem met ’n doel, ek is herbore, Geen enkel dag, geen uur gaan meer verlore, Geliefde, dit kom ek jou toevertrou, En stil-eerbiedig kniel ek neer voor jou, My dageraad, my jubelende more! En van hierdie stonde af sal “twee aanéén-gepaard hul hele lewe same verder gaan …” Maar hoe kortstondig is alle waaragtige lewensgeluk! Hoe gou sou daardie volmaakte samesyn beëindig word! En tog, A.D., dis maar die sigbare band wat verbreek is. Die onsigbare bly. In en deur haar het jy die skoonheid gesien. 124