3. Drie Onvergeetlike Vlaminge

3. Drie Onvergeetlike Vlaminge #

Dit was my voorreg om gedurende my studentejare in Amsterdam bevriend te raak met drie gevierde Vlaminge: die digter René de Clerq, die komponis-sanger Emiel Hullebroeck en die voordragkunstenaar Modèst Lauwerys.t Laasgenoemde het een van my grootste vriende geword, met wie ek jare lank tot kort voor sy dood in 1967 gekorrespondeer het.

Modèste Meo, baie dankie vir jou brief van 10 deser met dié aanhaling uit Marnix van St. Aldegonde:

Hoe cond ick U mijn broeder oyt vergeten,
daar wij toch zijn in eenen stronck geplant.

Ek groet jou in die woorde van René de Clerq: "Hollands, Vlaams, Zuid-Afrikaans...slechts de naam is anders!" 3

René De Clerq (1877-1932) #

Gebore te Deerlik, Wes-Vlaandere, het René de Clerq later in Gent in die Germaanse filologie gepromoveer. Daarna was hy as onderwyser in middelbare skole werksaam. As Vlaamse nasionalis het sy politieke bedrywigheid gedurende die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) veroorsaak dat hy in 1918 na Holland moes uitwyk, waar hy gebly het en ook oorlede is. In Holland het hy met die Afrikaanse studente in aanraking gekom. Daar word gesê dat sy eerste digbundels feitlik uitsluitlik vrolike, melodieuse natuurpoësie bevat het.

IMG

Kenners beweer dat hy ’n volksdigter by uitnemendheid was. Talle van sy gedigte is deur sy vriend Emiel Hullebroeck getoonset en het sodoende wye bekendheid verwerf.

Volgens René de Clerq het die poësie rondom die digter gesweef en wanneer dit sy siel binnegedring het, het die gedigte vanself opgeborrel. Resensente het baie in sy bundel Gedichten gevind wat treffend was. In die oorlog het sy talent verdiep, en De Zware Kroon (1915) en De Noodhoorn (1916) getuig van sy liefde vir Vlaandere, waar daar in daardie tyd soveel lyding was.4

René de Clercg was 'n gebore digter ¿ 'n sanger by Gods genade. Hy was ook 'n bewonderaar van ons Afrikaanse literatuur. Oor Langenhoven se Duisend Spreuke kon hy byvoorbeeld nooit uitgepraat raak nie ¿ "¿dat is iets eenigs in ons Dietse letterkunde,¿ het hy gesê. Sy werke behoort in ons land meer bekendheid te kry, om vir die opkomende geslag as voorbeeld te dien.*

Ons het saamgewerk by die maandblad Dietsche Stemmen. Dit is ook die blad wat my verhandeling Jan Celliers als Digter en Denker in 1917 in brosjurevorm uitgegee het, vermoedelik een van die eerste resensies van Celliers se werk. Daar was ook 'n bespreking deur my van ¿Trekkersweë¿ en 'n artikel oor dr. Leyds as mens in Dietsche Stemmen.S

Emiel Hullebroeck (1878-1965) #

Emiel Leopold Hullebroeck is te Gentbrugge in Oos-Vlaandere gebore. N4 sy musiekstudie aan die Koninklijke Conservatorium het hy in 1904 professor aan die Rijks-Normaalschool, Gent, geword. Hy het vroeg reeds die Gentse A Capella-Koor gestig en begin met rondreise en sanguitvoerings in verskillende Europese lande. In 1915 het hy 'n rondreis onderneem deur Nederlands-Oos-Indië, in 1920 deur Suid-Afrika en in 1923 deur Noord-Amerika. Sy komposisies behels 19 bundels liedere en 'n aantal zangspelen.

Daar is gesê dat die eggo’s van sy liedere oor die hele Vlaandere weerklink het. As Vlaamse nasionalis is hy deur die destydse Belgiese regering vervolg en selfs as ¿de staatsgevaarlike zanger¿ bestempel. In die Staatsblad het later ’n verordening verskyn ingevolge waarvan dit verbode was om die werke van Gezelle, Streuvels, Rodenbach en die liedere van Hullebroeck deur die pos te stuur. Deur dié politieke vete was hy genoodsaak om gedurende die Eerste Wêreldoorlog na Ne-

IMG

Nederland te verhuis. Daêr (en later in Suid-Afrika) het hy kennis gemaak met ’n groot aantal Afrikaners soos genl. Christiaan de Wet, genl. J.B.M. Hertzog, C. Langenhoven, Jan F.É. Celliers, A.G. Visser en A.D. Keet.

