15. Afrikaans en Nederlands

15. Afrikaans en Nederlands #

15 Afrikaans en Nederlands l[ ou vraag oor hoe die Hollanders gevoel het oor die Afrikaanse taal kan miskien die beste beantwoord word deur ’n paar aanhalings uit my plakboek. Sommige voel dat die vereenvoudiging en verandering van die Nederlandse grammatika darem te ver gegaan het. So skryf die Arnhemsche Courant van 14 Junie 1920: “Het eigenaardige kromgegroeide Nederlandsch dat in Zuid-Afrika gebruikt word, is door ons Hoog-Nederlanders maar al te vaak beschouwd als iets onbeschaafds en gebrekkigs, een uiting van een primitief volk.” Die blad gaan dan direk aan deur te skryf: “Het is echter een bekrompen standpunt waarop we ons dan plaatsen; een standpunt waaraan eenig chauvinisme, waar het de voortreffelijkheid van onze eigen taal geldt, misschien niet vreemd is. Want wat geeft ons het recht die taal als iets halfbeschaafds te veroordelen? “Het is langen tyd geleden dat de Hollandsche taal naar Zuid-Afrika overgebracht werd. Is het dan niet van zelf sprekend, dat onze taal zich daar, in geheel andere omgeving en klimaat, en levende onder totaal andere omstandigheden ook in anderen geest ontwikkeld heeft dan de moedertaal, die in haar geboortegrond bleef voortbestaan? Het ontstaan van een eigen volk uit de Hollandsche nederzettingen, een volk met speciale karaktertrekken en gewoonten, dat zijn eigen bestaansstrijd had te voeren, moest ook een eigen taal doen ontstaan.” Die blad skryf dan oor die sterk ekspressiewe vermoë van Afrikaans, sy karakteristieke sinsbou waarin soveel uitgebeeld kan word, sy kragtige ritme, pittige woordvor- 167

ming en ontroerend-kinderlike siel wat iets so eenvoudig kan sê dat dit klink of dit die natuur self is wat praat. Dan skryf De Gids van Julie 1920: “Het ware dwaasheid om het pour le besoin de la cause! te ontkennen — het Afrikaansch klinkt ons, vooral in den beginne, wat vreemd in de ooren. Dit is trouwens ook met het Vlaamsch het geval, maar in mindere mate … terwyl het Afrikaansch tog eigenlijk een ietwat versleten en verarmd Nederlandsch is … toch kan men niet anders dan den grootsten eerbied te voelen voor de dichters, die er in geslaagd zijn, poëzie te schrijven die zonder eenig voorbehoud dien naam mag dragen, en in de toekomst steeds in belangrijkheid zal toenemen.” De Toorts van 29 Mei 1920 skryf: “Dié groene, levende, buigzame twijg der Dietsche taal, in stede van den tronk (stam) uit te putten, voedt den boom en spreidt breeder de kruin open, onder welker schaduw er een ruimer en huiselijker plaats is voorbereid voor al de zonen van den Groot-Nederlandschen stam. Waar ik een Z.A. vers aantref, trekt het me telkens aan. Wij luisteren nieuwsgierig, verrast en ingenomen naar het lied in eigen taal dat ons van zo0o verre over de oceanen komt toegewaaid … waar een stoer broedervolk, het volk van Christiaan de Wet en Jopie Fourie, strijdt voor zijn taal en zelfstandigheid gelijk vlak naast Hollands grens een ander volk doet, het volk van Borms en René de Clerca.” Anna Lambrechts-Vos, toe sy toestemming vra om nog ’n paar gedigte te toonset, het op $ Julie 1928 vir my geskryf: “De schoone Z.Afrikaanse taal boeit my zeer en heeft myn hart gestolen. Het is frisch en oorspronkelyk wat gy en andere dichters aan ons te zeggen hebt.” Daar sal in die toekoms seker nog dikwels oor die taalkundige verhouding tussen Nederlands en Afrikaans geskryf word.2 Wat ’n skat van wetenswaardighede bevat my stapels van 6% Brandwagte nie! Om dan, by die lees van die ou nom- 168

mers, weer te belewe hoe ons Afrikaanse literatuur uit ’n klein saadkorreltjie ontkiem het en gegroei het tot die pragtige boom wat vandag daar staan.”

