4. 'n Briljante Staatsman en Diplomaat: W.J. Leyds

4. ’n Briljante Staatsman en Diplomaat: W.J. Leyds" #

4 ’n Briljante Staatsman en Diplomaat W.J. LEYDS (1859 - 1940) s ` illem Johannes Leyds is in 1859 in Java gebore as seun van ’n Nederlandse skoolhoof. Hy was in Nederland bekend as ’n buitengewoon begaafde student in die regswetenskappe. In 1884 is hy op 25-jarige ouderdom as staatsprokureur van die Zuid-Afrikaansche Republiek aangestel. Later het hy staatsekretaris geword, ’n pos wat vandag min of meer gelykstaande sou wees aan ’n kombinasie van die poste van eerste minister en minister van buitelandse sake. Hy het ’n groot en onmisbare rol in die regering van die Z.A.R. gespeel en het as “Kruger se Regterhand” bekend gestaan. In 1898 is hy terug na Europa, waar hy die Z.A.R. se buitengewone gesant en gevolmagtigde minister geword het. Tot aan die einde van die Anglo-Boereloorlog het hy die verset teen die Britse oorheersing van die Z.A.R. in Europa gelei. Né die oorlog het hy steeds aan die Afrikanersaak belangrike dienste gelewer op politieke, ekonomiese en kulturele terrein en ook as argivaris en historikus. Deur finansiële bystand aan CNO-skole en aan Nederlands-Afrikaanse koerante het hy baie daartoe bygedra om Milner se angliseringsbeleid teen te werk. Hy het ’n belangrike aandeel in die herrysenis van die Afrikanernasie na die Anglo-Boereoorlog gehad. Hy het ook noue bande met die Afrikaanse studente in Nederland gehad.L 2 Ek het Dr. Leyds baie goed leer ken in Holland. Dit was gedurende die jare 1914-1919, dus 12-17 jaar nê afloop van die Anglo-Boereoorlog.3 Omdat ek die besonderse voorreg gehad het om ’n huisvriend van die Leydse te wees en veel met hom te doen gehad het op allerlei ge- 79

biede, het die redaksie van Die Huisgenoot my gevra om een en ander oor hom te skrywe by sy BOste verjaarsdag, oor hom as mens en ook oor sy loopbaan nê die Tweede Vryheidsoorlog. Ek voldoen met die grootste bereidwilligheid aan die versoek, want as daar een man is aan wie ek as mens en as Afrikaner veel, ontsaglik veel dank verskuldig is, dan is dit dr. Leyds.4 Dit is dan ook geen wonder nie dat ek nog altyd probeer, ten spyte van ruimte en tyd, om hom deur woord en daad te doen toekom die blyke van my innige waardering vir wat hy vir my en my nasie beteken het en nog steeds beteken. En hoe gevoelig was en is hy nie daaroor nie! Alles wat hom kon interesseer, het ek aan hom gestuur, al was dit nou maar ’n portret van hom in ’n motorbrandstof-maandblad, waar hy sit in die eerste primitiewe motor wat sy 80

verskyning in Transvaal gemaak het! Ek wis dat hy en mev. Leyds, sy troue lewensgesellin, daaroor sou skaterlag. Of al was dit ’n kaart van die roetes na die Krugerwildtuin, waarop Leydsdorp ook figureer. Of iets uit die pioniersdae, toe Leydsdorp ’n stad was bewoon deur duisende goudsoekers, of sy pragtige Memoires, opgeteken deur Kees van Hoek, soos hulle verlede jaar in verskillende ‘Transvaalse en Natalse blaaie verskyn het. Maar ook baie ander dingetjies in verband met ons kulturele en politieke lewe. So byvoorbeeld tal van Engelse en Afrikaanse koerante met foto’s en beskrywings van die beroemde Ossewa-trek van 1938. Maar laat my oorgaan tot my eintlike onderwerp: Leyds as mens. Ja, wat ’n mens! Nooit sal ek die eerste indruk vergeet wat hy met sy klinkende naam op my gemaak het nie. Sommer ’n pure man, het ek by myself gedink. Jan Celliers het seker aan hom ook gedink toe hy sy befaamde ‘Trou” geskrywe het! ’n Geniale persoonlikheid, ’n imposante figuur, lank, regop — sy houding fier, kalm en bedaard. Deurdringende en tog ook dromerige oë. Ietwat beskeie in sy optrede by openbare geleenthede, gaan daar ’n mistieke bekoring van hom uit. Want agter daardie dromerige oë sit daar ’n siel wat dink — dink oor sy geliefde Transvaal en oor sy geliefde pres. Paul Krugerz. Dink oor die onreg wat in die naam van reg gepleeg is. Dink oor die toekoms van die Afrikanernasie en hoeveel groter die toekoms kon gewees het — miskien! Miskien? Nee, seker! En deurdat dit nie gebeur het nie, is daar ’n diepsetelende droefheid te bespeur agter daardie twee oë. Ek twyfel nie daaraan dat hulle geween het oor die lotgevalle van die volk wat hy graag groot wou sien nie — groot in die dinge waarin ’n klein nasie groot kan wees. God het dit anders beskik. Maar ek het my al dikwels die vraag gestel: hoe groot sou die naam van Leyds ook nie geword het as die Boere geseëvier het nie? Watter onskatbare dienste sou hy ons kon bewys het! Hy wat so- 81

