6. Senekal en Mediese Praktyk #
6 Senekal en Mediese Praktyk Ná ons aankoms in ons land moes jou ma en ek besluit waar om ons te vestig. Ons is toe na dr. Aart Jurriaanse op Ermelo, want hy wou ons as vennote hê. Maar ’n mej. Pet wat saam met ons in Amsterdam gestudeer het en wat ons verseker het dat sy nooit op haar tuisdorp sou praktiseer nie, het nie woord gehou nie. Toe ons op Ermelo kom, was haar naambord al by haar spreekkamer aangebring. Ons wou nie in opposisie tot ’n ou vriendin praktiseer nie en moes ’n ander plek soek.% Jou oom Bernard (my oudste broer) het ’n besigheid gehad op Senekal en het ons toe oorgehaal om soontoe te kom. Dit was in 1920. Ons het saam gepraktiseer tot met haar heengaan in 1932. Daarna was ek ’n tyd lank alleen, maar het later darem een of twee vennote gehad. Ek het nooit julle mammie se naambord van die praktyk laat verwyder nie.2
Daar is ’n hele paar ou inwoners van Senekal oorlede, ook ou F. Laasgenoemde se dry-cleaning-besigheid was in die laaste tyd hier agter ons huis in ou Jan Bottel se buitegeboutjie. Daar was ’n weerligstraal en ’n harde slag om halftwee die middag (ons het nog aan tafel gesit) en die volgende wat ek hoor, is dat ou F., sy vrou en nog ’n vrou lelik verbrand het. Die petrol waarmee hulle gewerk het, het glo aan die brand geslaan. Ons het hulle 90
toe hospitaal toe geneem waar die oubaas twee dae daarna oorlede is. Die dag véér die ongeluk was hy 97 jaar oud. Toe hy wou “join” (“to go and fight the Italians””), het hy aan my ’n paar maande tevore gedurende die mediese ondersoek gesê dat hy 70 jaar oud was! Die nuwe vennoot, dr. Brandt, en ek het taamlik baie operasies gehad en ons word ook verder goed besig gehou — net die mense betaal maar swak en ons het ’n rekordsom uitstaande op die boeke.3 Ek het vandag (Sondag) ’n besonder besige dag agter die rug. Vanoggend om sesuur al na ’n bevalling ’n paar myl anderkant Paul Roux, en vanmiddag na ’n ongeluk 6 myl uit die dorp. Laat vanmiddag was hier ’n geval van longontsteking en vanaand ’n akute hartdilatasie (of hartverlamming soos die mense sou sê). Daarna moes ek briewe skrywe.* Ek is totaal oorwerk en ons plaaspaaie is nou so gruwelik dat ek elke aand doodmoeg by die huis kom. Dan begin die korrespondensie oor die werk, die skulpgruis, ander besigheid, die familie, ens. Dit hou my tot laat in die nag besig.5 Vanmiddag was ek na ’n plaas waar daar drie swart kinders met poliomiëlitis was. Nou voel ek so onrustig dat ek miskien my jongspan kan aansteek en dat die siekte hier in die distrik kan versprei.$ Tot sover vanaand, want ek is moeg gewerk. Het vandag te doen gehad met o.m. ’n bevalling, meer gevalle van poliomiëlitis en een fatale geval wat vermoedelik rabies (oftewel hondsdolheid) is. Dit was ’n blanke kind op wie ek ’n lykskouing moes doen, en die harsings volgens wet na die Mediese Instituut te Johannesburg moes stuur vir verdere ondersoek.7 91
HELDEDAG VIERING. A. D. KEET AAND, SENEKAL. Maandasg, 11 Oktober 1943. Program Verwelkoming : Mnr.A. B. Brink, Voorsitter, R.D.B., Senekal. Iets oor A. D. Keet die digter: P. J. J. du Plessis. Huldiging van die kind in ons Geskiedenis: Die Voortrekkers. A. D. KEET PROGRAM:
- (a) Toesprakie. : .v (b) Ek is moeg en sat } Danie Olivier
- Kom Afrikaners .. Kinderkoor .. Mej. B. Myburgh $. Net maar gesien .. E hs si Rika Strydom $ (ab) iDie Advokaat en sy Kiesers || Danie Kotze
- Uit pure pret .. Solosang .. Mej. N. van Rooyen
- Die Bobbejaan G a3 Allen Oertel
- Kinderlied .. Kinderkoor .. .. . Mnr.S. K.Theron
- Vryheid “” sië sé o Hendrik Sevenster
- Aandmymering .. i s .. Marietjie Schmidt
- As Saans .. Kinderkoor v Mej. B. Theron
- Stille Skepper " a E” Corrie Piek
- Heimweë ’ .. s ss se Stella van der Berg POUSE.