  • 3 3 * * Ons vier vanjaar, 1959, die Wonder van Afrikaans. Dit laat my dink aan ’n toneeltjie wat ek jare gelede in Wes- Transvaal gesien het. Daar was ’n kwaai politieke vergadering, waarby die Botha- en Hertzog-aanhangers mekaar lelik met die vuis toegetakel het. En terwyl die woeste bakleiery aan die gang was, het ’n jong kêrel eenkant gaan staan, die spul so aangekyk, en elke keer net gesê: “Wonderlike wêreld, wonderlike mense!” Nou, gelukkig is daardie woelige tyd verby. Gelukkig ook is die stryd tussen Nederlands en Afrikaans as skryftaal iets van die verlede. Dis moeilik om nog iets nuuts, iets oorspronkliks oor die Wonder van Afrikaans te sê. Wat ’n vertroosting dus om in Prediker 1 te lees: “Daar is glad niks nuuts onder die son nie.” Ek sal my dus bepaal tot net ’n paar gesigspunte en hier en daar ’n feit beklemtoon. Ons leef inderdaad in ’n wonderlike wêreld met wonderlike mense. Hoe wonderlik, hoe ironies selfs is dit nie, dat byvoorbeeld twee Hollandse immigrante, by name Pannevis en Hoogenhout, die inspirasie van en dryfkrag agter die Genootskap van Regte Afrikaners was om Afrikaans te verhef tot skryftaal. Hoe onselfsugtig van hulle! Sou hulle, met hulle Europese agtergrond, ’n vergesig gehad het dat net soos die gesproke volkstale van Italië, Frankryk, Spanje en Portugal die oorwinning behaal het oor Latyn — dat Afrikaans ook sê op die lange duur hier in ons land sou seëvier? Dat die teenstanders van Afrikaans-as-skryftaal dit nie besef het nie, was kortsigtig. Maar ons kan hulle nie kwalik neem nie: Afrikaans was bespot en verag en nog in sy groeipyne. Die ou Patriot-digters was, volgens ons mo- 169

derne maatstaf, grotendeels onbedrewe, onbeholpe en naief in die gebruik van Afrikaans. Tog was hulle kinderlik opreg en doelbewus. Hulle het die fakkel aan die brand gehou en die vaandel omhoog. Pannevis en Hoogenhout het ook gevoel en geweet dat die ou Hollandse Bybel aan Afrikaans ’n onuitputlike woordeskat sou besorg — die Bybel, waaruit, volgens Langenhoven, die siel van die Afrikaanse taal gekom helt. Laat ons ook die gevleuelde woorde van Preller nie vergeet nie: Afrikaans is Afrikaans plus Nederlands. En toe, ’n kort rukkie nê die ou Patriotte, kom die groot wonder van Afrikaans: die geboorte van die Tweede Afrikaanse Taalbeweging, met sy wonderbaarlike, verrassende openbaring van skoonheid in die verse van Marais, Celliers, Totius, Leipoldt en Malherbe. Hier was ons eie, mooie sêgoed wat ons ontroer het, en wat ons met die grootste genot van buite geleer het. Hier was die bewys dat Afrikaans die diepste, die teerste, die verhewendste gedagtes van ons volk kon vertolk. Hulde aan hulle, want sonder hulle sou daar waarskynlik geen Afrikaanse Bybelvertaling gewees het nie; sonder hulle sou Afrikaans nie Nederlands kon vervang het nie in ons skole, ons universiteite en in ons wetgewing; sonder hulle sou ’n hele reeks van jonger digters en skrywers nooit te voorskyn gekom het nie.#


