1 - Vroeë Jare

1 - Vroeë Jare #

Kimberley #

My late father, the Rev. Barend Bartholomeus Keet, was the second Dutch Reformed parson at Kimberley (from 1874-1879) during the diamond rush years. During that time he married Miss Jacoba Petronella Herholdt, whom he had met at Murraysburg. He was called to Alice and Humansdorp later. His successor at Kimberley was the Rev. Kestell, the man who became the chaplain of President Steyn and General De Wet right through the Anglo-Boer War.[1]

U brief waarin u vra vir foto's en besonderhede uit die tyd van my vader se bediening in Kimberley, het ek deurgestuur aan my broer Ben op Stellenbosch, ingeval u hom nie ook genader het nie. Jare gelede het ek aan u 'n foto gestuur van ons vader, waar hy voor die pastorie staan by 'n kinderwaentjie waarin ons oudste broer Bernard as baba was. Op die foto was ook 'n paar grondhope sigbaar, seker waar prospekteerders gespit het.

Ons oudste broer was die enigste kind van ons ouers wat in Kimberley gebore is. Die drie dogters en die drie ander seuns (van wie ek die jongste was) is almal op Alice gebore.

Wat u miskien sal interesseer, is foto's van genl. Hertzog se ouers wat ek hier het. U weet miskien dat die generaal destyds 'n Sondagskoolleerling van my moeder in Kimberley was.

'n Gemeentelid het my vader twee "kleims" gegee om te bewerk. Hy het hierby die hulp ingeroep van 'n sekere man wat elke Saterdagaand moes verslag doen van die uitgawe en inkomste. Volgens die man het die gewerskaf glad nie betaal nie en hy het Kimberley verlaat. Die volgende wat my ouers gehoor het, was dat hy 'n plaas van £10 000 in die Boland gekoop het. Daar het hy egter bankrot gespeel en sy dogters het later op die strate van Kaapstad gedwaal. My moeder het die verhaal altyd aan ons vertel om ons te laat besef dat eerlikheid altyd die langste duur![2]

Alice #

Myn hartlyke dank voor je brief met verjaarsdag gelukwensen op 14 Oktober. Ik ben geboren te Alice in 1888. Volgens de oorlevering was het op een Zondagmorgen, terwyl myn vader bezig was met zyn preek![3]

Humansdorp #

Ek dink nog dikwels aan die ou dae op Humansdorp. Ek meen dat u oupa Kok, wat ek my nog goed herinner, ouderling van my oorlede vader was. Hy het op Quagga gewoon - nie waar nie? - en ek was herhaaldelik saam met my vader daar op huisbesoek.[4]

Met betrekking tot die boekie van ds. W.J. Conradie, Sketse uit die Boerelewe (Nasionale Pers, 1943): dit gaan oor ons ou mense op Murraysburg. In een van die hoofstukke is daar 'n beskrywing van my oupa aan moederskant, oupa Herholdt. Sy oudste seun (en broer van my moeder), Albertus, na wie ek genoem is, was minister van landbou in die Schreiner-kabinet van die Kaapkolonie, vlak voor die Driejarige Oorlog. Hy was 'n Afrikanerbond-man. Hy en W.P. Schreiner was die Kaapse afgevaardigdes na die Kruger-Steyn-Milner-konferensie in Bloemfontein.[5] Van oom Daniël, 'n ander oom, het ek my tweede naam gekry.[6]

Dit sal u laat verstaan dat ek uit die eerste hand veel gehoor het van wat toe plaasgevind het. Saam met pres. Steyn het my oom volgehou dat pres. Kruger heelwat meer toegeeflik kon gewees het, maar of dit veel sou gebaat het, betwyfel ek. Die kwessie van die stemreg vir die Uitlanders was tog net a mere subterfuge om Transvaal in te palm.[7]