- Sneeu .. gis Kinderkoor .. .. . Mej. S. Hagen
- Die Lied van die Koringboer .. Mnr. ]. C. van Tonder
- Klein Swart Kindjie s s se Paultjie Erasmus
- Hoor‘niy gebed, O Heer oe té Winksie Grobbelaar
- Sonnedaal s Solosang f Mej. A. van Rooyen
- Die Twee Boodskappers
- Maar een Suid-Afrika .. Kwartet … Mev. G. van Rooyen, Mej. M. Venter, Mnre. J. C. v. Tonder en Griesel.
- Klaas Vakie .. .. Solosang .. .. Mej.S.Hagen.
- Groot Suid-Afrika o o d Volwasse Koor. Die program vir ’n Heldedagviering wat op 11.10.1943 in die vorm van ’n A.D. Keet-Aand op Senekal gehou is. 92
Ihave been more than busy in my practice during the last few months. My 1941 Pontiac is heading for 160 000 miles but is still going strong.ë Senekal Mzr. John Roberts? 10 July 1949 8 Ely Place Holbrook Circus London EC 1 Dear Mr. Roberts I have a study and a fairly big library, but my practice and other affairs keep me so busy that | seldom have the leisure to sit there for any length of time. However, | always show visiting friends the books you gave me when we passed through London, with the greatest pride. A few months ago Dr. P.]. Nienaber of the Witwatersrand University came over specially to see my Africana, etc. He was very interested in the book of newspaper excerpts you gave me, dating from the Pro-Boer period. These books with your signature will later all go to the library of the South African Academy of Art and Science, or to the Boer War Museum at Bloemfontein. Yours sincerely A.D.K. Ik word dit jaar ook al 61, en terugziende was de Amsterdamsche tyd het gelukkigste deel van mijn leven, vol van zoete herinneringen! Voor het schrijven van gedichten krijg ik helaas nooit meer de tyd. De praktijk vergt al mijn tyd en aandacht.19 Gister moes ek hier ’n post mortem doen op ’n swart vrou wat in Vereeniging aangerand is, sowat ’n maand gelede. Sy is nê twee weke uit die hospitaal daar as “gesond” 93
ontslaan en het weer rondgeloop. Sy is met ’n byl oor die kop gekap en het sowat 7 littekens hiervan gehad. Hier het sy siek geword en een van die kollegas het oor haar gegaan. Eergister het haar toestand skielik versleg, met ptosis (verlamming van ’n ooglid) ens., en sy is gistermiddag oorlede. Die bevindings was: ’n kompressiefraktuur regs pariëtaal in die skedel. ’n Tweede, gesplinterde fraktuur (stukke been het tot in die harsings gesteek) van die kruin, en dan ook ’n brein-abses. Blykbaar is daar geen radiologiese ondersoek in Vereeniging gedoen nie. Alles beteken dat die plaaslike kollega en ek twee keer na Vereeniging sal moet gaan, nl. vir die voorlopige verhoor, asook vir die rondgaande hof. Die skedel het ek verwyder en dit gaan as ’n bewysstuk na Vereeniging, miskien tot die ontsteltenis van die kollegas daar!li1 Dit gaan maar woes in die praktyk. Gister was daar bv. drie bevallings op plase in verskillende rigtings en ek het pas tienuur gisteraand tuis gekom. Die gevolg is dat ek nog nie eers my jaarverslag vir die distriksgeneesheerswerk klaar het nie (dit moes al einde Julie in gewees het). En wanneer dit klaar is, lê daar die belastingpapiere. 12 Ek wou aan jou vanaand ’n brief met die jongste nuus skrywe, maar moes toe saam met die polisie uitgaan na ’n ou swartman wat dood gevind is ’n paar myl uit die dorp. En mêre-oggend moet ek na Vereeniging om getuienis af te lê by daardie moordsaak.13 Vanoggend om drie-uur is ek opgeklop vir ’n bevalling hier op die dorp. Hulle het van ’n plaas af ingekom. Die gevolg is dat ek taamlik moeg voel vanaand. Vir jou daar in Holland het ek darem weer ’n klompie koerante vanmiddag reggekry en twee Brandwagte en ’n Huisgenoot, wat almal mêre gepos sal word. Verder sit die rondgaande hof hier vir twee weke, want daar is baie sake op die rol. Mêre moet ek juis in ’n moordsaak getuienis gee. 94