Die boek van Gordon Tomlinson, Herinneringe van ’n Jong Turk (Nasionale Pers, Kaapstad, 1986), wat jy gestuur het, is regtig interessant en het my teruggevoer na die 6u dae van stryd vir die erkenning van Afrikaans. Wonderlik hoe min die jonger geslag weet van die pioniers!5 Baie dankie vir die oordruk uit Acta Juridica en die nommer van die Tydskrif vir RH.R.S Mag ek dit maar hou? Ek 170

vind Hiemstra se artikel, en jou rapport oor Mr. Verdam se rede baie interessant. Ja, ongetwyfeld is die rol wat adv. F.W. Beyers, Toon van den Heever én jy gespeel het om Afrikaans tot sy reg te laat kom in die regspleging, afgeskeep in die Jaar van die Wonder van Afrikaans.7 Eergisteraand het ons hier na die film Doodkry is Min gaan kyk. Ek vind dit ’n pragtige prestasie en wonder of dit nie ook opgang sal maak nie in Holland, en veral Vlaandere. Om die publiek daar touwys te maak sal ’n verklarende brosjure of ’n causerie deur iemand voéér die vertoning egter noodsaaklik wees. Byvoorbeeld, feite oor die traktaat van Retief met Dingaan, die woorde van “Dis al” en verskeie ander dinge. Kan die Akademie nie die inisiatief neem nie? Die film sal die moderne Hollanders en Vlaminge ’n dieper insig gee in ons geskiedenis. Sodoende sal ons ruim 16 miljoen mense in Europa se belangstelling kan wek.8 Terloops, waarom vertaal julle Nederlandse briewe in Die Transvaler? Laat ons mense tog ook ’n bietjie Nederlands lees, en veral joernalistieke Nederlands. Dit maak hulle tog ’n bietjie touwys met dié taal, en kan eerder goed as kwaad doen.? Dankie vir u pragtige monografie oor Albert Verwey en Transvaal van die 1880-erjare. Dit was vir my nuus dat Verwey en Alberdingh Thym destyds reeds ingesien het dat Afrikaans (of, soos hulle dit genoem het: ““Transvaals”) uiteindelik ook die geskrewe taal van die Afrikaners sou word. Die verskil tussen die Vlaminge en ons in taalgebruik het hulle ook dadelik raakgesien. Ek het hier twee nommers van Verwey se maandblad De Beweging, waarin hy in ’n polemiek met prof. Kamp (teoloog) van Potchefstroom beweer dat Leipoldt ’n beter verteenwoordiger is 171

van “De Poëzie van Zuid-Afrika” as Celliers, Totius en ander, juis omdat Leipoldt so deur en deur Afrikaans skryflio Na aanleiding van u pleidooi vir wat u noem ons “krom taaltje”: So is Italiaans, Frans, Spaans en Portugees in die begin ook maar seker as geradbraakte Latyn beskou! U weet seker dat Albert Verwey en Alberdingh Thym reeds in die tagtigerjare gepleit het vir ’n “Transvaalse” taall1! Onder die referate in die Jaarboek van die Akademie sal u die naam vind van my oudste dogter, Lowna Beyers. Wat ’n genot om by die deurlees van die referate in Afrikaans te sien hoeveel ons mense presteer op wetenskaplike en ander gebiedel12 Wat die toekoms van die Afrikaanse taal betref, is daar by my geen vrees nie dat dit sal ondergaan. Dit is te vas gewortel in ons bodem. En daar sal nog werke in ons literatuur gebore word wat wêreldaandag sal verdien, net soos met die ou Grieke en Romeine gebeur het.13 VERWYSINGS: HOOFSTUK 15 1 Pourle besoin de la cause: om die nodigheid van die saak. 2 Brief aan A.D.K. II, 4.8.1969. 3 “ “ P.J.Nienaber, 15.5.1949. 4 Keet,A.D.: Tydskrif vir Letterkunde, Sep. 1959. 5 Briefaan A.D.K. , 18.10.1959. 6 Tydskrif vir Romeins-Hollandse Reg. 7 Brief aan Daan Pont, 3.4.1960. 8 “ “ P.J.Nienaber, 30.7.1961. 9 “ “ G.D.Scholtz, 11.3.1968. 10 “ “ W.dePaauw, 22.9-1970. 11 “ “. “Willem Brandt”, Bussum, 17.9.1970. 12 TR d s s 29.1.1971. 13 “ “ G.D.Scholtz, 8.9.1969. 172