Talryke Afrikaanse gedigte is deur hom getoonset en het sodoende wye bekendheid in Nederland, Vlaandere en Suid- Afrika verwerf. Die teenstand van latere Belgiese regerings het afgeneem en in 1930 is hy as rijksinspecteur van muziekonderwijs in sy geboorteland aangestel.¿

Destyds in Holland het Hullebroeck my genooi na die Hotel De Witte Brug in Den Haag, om die premiëre van sy toonsettings op Afrikaanse woorde by te woon ¿ en daar was ek, feitlik 'n ignoramus in musiek, alleen in die gehoorlë Sodoende het ek die eer gehad om die eerste Afrikaner te wees wat Hullebroeck se Afrikaanse toonsettings gehoor het. Toe het ek hom verseker dat ¿Lamtietie, damtietie¿, ¿Trou¿ en baie ander toonsettings hier sou inslaan.¿

Is Lorenz Schultz nie verkeerd nie waar hy in hierdie maand se Tydskrif vir Letterkunde beweer dat A.G. Visser ¿Studentelied¿ (¿Die Studentejare Gaan Verby¿) geskryf het? Dit was mos C.F. Visser. Ek onthou nog goed hoe Hullebroeck dit vir my gespeel en gesing het nadat hy dit getoonset het. Ek kon hom dadelik verseker dat dit by ons Afrikaners sou inslaan.10

Ek het vir Hullebroeck gedigte van tal van ons digters gestuur, en hy het met geesdrif aan die werk gespring. Né twee jaar was hy daarmee klaar.¿¿

In dié tyd is die volgende brief van Hullebroeck ontvang:

Arnhem, Nederland

Geachte heer Keet 7 Nov. 1917

Van morgen, vooraleer na Arnhem te vertrekken, alwaar ik vanavond moet optreden, las ik Uw vriendelyk schrijven.

Dat ik Uw ideaal ¿ de grootermaking van Uw natie ¿ genegen ben, moet ik U dat nog bevestigen? En dat ik het myne wil bydragen om Uw ideaal te verwezenlyken, kunt gij daar aan twyfelen? Wij Vlamingen, die steeds ononderbroken moet stryden voor ons taal, die toch gansch ons volk is, wij beseffen zZoo goed dat al de Nederlandsch-sprekenden, het wezen Zuid- Afrikaners, Hollanders of Vlamingen, zich vaster en vaster aaneen moeten sluiten, willen zij krachtiger worden in de toekomst. De Nederlandsch-sprekenden zijn waarlijk in de wereld al weinig talrijk genoeg dan dat wij de aaneensluiting nog langer zouden verwaarloozen. Het doet mij genoegen dat thans zoowat overal, dié langverwachte toenadering niet alleen meer en meer wordt besproken, doch ook wordt betracht. Er is reeds meer voeling b.v. tusschen Vlaanderen en Holland. Twintig jaar geleden was zij nog vér te zoeken! Er moet ook meer voeling komen tusschen Z.Afrika en Vlaanderen en het is om daar een flinken stoot aan te geven, dat ik aan't componeeren ben en ook een rondreis door Z.Afrika wil ondernemen.

Het lied ¿ dat ondervind ik dagelijks ¿ is een machtige factor. Eën enkel lied dat inslaat, doet meer goed dan het beste krantenartikel en een lied dat men populair weet te maken is onschatbaar voor het volk dat dat lied overneemt en zingt.

IK hoop dat ik met mijn nieuwe Z.A. liederen de gelukkige hand zal hebben, dat ik erin zal slagen om het mijne ertoe by te dragen voor Z.Afrika zooals ik heb mogen doen voor Holland en Vlaanderen. Daarmede zal ik mij ruimschoots voldaan en beloond achten.

Om nu terug te keeren tot Uw vraag: onmogelyk is het mij in December klaar te zijn met de nieuwe liederen. IK wil geen maakwerk leveren. Ik wil het gevoel laten spreken en ik wil ook dat, wanneer ik voor't publiek kom, ik niet met ijle handen doch met een welgevulden buidel kunne verschijnen. Uw gedichten eruit laten? Daar denk ik niet over. Juist de jongeren 54

moeten vertegenwoordigd zijn, meer dan de ouderen. Zijn zij niet het nieuwe leven? Zijn zi niet de toekomst van hun land?

IK hoop dat ik nog in dit winterseizoen, het weze dan op het eind, de nieuwe liederen kan voordragen. Eerst komt nu een kinder-matineé daarna (14 Jan.) een Indische avond, waaraan ik thans dapper doorwerk.

Ondertusschen vergeet ik de Afrikaandertjes niet en komen ze tot rypheid. IK heb U beloofd dat gij ze eerst zZult hooren en die belofte zal ik houden. Zoodra ik klaar ben ontvangt gi daartoe een uitnoodiging of kom ik ze voor U zingen te Amsterdam. Is't goed zoo? Wees overtuigd van mijn verkleefdheid aan de Z.A. Zaak en ontvang de hartelykste groeten.