Hulle sit ’n mens so uit, want hulle kan nooit presies sê wanneer hulle jou sal nodig hé vir een of ander saak nie.14 Die swartman wat oubaas Lazarus vermoor het, het toe die doodstraf gekry.15
-
-
- 3 * Ek kry finansieel baie swaar onder al hierdie dinge, want soos u weet, moes ek weens swak advies geld leen om by daardie maatskappy in te kom. Dit kom my voor dat ons sal moet wakker loop anders beland ons al hoe meer in die moeras, en dit deur niks anders nie as hopelose wanbestuur, deur die direksie.16 In die afgelope jaar het ek ruim 18 000 myl in die distrik gery — veels te veel vir ’n ou man soos ek, want dit is nie teerpaaie nie, maar dikwels deur slote en oor rante waar glad geen pad is nie. Selfs die hoofpaaie in die Vrystaat is nou gruwelik, so erg dat die Uitvoerende Komitee al dikwels so in die stilte onder my beste woordeskat deurgeloop het. ’n Sterk situasie het mos sterk taal nodig, so af ten toel17 Hierdie brief is onder heelwat onderbrekings geskrywe (ofskoon dit Sondagmiddag is). Foonoproepe, aanrandingsake, ens. het tussendeur gekom. Die plaaswerk is nog baie en ek moet ’n deel van die Rosendal-distrik ook nou doen omdat die dokter daar nou weg is.1ê Dit het hier woes gegaan sedert my laaste brief. Goewerments- en ander werk het my feitlik oorrompel en gister moes ek weer 154 myl ry in die distrik. Tussendeur het oom Z. hier aangekom met ’n akute dilatasie van sy hart. Die pols was 140 en baie onreëlmatig. Dit was op die 3de, en pas op die 7de het die pols danksy digitalis in oormaat, afgekom na 70-80. Hy het long-edeem gehad (Sogenaamde kardiale asma) en ook edeem van die 95
-
bene. Gelukkig kan die ou van vandag af weer sit in ’n
stoel in die hospitaal, en ek laat hom mêre huis toe gaan
om minstens ’n maand lank te rus. Intussen was sy vrou,
tant M., en hul dogter N. by ons tuis en dit het veel drukte
afgegee met foonoproepe, besoekers, ens.
Hierdie dinge is nou behalwe die ondersoeke, behandelings
en alles wat daarmee gepaardgaan, wat die lot is
van algemene praktisyns op die platteland. Dit hou ’n
mens van die mêre tot die aand en baiekeer snags ook
besig. Net toe ons gisteraand aan tafel sit, was daar weer
’n geklop op die voordeur. ’n Seun se ma het hom gestuur
om ses pennies se vaalpille te kom koop. En Vrydag
het mnr. R., ’n teller by die bank, in die gang af gehardloop
gekom en geskree: “Ek het ’n man by die kerkplein
omgery!” Hy was baie ontsteld. Gelukkig was daar
geen ernstige beserings nie.1?
Vandag was hier weer ’n ander affêre. Ou P.B. is vanoggend
in sy werkwinkel deur sy vrou dood gevind. ’n Kollega
is geroep en het die polisie verwittig dat hy dood is
aan hartverlamming. Die magistraat het my gevra om ook
te gaan kyk en die polisie en ek het gevind dat hy sianiedgif
gedrink het. Toe daar deur die buikvlies gesny is,
was daar die tipiese amandelreuk van sianied. Die storie
is te lank om te vertel. Ek glo nie ek het al ooit so ’n besige
tyd op Senekal gehad nie soos die laaste twee weke.
Vanmiddag teen vyfuur (né die post mortem) het ek
darem ’n uur lekker gerus in die bed.
