17. Ouderdom #
17 Ouderdom Vanmiddag was daar ’n aangename funksie in die magistraatskantoor, toe die personeel, die polisie en ander beamptes afskeid van my geneem het. Hulle het my ’n reiskoffer en ’n mooi leerskryfblok met skryfpapier gegee. Rina was ook daar en die gades van die amptenare, wat vir ’n groot verskeidenheid van eetgeregte ens. gesorg het. Vleiende toesprake het my amper laat bloos! Die sersant van die polisie en ook sersant De la Rey het gepraat. So ook die tronkbewaarder en een van die dames, waarop ek geantwoord het en so ’n bietjie vertel het van die ondervindings as distriksgeneesheer. Daar is ook foto’s geneem; party gaan glo na die Nonguai, die polisie se maandblad.1 Die operasie vir die liesbreuk in Pretoria op die 4de deser was ’n sukses. ’n Paar ou vriende soos Theo Wassenaar en adv. Rolf Reitz het my in die hospitaal kom besoek, wat ek baie waardeer het.2 Mag ek jou by die herdenking van jou geboortedag toeroep, in die woorde van Robert Browning: “Grow old with me, the best is yet to be.”3 ’n Tydjie gelede het ek die volgende mooi versie van die Nederduitse digter Klaus Groth (1819-1899) teengekom: “O wiisst ich doch den Weg zuriick / Den lieben Weg zum Kinderland.” Hier gaan die ou lewe nog maar so-so. Dis asof iets my aanjaag om nog in die tyd wat oorbly iets te doen vir ons volk, al is dit hoe gering. Ek stuur dus nog steeds ammu- 183
nisie in die vorm van uitknipsels ens., veral aan De Telegraaf en Die Transvaler. Jy moet tog nie versuim om mnr. Brandt, De Telegraaf se hoofredakteur daar in Amsterdam, te besoek nie. Hy het aan my weer so ’n mooi brief geskryf. So ’n bietjie persoonlike omgang tel baie, en ons het vandag vriende in die wêreld nodig!4 Ik ben helaas niet meer zo actief als vroeger. In October a.s. word ik ook al 78, kan dus niet meer deelnemen aan 100 meter en marathon wedlopen! Er is veel in dit leven om dankbaar voor te zyn. Trots al de tegenslagen en teleurstellingen moet je maar doorbyten — dat is myn slagspreuk!s Tribulations dorm’t last forever, and the best is to face the future with fortitude.6 Op die 14de het ek reeds die 76ste mylpaal bereik. OËskoon die skarniere begin styf word, is die gesondheid nog redelik goed, en die gevoel vir die humor in die menslike lewe nog ongeskonde.” Die doel van hierdie brief is eintlik om jou hartlik geluk te wens met jou verjaarsdag aanstaande Maandag. Ek meen jy word dan 71 jaar — ’n hoë ouderdom vir so ’n jonge man! Mag die jare wat jou nog gegun word deur die Algoede Gewer, baie voorspoedig en gelukkig wees. Jy sal, net soos ek, nou meermale op jou eentjie dink aan die onverbiddelike afskeid van die lewe hier op aarde, maar laat dit jou troos wees: jy het die skoonheid van jou kuns aan duisende gebring in jou lang loopbaan, as leerling- skepper van die Skepper van mooie dinge.s Met ons gaan dit deur die Genade gelukkig nog goed. In Oktober aanstaande word ek D.V. ook al 77 jaar oud en ek is so dankbaar dat my gesondheid nog betreklik goed is, die werkkrag groot en ek lees nog sonder ’n bril, met één goeie oog terwyl die ander een reeds jare gelede belemmer geraak het a.g.v. retinitis.” 184
Helaas is myn correspondentie zo uitgebreid, en heb ik zo vele ander “ysters in die vuur,” dat ik u in langen tyd niet kon schrijven. Op deze ouderdom praktiseer ik ook nog steeds als arts. Met dat alles blyft myn dichtwerk ook in de slag!19
Ben Havenga is gister begrawe. Jy het seker nog daardie foto van die bestuur van ons Studentevereniging in Amsterdam waarvan Ben ook lid was. Die foto is nog geneem saam met jou, voor jou vertrek op die eerste reis na Suid-Afrika. Onlangs lees ek dat Dirk Opperman geskryf het: “Ons is almal geroepe om ’n groot afspraak met die dood te maak.” So sal jou en my beurt ook nog kom, en ons moet ons maar voorberei vir daardie ontmoeting, daardie grootste avontuur van die lewe.’! Het leven gaat als ’n droom voorby en “laat ons alleen maar met herinneringen” .12 Dis gaaf van jou om af en toe nog tyd te vind om te skryf aan die ou fossiel wat seker maar ’n splinter is van die versteende bome hier rondom ons Kerkplein, vlak voor ons huis. Gelukkig dat daar darem nog lewe is in die brouerylis Ek was lank in die bed met longontsteking. Dit het my baie verswak en omtrent 20 IL. gewig laat verloor. Tien dae gelede breek daar toe nog ’n rib in my regtersy. Die rugaandoening is ook nog nie oor nie, met die gevolg dat die praktyk al twee maande stilstaan. Dit vat ook langer om briewe te skrywe.1* Onlangs het ek ’n oulike versie, uit Sjinees vertaal, in die Tydskrif vir Letterkunde gelees: “Het ek geweet die ouderdom kom kuier / het ek die hek gesluit / gesê ek is nie tuis nie / ek kan jou nie ontvang nie.” ?