veel ondervinding gehad het op die gebied van die internasionale diplomasie! BEKWAAMHEDE As ek Leyds moet karakteriseer, sou ek sê dat hy die skerpsinnigheid, die helder oordeel van ’n knap advokaat besit, gepaard met die fyngevoeligheid van die kunstenaar. By al sy bekwaamhede is hy ook ’n talentvolle musikus en skilder. En dit verklaar vir my baie van sy karaktertrekke. Hy is uitermate eergevoelig — mag God gee dat daar baie meer sulke Afrikaners is! Hy haat onreg, onreg teenoor homself, en onreg teenoor sy aangenome nasie. Hy haat diegene wat hom haat, wat sy nasie haat — hulle is hom tot vyande. Hy haat alle geveinsdheid, alle huigelary, sowel in die private as in die openbare lewe. | Hoe dikwels het hy my nie laat dink aan die grappige maar o so geregverdigde kennisgewing in ’n sekere Franse dieretuin nie: “Hierdie dier is baie gemeen: as jy hom aanval, verdedig hy homself!” As Leyds onregverdig aangeval word, dan is hy op sy stukke. Dan brand die heilige verontwaardiging in hom. Meedoënloos, maar altyd ridderlik, is dan sy argumente. Hardnekkig, maar nooit koppig nie. Nie vlymskerp-sarkasties soos ’n Langenhoven nie, maar konsekwent-logies is dan sy pleidooi. En wie, ja wie se naam is meer belaster in ons geskiedenis? Hy is beskuldig van die grofste onwaarhede. Hy sou die Driejarige Oorlog veroorsaak het. Hy sou die Boere definitief hulp belowe het van sekere Europese moondhede. Hy was die aartsmisdadiger in die oë van die jingo’s en imperialiste. Die wêreld weet vandag gelukkig, danksy sy talryke publikasies, dat dit nie so was nie. En die dag sal nog kom wanneer ons historici Leyds sal beskou as net so ’n groot figuur, net so ’n groot held op sy gebied as wat Christiaan de Wet en so baie ander op die oorlogsveld 82

was. Dit is asof die Voorsienigheid hom aan ons geleen het om die taak te vervul wat hy alleen kon doen. Herinneringe, almal aangenaam, het ek baie van hierdie seldsame man. Ons het baie saamgewerk, en saamgeveg ter wille van ons saak. Talryke briewe, offisiële stukke en boeke van hom het ek nog in my besit.” En as ek weer so deur hulle kyk, dan doem die een nê die ander gebeurtenis weer voor my geestesoog op. Daar is ons samewerking met die Vryheidsdeputasie van 1919, waarvan ek op sy versoek sekretaris sou word. Hy het naamlik ’n brief of kabel gekry van sen. A.D.W. Wolmarans dat hy moes sorg vir ’n sekretaris. Maar weens een of ander misverstand het die senator nooit vir dr. Leyds laat weet dat hulle ’n sekretaris, die latere regter Gey van Pittius, gaan saambring nie. Ons moes maar lag oor hierdie tragi-komedie! Daar was die gruwelike verminking van die bekende persgesprek (soos dit in Suid-Afrika verskyn het) wat hy aan Reuter se verteenwoordiger gedurende die Eerste Wêreldoorlog toegestaan het. Op eie inisiatief het ek in verband daarmee as sy pleitbesorger opgetree, omdat ek dadelik bespeur het dat hier weer ’n onreg teenoor hom gepleeg is. Die belangrikste, die essensiële, vir ons saak in die persgesprek is weggelaat of vermink, met die gevolg dat selfs ’n weekblad soos De Spectator van Pretoria dr. Leyds lelik oor die kole gehaal en saam met die jingo’s van vroeër hom die lelikste beskuldigings teen die hoof geslinger het. Toe het die vegter Leyds weer opgestaan. Die stukke is aan die Argief vir Eietydse Aangeleenthede by die Vrystaatse Universiteit oorhandig. DIE TWEE BOODSKAPPERS En daar was ons samewerking op letterkundige gebied. Vir ons Afrikaanse literatuur het hy van die begin af die grootste eerbied en bewondering gehad. Aan hom en 83