Gisteraand om 7.30 moes ek na ’n plaas naby Arlington
vir ’n aanranding en messtekery, en in die middag ook
na ’n buurplaas daar langsaan vir ’n sogenaamde witseerkeelgeval
by ’n kind. Dit blyk toe dat dit ’n mangelabses
was. Die vorige dag het hulle haar hier op die dorp
antidifterie-serum ingespuit. Daarna moes ek na ’n plaas
21 myl van hier op die Winburg-pad. Verlede week was
daar ook drie gevalle van tangverlossing. Een het hulle
darem ingebring vanaf Arlington, en ’n ander vanaf Won-
96
derkop op die grens van die Ficksburg-distrik. Nou ja, gelukkig voel ek nog sterk en in Desember wil ons vir minstens twee weke vakansie gaan hou as ons na Rina se ouers by Griekwastad gaan.20
- 3 * * * Hier is ’n epidemie van witseerkeel onder die plaasswartetjies wat ek nou moet immuniseer. Vanoggend is sowat S0 gespuit en mêre sal sowat 400 na Libertas kom om daar ingespuit te word.21 Ek het met veel van my skulpgruis-besigheid en ander korrespondensie agterstallig geraak en my kamer is ’n chaos van papiere! Nou ja, ’n bietjie rommel versier die kamer van ’n besige man, sê die spreekwoord. Ons huis is nog vol kuiergastel22 | Vandag was al weer ’n besige dag. Om agtuur was daar ’n operasie waarby ek die narkose moes gee en behalwe al die roetinewerk was daar ook ’n bevalling. Vyf swartmans en ’n blanke wat ’n bees wat aan rabies ly, gehanteer het, moes vir die eerste van elk se 14 inspuitings kom, 20 myl van die dorp af. En so gaan dit maar elke dag. Die 19de weer na Winburg as getuie in ’n hofsaak iv.m. mense wat beseer is in ’n motorongeluk.”23 Gister moes ek in stofstorms 125 myl ry, en vandag in wind (en gelukkig ook reën) 170 myl, en ook na Bethlehem as getuie.24 Ons magistraat moes ’n hofsaak gaan behartig op een van ons buurdorpe. Dit was ’n beweerde verkragting en die distriksgeneesheer daar het in sy getuienis glo maar ’n swak figuur geslaan (onvolledige ondersoek ens.). Nou vertel speurder D. my dat daardie getuienis ter sprake gekom het op ’n partytjie die aand op die dorp waar adv. C.R. Swart, minister van justisie, ook was. Toe sê die magistraat vir min. Swart: “Daar is maar een distriksgeneesheer wat weet hoe om getuienis af te lê, en dit 97
is dr. K. van Senekal.” (Laat dit maar asb. tussen jou en my bly.)25 Die Winburgers het my gevra om hulle my persoonlike herinneringe van genl. Hertzog te kom vertel op hulle jaarlikse gedenkdag vir die ou generaal op 1 April aanstaande jaar. Die feesviering is op die plaas van Piet Steyn (broerskind van die president) — dit is die historiese ou plaas waar Piet Retief tot goewerneur van die Voortrekkers gekies is.2é In die aand gaan daar in die stadsaal behalwe die toesprake van adv. Pirow en my ook sangstukke en voordragte wees. Jonkheer Sandberg, wat in die Anglo-Boereoorlog militêre sekretaris van genl. Louis Botha was en nou tydelik by ons inwoon, gaan ook saam — die sekretaris van die huldigingskomitee het gevra dat hy ook iets moet sê.27 ` Welsprekendheid in die openbaar is ongelukkig nie een van my sterk punte nie! Dis ’n ding wat oefening nodig het, en wat ek nou nooit meer kry nie. En in die Kaap destyds is ek nogal gekies om aan interdebatte met Stellenbosch en Bishops deel te neem.28 Vandag moes ek eers na ’n plaas vir ’n bevalling, vanmiddag na die plotte vir ’n siek kind en vanaand na ’n geval van kraamkoors in die Nuwedorp. Ou tante C. het glo by die bevalling gehelp. Dit is al die hoeveelste geval van kraamkoors waarby sy betrokke was. Sy hou vol dat die koors deur ’n mastitis veroorsaak word en dat dit nie haar skuld is nie!29 Ek het aan adv. Swart geskryf om hom te wys op ’n paar probleme wat ons distriksgeneeshere het. Ek is nou al 33 jaar DG hier en word vir plaasritte één sjieling per myl betaal. Daardie sjieling per myl word as inkomste beskou, en tot onlangs moes daar inkomstebelasting op betaal word. Daar word ook geen aftrekkings toegelaat vir slytasie van die motor, ens. nie. Vir die ondersoek van ’n 98