My hele skoolopleiding was in Engels. Op Humansdorp was daar selfs geen onderwyser in Nederlands nie en my moeder het my en 'n vriend lesse gegee in Nederlandse grammatika.[8] Met die Jameson-inval het die bestuurder van die enigste bank op die dorp die Union Jack gehys (hy was 'n Rooie van die eerste water) en in die straat afgestap en uitgeroep: "Paul Kruger is finished!" Dit het my toe, 'n seun van sowat 8 jaar, 'n rebel gemaak vir my lewe lank. Nooit sal ek vergeet hoe lekker ek gekry het toe hy die vlag moes laat sak nie, omdat Jameson finished was! Boer was ek altyd, en sal ek altyd bly.[9]

Ek stel van jongs af baie belang in ons geskiedenis.[10] Gedurende die Driejarige Oorlog is verskeie prominente Humansdorpers na Port Alfred verban. Hulle sou dan te gevaarlik wees om op Humansdorp te bly.[11] Toe mev. genl. Hertzog na 'n konsentrasiekamp by Port Elizabeth verban is, het my moeder en van haar gemeentelede herhaaldelik kos en klere na haar en die ander Boerevroue geneem.[12]

Die berig oor u jaarlikse prysuitdeling het my laat terugdink aan my ou skooldae op Humansdorp, toe ek 'n paar keer in die Milner Institute, gedurende die Anglo- Boereoorlog, pak gekry het omdat ek nie "God Save the Queen" wou sing nie. [13]

Die hoogste eksamens, behalwe die gewone standerds, waarvoor die leerlinge destyds op Humansdorp voorberei is, was "Elementary" en "School Higher". Dit was albei landwye, deur die University of the Cape of Good Hope ingestelde eksamens waarvan die uitslae in die openbare pers aangekondig is. Verder as "School Higher" kon ons nie gaan nie.

Dit was in die tyd toe die Anglo-Boereoorlog net aan die gang was. Reg teenoor die pastorie het die drukkery Re-Echo periodieke perstelegramme oor die gebeurtenisse op die oorlogsveld uitgegee, byvoorbeeld die verongelukking van die eerste gepantserde trein en die slag van Magersfontein.

Die voertaal in die skool was net Engels. Geen wonder nie dat die Humansdorp Public School spoedig die Milner Institute geword het. Selfs die godsdiensoefening by die opening van die skool elke môre was Engels. 'n Paar uur per week is aan die onderrig van Nederlands bestee.[14]

My pa het sy seuns meermale die raad gegee: sorg dat jy eendag jou eie baas is![15]

Uitenhage #

Van Humansdorp is ek na Uitenhage, waar ek studeer het vir die Intermediëre Eksamen, wat toelating tot die South African College School (SACS) in Kaapstad verleen het.[16]

Kaapstad #

My opleiding aan die Suid-Afrikaanse Kollegeskool was ook in Engels. Daar het ek egter die voorreg gehad om Nederlands in sy moedertaal te leer van C .J. van Rhyn. Hy was 'n gebore onderwyser onder wie se leiding ek so goed gevorder het dat hy my aan die einde van die matriekjaar beloon het met 'n pragtig gebinde eksemplaar van Motley se Dutch Republic. My Nederlandse opstelle het glo die deurslag gegee by die toekenning van die eerste prys - in grammatika het ek nie eintlik uitgeblink nie. Reeds in daardie jaar (1905), dus, het die ictus scribendi[17] begin.

Een van die klasmaats in matriek was Bill Schreiner, die latere regter. Tydens die Kersvakansie het die editor van die Humansdorpse Re-Echo ('n weekblad wat in 1882 gestig is) met welverdiende verlof gegaan, en aan my die taak opgedra om (in Engels) 'n paar weke lank redakteur te speel.[18]

Aan die SA Kollege, tans die Universiteit van Kaapstad, het ek van 1906-1908 vir die graad B.A. (met Filosofie Honneurs) gestudeer. Nogal eerste gekom in Filosofie, en die latere regter Reynolds (van die Oostelike Provinsiehof) tweede.[19]