185
Hartlik dank vir jou gelukwense by my bereiking van die BOste mylpaal in die lewe. ’n Mens kan maar net dankbaar wees vir al die bonusjare wat jou gegun is deur die Voorsienigheid. Dankbaar is ek ook aan al die ou vriende vir hulle vriendskap en belangstelling. So het C.R. Swart, Dirk Opperman, Theo Wassenaar, Jan Bouws en baie ander my verbly met hulle boodskappe. Hier 1lê stapels telegramme, briewe en briefkaarte wat op antwoorde wag, sommige van onbekendes.1é As mense my vra of ek ’n verkrampte of ’n verligte is, dan sê ek altyd: Nee, ek val nou onder die verkrimptes! Volgens die koerante het u ook nie eintlik ’n ofium cum dignitate!” nie. Tog hoop ek dat u soms op u plaas, De Aap, darem kan sê: Beatus ille, gui procul negotiis / Ut prisca gens mortaliumi8. 19 Broer Ben het aan my ’n pragtige boekie gestuur met die titel The Best Is Yet to Be, deur Henry Durbanville (McCall Barber, 1979). Probeer om dit êrens te kry. Ek sien hy het dit gekoop by die N.G. Kerk-Boekhandel op Stellenbosch. Dis ’n kostelike boek vir ouens soos jy en ek.Z0 Op die 14de deser word ek D.V. 81 jaar oud. Gelukkig is die gees nog wakker!l?1
Ja, de kinderen en kleinkinderen kwamen kuieren in Junie, en ze kikkerden de oude zieke fossiel van Senekal Opl22 Dit het helaas maar droef gegaan met my gesondheid in die laaste paar maande. Was meestal in die bed en daar was natuurlik geen sprake van nie om pasiënte te sien, ook nou nog nie. Ek het in my vorige brief aan jou gemeld dat daar long- en hartkomplikasies ingetree het na die griepaanval. Gelukkig is die longe nou beter, 186
maar die hart nog glad nie. By die geringste inspanning gaan hy op hol. Nog steeds ook op ’n streng dieet. En wat ek die lastigste vind, is ’n gebrek aan konsentrasievermoë. Die dryfkrag en aleriness van vroeër het my in die steek gelaat, en dit bekommer my. En dan al die briewe wat hier opgehoop het, en op antwoorde wagl23 Deur die Genade egter baie dankbaar vir 12 jare, by wyse van ’n bonus ontvang.24Die gesondheid heelwat beter, deur die Genade. Net die “winde” wil nie verbeter nie. Hoop maar daar kom ’n “wind van verandering” .25 Ons vertrek die 30ste na Klein-Brakrivier vir omtrent vier maande om die winter hier vry te spring. Ons gaan tuis in Lowna-hulle se strandhuis, “Duinekruin”. Nég Rina nég ek kan die winters hier meer uithou.26 Het nieuws aangaande myn gezondheid is helaas niet zo goed. Er is ’n vry ernstige vernauwing in een van de voornaamste hartkleppen, met het gevolg dat ik by de geringste inspanning kortademig raak. Toch ben ik dankbaar dat het hart reeds 82 jaar het pompen kon volhouden!27 Ons het in Klein-Brakrivier vertoef vanaf begin Mei tot 6 Oktober, dus baie langer as wat die bedoeling was. U kan begryp dat u briewe daar vir my dubbel en dwars welkom was. Vereerd voel ek ook dat u by ’n keuse van grafopskrifte ook dink aan ’n versie uit Maar Een Suid- Afrika. Onthou tog net dat een reël lui: “En die lekker geur wat die lug daar dra” (en nie die gras nie!). Vir my eie epitaph het ek al gedink aan iets uit my gedig In Memoriam, wat in die Kerksouvenir van Senekal verskyn het: 187
Verby die lewe lê die docd — ’n Kerkhof grens aan elke stad En is ons klein of is ons groot, Ons almal moet dieselfde pad. En/of aan die psalmvers: “Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid.” 28 SLOT Dr. Nell Keet is op 16 Oktober 1932 oorlede en op Senekal ter ruste gelê. Dr. A.D. Keet het op 12 Februarie 1972 sag heengegaan. Die begrafnis was op Senekal. Mev. Rina Keet is op 4 September 1986 oorlede en is ook op Senekal ter aarde bestel. VERWYSINGS: HOOFSTUK 17 1 Briefaan A.D.K. , 4.11.1955. 2 f # “ . 26.4.1956. 3 - “ D. Pont, 26.10.1960. 4 s “ AD.K. I, 15.11.1961. s ” “ Lakvan der Poll, Den Haag, 25.7.1963. 6 ë “. Loon van der Poll, Den Haag, 25.7.1964. 7 d “ D.J. Opperman, 28.10.1964. 8 * “ Modêst Lauwerys, 23.12.1964. 9 " “. J).J. Kooy, 11.1.1965. 10 " “ redakteur: De Telegraaf, Amsterdam, 28.9.1965. 188
11 Brief aan Modêst Lauwerys, 21.12.1965. 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 d dé dé Loon van der Poll, Den Haag, 2.3.1966. G.D. Scholtz, 9.5.1967. Cobie Oosthuizen, 16.9.1968. Theo Wassenaar, 17.10.1968. G.D. Scholtz, 20.10.1968. Otium cum dignitate: rus (ontspanning) met waardigheid. Brief aan C.R. Swart, 25.10.1968. Beatus ille, gui procul negotiis / Ut prisca gens mortalium: Gelukkig is hy wat hom weerhou van bekommernisse soos die oorspronklike menseras. Dieselfde as 15. Brief aan A.K. Naudé, 9.10.1969. éé Loon van der Poll, Den Haag, 15.9.1970. Cobie Oosthuizen, 16.9.1970. G.D. Scholtz, 18.11.1970. A.D.K. IN 17.1.1971. Cobie Oosthuizen, 28.4.1971. Lak van der Poll, Den Haag, 30.4.1971. C.R. Swart, 1.12.1971. 189