goewermentspasiënt was en is daar geen vergoeding nie. En daar was derduisende pasiënte. Vir distriksgeneeshere is daar ook geen pensioenfonds nie, omdat hulle sogenaamd deeltydse amptenare is, maar feitlik heeltyds moet klaarstaan vir alles!30 Senekal Mnr. $. Ign. Mocke 20 Sep. 1953 Redakteur: Helikon Johannesburg Geagte vriend Dankie vir u brief en die vererende versoek om ’n bydrae vir Helikon te stuur. Ek kry helaas so te sê geen tyd meer om gedigte te skrywe nie. Gister moes ek bv. 150 myl in die distrik op gruwelike paaie ry. Selfs Sondae (Soos vandag) is daar ook geen rus nie. Was ek maar weer ’n sorgvrye student in Amsterdam! So af en toe borrel daar darem ’n paar versies op. Ek stuur met hierdie pos twee gediggies, Geluk en Snags op Straat aan dr. P.]. Nienaber, met die versoek om hulle eers te kritiseer en te beoordeel of hulle vir publikasie geskik is. U moet hom maar aanjaag sodat hulle (indien geskik) betyds kan kom vir die Oktober-uitgawe, soos deur u versoek! Vr. groete AD.K. Dit was hier ’n tydjie taamlik stil, maar van gister af bars ek weer. Ek is eintlik pootuit vanaand, veral nê al die dinge wat gister plaasgevind het. Onder andere het iemand se vrou op hulle plaas met ’n geweer selfmoord gepleeg. Die hele badkamer was ’n verskriklike gesig. Sy was vertroud met vuurwapens en het ’n dum-dum- 99
koeël gebruik. Ek kan jou nie alles vertel nie. Mêre en oormêre moet ek na die rondgaande hof op Bethlehem vir twee moordsake. Een is versus ’n jongman van Paul Roux se kant wat een aand op die teerpad hier buitekant die dorp feitlik moedswillig ’n swartman op ’n fiets “geskep” het. ’n Jong polisieman en ’n paar meisies wat by hom in die motor was, gaan glo teen hom getuig, en die prokureur-generaal gaan self die saak waarneem. 31 Gister was dit bitter koud en in die namiddag het ek 483 swartetjies by Zuringkrans, duskant Paul Roux, inspuitings teen difterie gegee, sommerso langs die nasionale pad. ’n Seun van oom Koot Human en my getroue John Tsatsi het mooi gehelp om die skare in toom te hou. Vanmiddag het ek amper ’n swart seuntjie van $ jaar by ’n hek op ’n plaas doodgery. ’n Klompie van sy maats het ’n hek oopgemaak en toe ek ’n pennie vir hulle uitgooi, kom hy dwars oor die pad van voor af aangehardloop om aan die stormloop om die pennie deel te neem! Hy het kop- en beenwonde opgedoen. Gelukkig kon die grootmense sien (ook aan die spore) hoe ver ek vir hom uitgeswaai het. Het jy J.L. geken? Hy en B.A. het gedurende die Tweede Wêreldoorlog vanaf die Noorde uitgesaai. Toe is hy deur die Duitsers gevange geneem. Nou die aand moes ek hom by die polisiekantoor gaan ondersoek — smoordronk. 32 Gisteraand het die N.T.O. hier Ek Onthou vir Mamma opgevoer. Rina, Ellen en Rosa het gegaan en dit baie geniet. Die saal was vol bespreek. Mev. Hanekom het gisteroggend lank hier by ons gesels en het ons twee gratis kaartjies besorg. Sy vertel dat haar oorlede man net twee keer so siek was dat hy nie kon optree nie, en 100
altwee kere het ’n dr. Keet hom “gedokter” — ek hier op Senekal 29 jaar gelede, en jy later in Port Elizabeth! Op ’n besoek onlangs aan Grahamstad het sy met W.E.G. Louw gesels (hulle is goeie vriende). Toe vra hy haar wat sy deesdae die graagste lees — seker nie sy gedigte nie! “Nee,” sê sy, “ek is nou terug by ou A.D. Keet en resiteer Groot Suid-Afrika nou.” Toe antwoord hy: “Nou ja, ek hou ook baie van sy gedigte.” Well, that’s news to me! Sy vertel die een grap nê die ander en ’n mens kan jou lag nie hou nie.33 Laas nag het dit weer baie gereën en die paaie is amper onbegaanbaar. Die ryery was weer woes in die laaste tyd. Gister oor die 100 myl en vandag 70. Vandag het die jaarlikse inentingstoer ook begin. Op Libertas moes ek en John 407 swartmense ent, en daar lê nog 13 ent-dae voor, 11 in die distrik en 2 op die dorp. Ek is al sat en moeg vir die DG-werk!34 “Renier” van Die Volksblad wou hê ek moet vir hom ’n lang artikel stuur oor my wedervarings as distriksgeneesheer, maar