Ons leermeesters was proff. RF.A. Hoernlé (Filosofie), J. Clarke (Engels), W. Ritchie (Latyn), C.E. Lewis (Grieks), R.D. Nauta (Nederlands) en W.S. Logeman (Duits). In sy vak was prof. Hoernlé so uitmuntend dat hy buite ons grense naam verwerf het. Sy heldere samevattings van die moeilikste filosofiese probleme het 'n diep indruk op my gemaak. [20]

'n Vloedgolf gedagtes kom by my op. Sal ek skrywe oor die ou dae op SACS, hoe ek en Soaker Pienaar (broer van Sport Pienaar) altyd gedurende prof. Nauta se voorlesings in Nederlands (net om die tyd om te kry!) lang diskussies gevoer het oor alles onder die letterkundige son? Ons het byvoorbeeld soos kwajongens beweer en volgehou met die lafste argumente dat Conan Doyle 'n baie beter skrywer as sir Walter Scott was. En terloops, prof. Logeman weer het ons altyd berispe as ons die Duitse woord dem nie reg uitspreek nie, want party van ons het daar met opset damn van gemaak. Dan sê die ou: "Look here, I don't want any swearing in my class!"[21]

Van die ander professore het prof. Clarke die meeste invloed gehad op my latere ontwikkeling. Sy lesings was 'n inspirasie. Van hom het ons liefde geleer vir die literatuur, veral die Engelse - 'n liefde wat ek tot die dag van hede behou het, omdat die Engelse poësie die glorie van Engeland is.

Johnnie Clarke, soos ons hom genoem het, kon gedigte met so 'n gevoel en geesdrif voordra dat dit 'n plesier was om sy lesings by te woon. Ek hoor hom nog deklameer uit Robert Browning: "Sunset ran, one glorious blood-red day, reeking into Cadiz Bay", en "an itch I had to write, a sting, a tang". Of, in luim: "fondness prevailed, Mamma gave way, Kitty at heart's desire, obtained a chariot for a day, and set the world on fire!"

So het dit dan gekom dat ek diep gedrink het uit die klassieke Engelse literatuur - ook latere jare, en veral ook uit die modernes soos Bridges, Watson, Stevenson, Kipling, Robert Service, Masefield, Rupert Brooke, en die Iere Yeats, Plunket, Sean O'Casey en Shaw.

Geen wonder nie dat my eerste gedigte in Engels was, maar hulle staan so ver benede die peil van Roy Campbell (wat, na my oordeel, die enigste Engelssprekende Afrikaner is wat Jan Celliers, Totius en Van Wyk Louw in digterlike fantasie ewenaar) dat ons liewer daaroor sal swyg![22]

Lowna wil as verjaardaggeskenk vir my Die llias van Homerus, vertaal deur prof. J.P.J. van Rensburg, stuur. Vir my sal dit 'n aanwins wees, want Die llias moes ek jare gelede aan SACS in Grieks bestudeer het![23]

- - -

R.F.A. Hoernlé het op 12-jarige leeftyd saam met sy ouers van Duitsland na Oxford verhuis en het daarvandaan na die Kaap gekom.[24]

I was very interested in your appreciation, in the issue of The Outspan of 6 Feb., of my old professor RFA. Hoernlé. I felt deeply touched by your characterisation of a professor and friend, who had a profound influence on me. My thoughts go back to the year 1908 when he was appointed to the chair of Philosophy at SACS. | was a student in the Philosophy Honours class, at that time reguiring two years of intensive study after the Intermediate Examination. In 1907 1 had Prof. Loveday for the first guarter, until he left for Sheffield. During the remaining nine months an Oxford M.A. in Classics read Aristotle's Ethics to us in English fom the original Greek - mostly, I thought, to show off his knowledge of the latter. The inevitable result was that little progress was made in Philosophy!

What a change when Prof. Hoernlé took over the reins! I was enthralled by his lectures and by his personality. His lucid style and the wonderful way in which he could sum up the most difficult philosophical problems made a deep impression on me. He had an amazing command of the English language, always using the right word in the right place.

