9. Oor Eie Werk

9. Oor Eie Werk #

9 Oor Eie Werk Merkwaardig dat medici, ook in ons Afrikaanssprekende wêreld, hulle so aangetrokke voel tot die literatuur — ek dink aan Louis Leipoldt, A.G. Visser en Theo Wassenaar. En wat van Conan Doyle, Bridges, Cronin en so baie ander in die Engelssprekende wêreld?1 Dankie vir u gewaardeerde brief. Ek glo nie dat ek dit verdien het dat u “heelwat moeite” aan die radio-uitsending gaan bestee nie. My bydrae tot die bevordering van ons letterkunde is so gering as dit vergelyk word met die prestasies van byvoorbeeld die 64 garde. En ek dink altyd so: hoe gemaklik was my pogings (ofskoon soms van trane vergesel) in vergelyking met die prestasies en opofferings vir ons volk deur manne soos pres. Steyn, genl. De Wet en baie ander. Ons sal met belangstelling luister aanstaande Sondagmiddag.? In die feesuitgawe by sy S0-jarige bestaan het Die Huisgenoot van 20 Mei laaslede ’n artikel gehad oor mev. Betsie Verwoerd se tesis vir die M.A.-graad op Stellenbosch. Daarin beskryf sy — dit was toe sy nog student was — die hele geskiedenis (tot dan) van Die Huisgenoot. Sy noem daarin jou korrespondent as een van die baanbrekers op poëtiese gebied in Afrikaans. Veral Sneeu, Amsterdam en ’n paar vaderlandse gedigte het haar getref.3 Ek lees graag nog in jou Digters van Dertig, want volgens my beskeie oordeel het jy ’n heldere insig van sake daar- 125

in gegee. Nou die dag dink ek daaraan dat ons, ouer digters, feitlik maar as baanbrekers voltyds geëksperimenteer het om te wys wat met Afrikaans gedoen en gesê kan word in die poësie. Die stryd was daar om te stry, en dus ook die roeping — en daar was so min om op te bou! Julle, die jonger geslag, was gelukkiger en julle het ons oorskadu en oortref, danksy ook ’n grondiger kennis van Nederlands. Maar miskien is my betoog praatjes voor de vaak. Ek is in elk geval dankbaar vir wat ek kon bydra. Helaas is daar in die laaste jare te veel ysters in die vuur om nog te skrywe.* Dit is ’n vaste instelling by my om ’n vriend te vra om my mss. te beoordeel alvorens ek tot publikasie oorgaan. Eers het prof. E.C. Pienaar dit vir my gedoen, toe prof. S.P.E. Boshoff. In hierdie geval (u versoek om ’n paar bydraes vir Helikon) het ek gevrees dat daar geen tyd sal wees nie om prof. Boshoff te nader, en toe het ek my toevlug geneem tot dr. P.]. Nienaber.* Ek besef alte goed dat ek nie een van die grootste Afrikaanse digters is nie! Ek beskou myself as ’n also ran, indien ’n mens van soiets mag praat in die digkuns. Elk vogeltje zingt toch maar zoals hij gebekt is, nie waar nie?S Ek kan natuurlik nie kers vashou nie by bv. Van Wyk Louw en Elisabeth Eybers. Ons moet alles maar oorlaat aan die oordeel van die komende geslagte — of die metafisiese, diepsinnige, moeilike gedigte die oorwinning gaan behaal oor die meer eenvoudige en sangerigel” Ek vrees dat my gedigte nie sal voldoen nie aan Ernst van Heerden se eis dat ’n gedig altyd ’n element van die onbegryplike moet bevat! Dit was inspirerend om daaêrdie tyd mee te werk aan ons literatuur. Hoe het ons darem gevorder sedert daardie tyd!ë Jammer dat die oes deesdae so skraal is! Dit lyk asof die jonger geslag wil dig vir mense wat onverstaanbare, in- 126

gewikkelde goeters verkies. Nou is ek huiwerig om ’n vergrote bundel met my eenvoudige versies te laat publiseer.? Baie dankie vir u brief. Terloops, u “promoveer” my tot professor, terwyl ek maar ’n gewone mediese praktisyn is, wat boonop ’n soort van digter is — een van die outydse garde. Miskien verwar u my met my broer B.B., die Bybelvertaler.10 3 * * * * Om “iets van jouself te vertel” nadat jy al feitlik jou hele siel uitgestort het in verse wat almal kan lees, is ’n moeilike taak. My gedigte het ek vrywillig geskrywe, maar dr. Piet Nienaber forseer my nou d.m.v. allerhande mooi klinkende argumente, om nog meer te sê as wat ek reeds gesê het! En dis gevaarlik, nie vir hom nie maar vir my. Dit word nie ’n digter as onbeskeidenheid teen die kop geslinger as hy met sy diepste gevoelens te koop loop nie, maar sodra hy in doodgewone prosa iets oor homself en sy werk skrywe, moet hy oppas. Ter wille van diegene dan, wat my bydrae tot die Afrikaanse literatuur waardeer, sal ek my “neerplak” om een en ander te vertel van my literêre agtergrond. Nou iets oor my gedigte. Baie wat in die bundeltjie van 1920 (eerste druk) staan, het voor dié tyd in die ou Brandwag, Die Huisgenoot en ’n paar ander publikasies verskyn, in die goeie ou dae toe geen vergoeding gevra of gegee is nie. Daar was net die begeerte en die drang om iets by te dra tot die opbou van ons volk se leesstof. Aanvanklik het dit maar broekskeur gegaan — daar was ook die mediese studie wat byna al my aandag vereis het. Aanmoediging het egter gekom — en watter jong skrywer het dit nie nodig nie — van verskeie kante. So is ek veel dank verskuldig aan pres. Reitz, E.C. 127