dit mag natuurlik nie. ““Jan Burger” van The Star het my van Johannesburg gebel. Hy wou ook hê ek moet vir sy lesers iets van my praktyk vertel, maar toe ek hom daarop wys dat dit teen ons mediese etiese kode is, het hy oor my skryfwerk begin praat. Ek het hom toe verwys na Jonger S$krywers oor Eie Werk van Piet Nienaber en My Lieflingskrywers van Vera Viljoen (albei deur Afrikaanse Pers-Boekhandel gepubliseer in 1951). “Jan Burger” doen goeie werk by The Star deur die Engelssprekendes op ons kultuurlewe te wys. John Tsatsi het nou net The Star ingebring, en wat ek gevrees het, het gebeur. “Jan Burger” het heelwat kaf geskryf en dit nadat ek Saterdag aan hom getelegrafeer het om vir my brief te wag. Daar was heelwat onderbrekings tydens ons telefoongesprek. Ander mense het tussendeur op die hooflyn gepraat en nou sê hy dit was wol- 101
boere wat hier by my in my apteek gesels het. My skryftafel sou vol sigaretdosies lê met gedigte daarop, ensl35
Hierdie week wil ek met opruiming in die spreekkamer aangaan, sodat daar ’n mate van orde in die chaos kan kom! Is nou besig om ou mediese tydskrifte deur te kyk en te rangskik. Dit is hoofsaaklik nommers van die Nederlandsche Tijdschrift Voor Geneeskunde, Therapie der Gegenwart en Artziche Sammelblêtter. Veral laasgenoemde twee bevat ’n skat van wetenswaardighede waarvan ek eintlik jammer is om afskeid te neem. Dan is daar ook nog ’n paar jaargange van die uitstekende Skotse maandblad The Practitioner.36 Ek hoop jy het verlede Sondagmiddag na M.P.O. Burgers se huldigingsprogram oor die radio geluister na aanleiding van my 70ste verjaarsdag. Dit was nou wel ’n bietjie na die tyd, maar mense hier het daarvan gehou en ek sal nog aan hom ’n briefie van bedanking stuur.37 Mêre is die verjaarsdag van jul mamnmie. Hoe jammer dat sy weg is toe julle drie nog so jonk was.38 U sal verstaan wat ek vir meer as drie jaar moes deurworstel, nê my oorlede vrou se heengaan in 1932.39 Ofskoon ’n mens na die teenwoordige en die toekoms moet kyk, bly die weemoed oor vergange dae voortbestaan. 40 Van 24 Julie tot 1 Augustus vind die Halfeeufeesviering van die Akademie te Stellenbosch plaas. By daardie geleentheid word die Erepennings aan Lauwerys en Hullebroeck waarvoor Piet Nienaber en ek ons so beywer het, toegeken. Lauwerys kry syne vir sy bydrae tot die Afrikaanse kultuur op die gebied van letterkundige voordrag, en Hullebroeck syne op die gebied van komposisie 102
en sang. Ek moet die huldigingswoord oor Lauwerys waarneem. Ongelukkig sal hulle die plegtigheid nie kan bywoon nie. Ons beywer ons daarvoor dat die SA. ambassadeur in Brussel dit later vanjaar daar aan hulle sal oorhandig.41 Helaas moet ek ’n treurmare by hierdie brief voeg. My ou Basotho-helper, John Tsatsi, is nê 40 jaar in my diens verlede nag oorlede.42 Hy was my getroue en onmisbare assistent. Hy het altyd die swart pasiënte na die spreekkamer ingebring en daarna presies verduidelik hoe hulle die medisyne moes neem. Na alle plase, of dit nou bedags of in die nag was, het hy saamgegaan. Waar die ou Hupmobile en later die ander motors nie verder kon TY nie, moes ons na die ““strooihuise” voetslaan. Dan het John met die medisynetas vooruit geloop en wanneer ek daar aankom, kon hy al alles van die pasiënt vertel. John het groot “prestige” onder sy volksgenote gehad. Ons het saam al die plase baie goed leer ken, en almal daar het hom geken. Ek het hom nooit hoor kla of kwaad gesien nie. Soos die meeste Basotho’s het hy ’n vriendelike en gelykmatige geaardheid gehad. Éguanimitas is die woord. Terloops, ek wonder hoe dit gekom het dat hulle die Latynse woord hora vir uur gebruik.43 Ja, ek sal John baie mis nê 40 jaar van getroue hulp. Jy was maar ses maande oud toe hy by ons kom werk het. Dit hy wat jou die Basothonaam Mangwane gegee het.44
My tweede huwelik, wat drie jaar geduur het, was ’n nare tyd wat ek liewer wil vergeet.45 [Die groep gedigte Vertwyfeling hou hiermee verband.]