You refer to the essays he set you to write, demanding at least a fortnight to complete them. I remember one I had to write for him on "Dreams". It ran to about 12 foolscap pages but it was a pleasure to please him. During his first winter vacation, he asked me whether I could introduce him to a farmer in the Karoo, as he would so much like to make the acguaintance of our country folk. 1 arranged a visit to my uncle Mr. A.J. Herholdt near Murraysburg. The stay on the farm he enjoyed immensely. Perhaps You could post a copy of this letter to his widow, Mrs. Hoernlé, if you have her address. [25]

Mev. Hoernlé het ná sy dood aan my 'n pragtige boek van hom gestuur met opstelle oor filosofiese onderwerpe.[26]

Dear Mrs. Hoernlé, many thanks for your husband's book Studies in Philosophy (Allen and Unwin, London, 1982), which I received a few days after your letter. This book will be one of my most treasured possessions in years to come.[27]

- - -

NA die B.A.-gradeplegtigheid was ek in nmet so 'n verknorsing soos julle seun Pieter nou is. Waarheen nou? Die keuse (weens my weduweemoeder se armoede) was die onderwys, die siviele diens en die medisyne. Lg. kon alleen gebeur toe ek 'n beurstoelae gekry het om in Holland te gaan studeer. En toe ou dr. Coulton op Humansdorp my vir 'n assuransiepolis ondersoek, was ek so maer dat hy sê: "My boy, all advice I can give you is to join the army!" Hy was bang dat ek tuberkulose in Europa sou kry.[28]

My career took a turn "from the clouds to the earth", if not form the sublime to the ridiculous, when | decided in 1909 to take up medicine. But that is another story. And following the example of C. Louis Leipoldt, I started writing poetry (and not philosophy!) in Afrikaans.[29]

Ek het toe die wolke verlaat om na die mediese aarde te daal.[30]


Verwysings #

  1. Brief aan Tommy Boydell, 28.6.1965.

  2. Brief aan W.Fullard, 23.4.1971.

  3. Brief aan Loon van der Poll, Den Haag, Nederland, 7.11.1962.

  4. Brief aan B. Kok, 30.11.1953.

  5. Brief aan "Renier", Die Volksblad, 4.2.1955.

  6. Brief aan A.D.K. II, 3.5.1956.

  7. Brief aan F.A. van Jaarsveld, 1.3.1960.

  8. Keet, A.D., in Jonger Skrywers oor Eie Werk, saamgestel deur P.J. Nienaber, Afrikaanse Pers, Johannesburg, 1951.

  9. Brief aan P.J. Naudé, 1.9.1947.

  10. Dieselfde as 7.

  11. Brief aan J.S. de Wet, 22.4.1954.

  12. Dieselfde as 2.

  13. Brief aan C.J. Coetzee, 15.11.1968.

  14. Keet, B.B.: Jaarblad, Hoërskool Nico Malan, Humansdorp, 1960.

  15. Brief aan Lowna Beyers, 29.10.1967.

  16. Brief aan A.D.K. II, 15.6.1952.

  17. lctus scribendi: Die mag van die geskrewe woord.

  18. Dieselfde as 8.

  19. Brief aan A.D.K. II, 9.7.1954.

  20. Dieselfde as 8.

  21. Brief aan ATKV, Universiteit van Kaapstad, 1943.

  22. Dieselfde as 8.

  23. Brief aan A.D.K. II, 16.10.1955.

  24. Brief aan Daan Pont, 9.11.1960.

  25. Brief aan redakteur: The Outspan, 15.3. 1953.

  26. Brief aan Theo Wassenaar, 16.7.1969.

  27. Brief aan mev.Hoernlé, 3.4.1953.

  28. Brief aan Lowna Beyers, 18 .8.1958.

  29. Dieselfde as 25.

  30. Brief aan "Jan Burger", The Star, 10.2.1956.