aan die inspirasie wat van hom uitgegaan het, het ek bv. my gedig Die Twee Boodskappers te danke, wat handel oor die bekende vlaginsident by die kommando van genl. De la Rey tydens die vredeskonferensie op Vereeniging. Hy het my spesiaal gevra om hieroor iets te skrywe — as ek kon. Maande lank het ek probeer, totdat op ’n somernamiddag tydens die Eerste Wêreldoorlog, onderwyl ek in die woelige wêreldstad Amsterdam in ’n trem gesit het, die inspirasie gekom het. Op ’n koerant wat ek pas tevore gekoop het, het ek die eerste reëls neergeskryf. Sy wenke by die verdere ontwikkeling van die gedig het my so goed van pas gekom dat ek van almal gebruik gemaak het. Hoe gesellig kon hy nie in die intiem-huislike kring vertel van die man wat hy byna verafgood het nie: Paul Kruger. Van die middernagtelike besoek aan sy huis, toe die president kom erken het dat hy verkeerd was oor ’n sekere aangeleentheid en nog geen oog toegemaak het nie! En hoe hy toe mev. Leyds gaan wakker maak het om koffie te maak, want die president was daar. En die geweldige geheue van die president! Nooit het hy ’n wetsontwerp self gelees nie — Leyds moes kom om dit te doen, drie maal agtereenvolgens hardop, sodat die president kon hoor! Soms het die ontwerp meer as honderd artikels bevat; en dan sou die president sê: “Maar, Leyds, dink jy nie dat ons artikel nommer so-en-so liewer sê kan stel nie?” N4 die derde lesing het die president gewoonlik die hele wetsontwerp uit sy kop geken! Dr. Leyds het in ’n reusetydperk gelewe, toe ’n reusegeslag reusedade verrig het. Sy diepgaande geskiedkundige navorsing, sy monumentale geskrifte oor die twee Boererepublieke, waaraan hy al sy kragte gewy het sedert die jaar 1902 — en nog wy ondanks sy klimmende jare — sal sy naam vir altyd ’n plek besorg op die erelys van die Afrikanernasie. Trots kan die Afrikaners wees op sulke Hollanders! Ek eindig met die woorde van genl. Smuts by die onthulling 84

van die borsbeeld van dr. Leyds in Pretoria in 1936: “Danksy God dat hy nog lewe; sy naam moet nooit vergaan nie!”8 Op 2 Julie 1917 het dr. Leyds aan my geskryf dat die metode van die Spectator dieselfde was as dié van die Daily Mail en ander Engelse Daily Liars onder wie ons (d.w.s. die Boere se) saak so baie gely het. Dieselide damn-the-truth-gees het hom ook altyd daarvan beskuldig dat hy die feitelike oorsaak van die tweede Anglo- Boereoorlog was. Hy sou dan die regering van die Z.AR. ingelig het dat hulle op die ondersteuning van die groot Europese moondhede kon reken. Tog het daardie koerante goed genoeg geweet dat hy juis altyd die teenoorgestelde aan die regering gerapporteer het. Die bewyse sou gevind word in die verskillende versamelings dokumente en briewe wat hy besig was om persklaar te maak. Weens sy standvastigheid was hy die inspirasie vir die versie Nee!, wat in dieselfde Huisgenoot verskyn het.” Die volgende aandoenlike woorde het hy op | September 1927 aan my geskryf: “IK HAD MIIN HART AAN DE AFRIKAANSCHE ZAAK VERPAND. EN IK BEN ER MIJN LEVEN AAN BLUVEN WIUJDEN.” VERWYSINGS: HOOFSTUK 4 1 Van Niekerk, LE.: Kruger se Regterhand, J.L. van Schaik- Uitgewers, Pretoria, 1985. Ploeger, J.: “Dr. W.J. Leyds, de Rechterhand van Kruger’, Nederlandse Post, Nov. 1985. Brief aan adv. J.). Fouché, administrateur: O.V.S., 11.10.1954. Keet, AD.: “Dr. Leyds as Mens”, Die Huisgenoot, 28.4.1939. Brief aan A.D.K. II, 26.6.1956. Dieselfde as 4. Dieselfde as 5. N ANOO RU 85