Many thanks for posting me the book With Rundle’s Eighth Division in South Africa (by T.C. Wetton, published 103
by Henry |. Drane, Ye Olde St. Bride’s Presse, London. No date). Having been District Surgeon here for 38 years, I know practically every sguare mile in this district and | am greatly interested in its history, especially in incidents such as the battle of Biddulphsberg, described so vividly by Wetton. It is most intriguing to compare his version with that of the Boer side! The British soldiers killed in this action were buried in the local cemetery.“6 In antwoord op u brief oor die geskiedenis van Senekal: in ons plaaslike kerkhof is talle grafte van Britse soldate wat by die slag van Biddulphsberg in die Driejarige Oorlog gesneuwel het. Ek meen daar is ook enkele grafte van “rebelle” van 1914-1918.47 Hier op Senekal was jare lank ’n balju, kapt. T.P. Dawson, getroud met ’n nooi Oertel van Graaff-Reinet. Hy was een van die offisiere wat die doodvonnis oor kmdt. Scheepers gevel het. Hieroor (ofskoon ek sy huisdokter was) het hy nooit ’n woord gerep nie. Maar Christo Kriel het een aand hier ’n kalklig-vertoning gegee van gebeurtenisse in die oorlog, o.a. ook ’n beeld van die hofsitting Oop Graaff-Reinet. Toe skreeu een van die seuns in die gehoor: “Daar sit Dawson ook!” U ken seker Dirk Opperzman se ontroerende gedig “Gebed om die Gebeente” aangaande Scheepers.*8 Daar is so baie oudstryders wat beweer hulle het onder genl. De Wet geveg. ’n Seun van die ou generaal het altyd gesê: “Dan moes daar duisende en duisende burgers onder my pa geveg het.” Ek was sy huisdokter en kon dit nooit oor my hart kry om ’n rekening aan hom te stuur nie.49 ’n Boer van die distrik het gebel met die nuus dat hy ’n fossiel in ’n laag klei op sy plaas gekry het. Dit is ’n dier wat vir hom heeltemal onbekend was. Hulle het dit ingebring en dit het omtrent die helfte van ons bad gevul (ons het dit probeer skoon was). Dr. Van Hoepen van die Nasionale Museum in Bloemfontein (waar dit tans gehuis- 104
ves word) het dit kom inspekteer en later die naam Uranocentrodon senekalensis daaraan gegee. Ons geëerde burgemeester, Boerbok van der Merwe, het ook kom kyk en gesê dit lyk vir hom soos ’n opreggeteelde paddavis.4? Ek is in 1939 vir die derde keer getroud, nou baie gelukkig en al byna 25 jaar. My vrou, Rina, is ’n nooi Van der Merwe van Griekwastad.51 Ek stuur jou en Boetie se briewe gereeld vir Rina, want sy is nou so ver in die wêreld. Dit moet maar ’n spannende tyd vir haar wees om die lyding van haar pa te aan- 105
skou. Tog is haar hulp en verblyf daar die laaste eer wat sy aan hom kan bewys.52 Prof. H.W. Snyman, redakteur van Geneeskunde, is darem nie heeltemal korrek nie waar hy beweer dat die gediggie Geluk daarop dui dat die geluk my steeds ontwyk. Dit het “opgeborrel” n.a.v. ’n plaas met die naam “Geluk”, waar ek verbygery het en dit is eintlik ’n noodkreet oor die moderne Afrikaanse poësie.53 Ek wil behalwe die voorgenome telegram op 2 November met jou verjaarsdag tog nog ’n lewensteken stuur. Helaas weet ek nie wat om verder te stuur nie, behalwe ’n vertraagde soen! In elk geval: nog vele gelukkige jare vir die eerste van my vyf lobola-lose dogters, hoor! Hemeltjie, as ek ’n Basotho-pa was, kon ek met minstens SO beeste, en ook ’n perd (as een van julle sou weggeloop het met ’n man, sonder die ouer se toestemming!) gespog het. Dit het mos met John se een dogter gebeur, en hy het op sy regte gestaan. Hy was ook nie tevrede met sommerso ’n holrugperd nie!54 Gister was dit presies 60 jaar gelede dat ek in Nederland geland het, en wat het nie alles in dié tyd gebeur nie!55 Eergisteren kwam hier ’n telegram van de raad van onze Akademie vir Wetenskap en Kuns uit Pretoria dat jullie oude zwager benoemd is tot erelid, iets dat tot dusverre toebedeeld is aan weinigen. Ik ben sedert 1929 reeds lid — niet op aanvraag, wel te verstaan, want leden worden op verdiensten benoemd! In 1959, by het S0-jarige bestaan van de Akademie, werd myn broer Ben ook benoemd tot erelid, op sterkte van zyn langdurige arbeid aan de Afrikaanse Bybelvertaling. Nu, 10 jaar later krygt zyn jongere broer ook de eer — voor veel minder diensten!56 Ons plan is om na Pretoria te gaan vir die okkasie in die begin van Julie. Ek wonder of ek die eer verdien het.57 106
Jammer dat u nie die plegtigheid in die Musaionsaal kon bywoon nie. In my bedanking het ek ’n paar grappe vertel wat die gehoor laat skaterlag het. Ook die een van ’n landgenoot van u, wat in ’n rondvraag op die vraag “Wie beschouwt u als de grootste man van Nederland?” geantwoord het: “De bescheidenheid belet my om op deze vraag te antwoorden.” In alle beskeidenheid het ek toe maar die aftog van die verhoog geblaas!s8 Het voorgestelde Letterkundige Museum waarvoor P. Nienaber zich so beijverd heeft, komt nu gewis in Bloemfontein. Het wordt zo iets als jullie hebben in Den Haag van alle Nederlandse schrijvers, met manuscripten, foto’s enz. en zal bezocht worden door professoren, studenten e.a. die navorschingwerk doen. Het zal gehuisvest worden in een prachtgebouw, de oude Raadzaal te Bloemfontein, die in zyn geheel beschikbaar gesteld is door onze Provinciale Administratie.5?