Pienaar, Lydia van Niekerk, S.P.E. Boshoff, Ouerido, René de Clercg, Modést Lauwerys en dr. Leyds. Aangesien my digwerk hoofsaaklik liries van karakter is, sal daar tevergeefs gesoek word na ’n “sentrale idee” daarin. Wel is daar ’n neiging om d.m.v. kontraste sekere waarhede na vore te bring. Stemmingsbeelde kan ook lynreg in stryd wees met mekaar en tog waar vir daardie bepaalde oomblik. As voorbeelde kan die gedigte Die Verraaier en Aan die Kruis genoem word. As daar iets is waarna ek opsetlik strewe — maar miskien is dit ook ingebore — dan is dit eenvoud; soos ’n lerse skrywer dit gestel het: “the desperate simplicity which is so hard to reach.”!!


Ongelukkig is daar in my bydrae in Jonger Skrywers oor Eie Werk ’n hele aantal drukfoute. Op bladsy 18 moet deurgehaal word “ons eie waaragtige poësie wat ons gepak het”. Dis nie van my nie, én oorbodig. “Haydon” is natuurlik “Haydn” en “tons” moet wees “tovs”. Die name van pres. Reitz, René de Clercg en Modéêst Lauwerys word plek-plek verkeerd gespel, “Nanta” moet wees “Nauta”, “ietch” is “itch”, en so aan.12 Dankie dat u my ook gevra het om ’n aantal gedigte voor te lees vir die reeks plaatopnames wat u en H.A.U.M. beplan. Sommige sal seker te sentimenteel klink in die ore van ons moderne kritici. Tog sê die Engelse spreekwoord “Sentiment rules the world”, nie waar nie?13 My seun het al herhaaldelik gevra of ek dan nie iets kan skrywe nie oor my ondervindings as distriksgeneesheer. Maar dan verseker ek hom dat dit sal afsteek by wat A.. Cronin bv. te vertel het in Adventures in Two Worlds, ’n pragboek. Merkwaardig hoe baie Engelse digters en skrywers ook medici was.14 128

$. Ignatius Mocke, redakteur van Helikon, het aan my verlede week ’n versoek gestuur vir ’n paar gedigte, of ’n artikel “van ’n beroemde ouer digter” (seker so ’n bietjie die heuningkwas). Helikon voer ’n stryd teen die “duistere poësie” se beoefenaars en hulle minagting van die ou garde, en ophemeling van hulle eie prestasies. Nou ja — ek het toe vir afwisseling in my werk ’n paar gedigte “afgerond", en aan Helikon gestuur. Een daarvan is Snags op Straat en die ander Geluk.15 Ek kry geen kans nie om skouer aan die wiel te sit met die heruitgawe van die Verspotte Gediggies én die vergrote bundel Gedigte!lis VERWYSINGS: HOOFSTUK 9 1 Brlef aan “Jan Burger”, The Star, 10.2.1956. 2 M.P.O Burgers, 11.8.1959. 3 “ “ ModêëstLauwerys, 11.9.1966. 4 “ “ DJ.Opperman, 5.10.1965. 5 “ “ S.lgn. Mocke, 27.9.1953. 6 “. “ Cde Jong, Nieuws uit Zuid-Afrika, 25.2.1969. ’ “ “ AD.KII, 10.4.1962. 8 “. “ Gerhard Beukes, 1.11.1960. 9 “. “ mev.E.C.Pienaar, 9.9.1959. 10 “ “ W.C.du Plessis,sekretaris van Inligting, 13.3.1963. 11 Keet, A.D., in Jonger Skrywers oor Eie Werk. 12 Brief aan A.D.K. II, 28.11.1951. 13 “ “ Juliana Bouws, 12.12.1962. 14 * “ HW.Snyman, redakteur: Geneeskunde, 10.10.1968. 15 “ “ AD.K. II 25.9.1953. E “ AF “ “ 21.10.1965. 129