Op die Sde was hier twee afgevaardigdes van die Afrikaanse Skrywerskring, o.a. Coenie Rudolph van die Tydskrif vir Letterkunde (met hulle gades) om my die erelidmaatskap van hulle vereniging aan te bied. Daar was ’n aangename geselligheid in ons stadsaal waarna hulle dadelik terug na Pretoria is. Ek en Rina is op die 15de 30 jaar getroud, en Ellen en Carina het gesorg vir ’n pragtige ruiker om hulle ouers se harte te verbly! 60 Ons is baie goed bevriend met die familie van P.W. Botha. Sy vader was ’n boer ongeveer 20 myl vanaf Senekal. Sy eggenote (gebore Elize Rossouw) se pa was dr. S. Rossouw, predikant te Senekal. My oorlede vrou en ek was hulle huisdokters.61 Wanbetalers is hier op Senekal ook volop. Ek het in my 107
tyd duisende ponde skade gely, en hoop maar dat ek daardeur nie te swaar sal kry nie in die hiernamaals!62 Jy sal nooit kan weet hoeveel ysters daar in die vuur, en hoe baie my korrespondensie is nie!63 VERWYSINGS: HOOFSTUK 6 Brief aan A.D.K. II 6.8.1968. Briefaan “ “ 23 11941. ldem. Brief aan Lowna Beyers, 9.11.1941. Brief aan M. Letty, 8.9.1948. “ “ BenHavenga, 15.3.1949. “ “ Duyvené de Wit, 1.4.1949. “ “ EE. Buttner, 2.5.1949. John Roberts was ’n vriend van die Afrikaner-studente in Engeland en Nederland omstreeks 1910 tot 1920. 10 Brief aan H. Burger, Amsterdam, 14.8.1949. O 0ONOO0PBONEP 11 “ “ AD.K. , 28.8.1949. 12 . “ “ 691949. 18 ” “ “ 11.9.1949. 14 “u “ “ 3110.1949. ’ vE “ “ 611.1949. 16 “ “. AM. Bosman,7.11.1949. 17 “ “ P. Nienaber,12.2.1950. 18 “ “ AD.K. , 4.6.1950. 8. . s: * “ “ 7.8.1950. 20 “ ” “ “ 12.11.1950. a “s “ “ 912.1951. D2 “” “ “ 17.4.1952. 23 “ . ” “ “ 16.6.1952. l P . “ “ 25.9.1952. MA “. “ “ 19.3.1953. M ’ ” “ “ 7.91952. 27 Dieselfde as 25. 28 Brief aan A.D.K. II, 28.2.1957. @ “ ” “ “ 351953. 30 “ " “ “ 25.5.1953. 108
31 Brief aan A.D.K. II, 25.10.1953. 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 AA 45 46 AT 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 ] dé dé a EE . “ 21.5.1954. “ as ES. “ * 12 EES. “ “ 2.9.1956. Lowna Beyers, 23.8.1959. A.D.K. II 11.5.1961. Anna Neethling-Pohl, 18.9.1959. Elisabeth Eybers, 24.8.1960. A.D.K. II, 3.3.1959. Modéëst Lauwerys, Antwerpen, 24.12.1963. |. van Niekerk, 26.12.1963. Lowna Beyers, 26.12.1963. Jan van der Poll, Buenos Aires, 29.10.1962. E.R. Frankel, 24.10.1956. O.V.S. Argiefbewaarplek, 11.2.1969. Anna Neethling-Pohl, 3.4.1968. Theo Wassenaar, 9.9.1969. A.D.K. II, 14.2.1960. Dieselfde as 45. Brief aan Lowna Beyers, 23.8.1962. A.D.K. II n.a.v. “Inleidingsartikel”, Geneeskunde, Sep. 1968, DI. 201. Brief aan Lowna Beyers, 31.10.1965. A.D.K. II, 9.4.1969. Lak van der Poll, Den Haag, 12.5.1969. Lowna Beyers, 11.5.1969. C. de Jong, 15.7.1969. Lak van der Poll, Den Haag, 23.6.1969. Lowna Beyers, 19.12.1969. H.D. Gideonse, De Telegraaf, Amsterdam, 27.3.1968. Duyvené de Wit, 10.10.1956. Cobie Oosthuizen, 16.9.1970. 109