Em. Hullebroeck

Ek was toe ook teenwoordig by sy Zuid-Afrikaansche Avond in die Kleine Saal van die Amsterdamse Concertgebouw op 18 Januarie 1919, en hét nog die program. So ook sy manuskripte van ¿Die Sterretjie¿ van Leipoldt en Corrie van my.13

Op sy reis deur Suid-Afrika het hy ook twee aande op Senekal opgetree en het die volgende kaartjie van hom gekom:

Kestell
Z.Afrika
11 Nov. 1920

Myn beste Keet

IK moet U nog goede ontvangst melden van Uw postwissel en U hartelik danken voor Uw bemoeiingen en gastvryheid. De reis verloopt prachtig en ik heb zoo'n sterk gevoel dat ik hier een groot en goed werk aan't verrichten ben. Z.Afrika is bepaald volop aan't ontwaken en gaat een heerlyke toekomst tegemoet. Gij, de intellectueele leiders, de zaaiers, moet maar zorgen dat het nationaal gevoel niet weer insluimert.

Biedt a.u.b. mijn eerb. gr. aan mevr. Keet en ontvang een hartelyk warmen handdruk van Uw.

Em. Hullebroeck

IMG

’n Boek wat u baie sal interesseer, is Zang en Strijd van Hullebroeck (Uitg. P. Vink, Antwerpen, 1952). Dit is sy lewensherinneringe en is pragtig gelllustreer. Hy vertel daarin ook van sy reis in ons land, en gee karaktersketse van bekende Vlaamse skrywers en digters soos René de Clerq. Werklik ’n pragboek! *

Merkwaardig wat hy in Zang en Strijd sê oor Guido Gezelle, van wie hy nie een enkele gedig getoonset het nie. Toe iemand hom vra waarom nie, het hy geantwoord: ¿Omdat Gezelle se gedigte reeds musiek is!¿

Onthou jy nog dat ek jou Hullebroeck se brief aan my gegee het waarin hy skryf dat hy ook musiek op ¿Die Stem¿ gemaak het, maar dat hy die manuskrip opgeskeur het omdat hy die eer om ons volkslied te toonset, aan 'n Suid-Afrikaanse komponis gegun het?: Die brief het ek destyds aan die Akademie gestuur vir bewaring.1S

Onlangs het ek weer 'n brief van Emiel Hullebroeck gehad, waarin hy nuwe gedigte vir toonsetting vra. Sodra ek tyd kry, sal ek hom enkeles stuur. Erna Sack sing hier tans met groot sukses as toegif sy toonsetting van Langenhoven se ¿Wiegeliedjie¿ (¿Lamtietie, damtietie¿).1/

Jy weet seker dat ek lankal dink dat iets van Suid- Afrikaanse kant gedoen moet word om Hullebroeck en Lauwerys te vereer vir alles wat hulle vir ons taal en kultuur beteken het. Die vraag is net wat en hoe ¿ ek dink daaraan om die Akademie te nader. Hulle kan miskien die erelidmaatskap of ander gepaste eerbewyse toeken.

N& my volgehoue korrespondensie en baie oortuigingswerk het die Akademie besluit om Erepennings vir Kulturele Prestasie aan Hullebroeck en Lauwerys toe te ken. Albei sal vir hul bydraes tot die Afrikaanse kultuur vereer word ¿ Hullebroeck op die gebied van sang en komposisie, en Lauwerys vir letterkundige voordrag. In alles het Piet Nienaber my baie help agiteer. Hy het noue bande met die Akademie en het die saak geesdriftig ondersteun.19

Amice, dit was hoofsaaklik jou voorspraak wat die Akademieraad beweeg het om Lauwerys en Hullebroeck te vereer.20 Vanaf 24 Julie tot 1 Augustus 1959 viert de S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns haar SO-jarige bestaan oftewel Halfeeufees te Stellenbosch. En op 29 Julie moet ik daar het huldigingswoord behartigen over Modést Lauwerys. Hy en Hullebroeck gaan Erepenningen in absentia ontvangen. Foto's en werken van Hullebroeck en Lauwerys zullen ook uitgestald worden te Stellenbosch. Later zal ons ambassadeur in Brussel de penningen aan hen overhandigen by een plechtigheid aldaar. Prof. Woerdeman, hoogleraar in Anatomie by de Ge¿ meentelijke Universiteit te Amsterdam, komt ook naar de feesten, namens de Koninklijke Nederlandse Akademie van Wetenschappen. Hy was een oudstudiegenoot van Theo Wassenaar en my. Het zal aangenaam zyn om Woerdeman volgende maand weer te ontmoeten op Stellenbosch.21 U het seker al verneem dat die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns Erepennings aan u en Modést Lauwerys toegeken het, en dat dit aan u albei uitgereik sal word deur die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Brussel.22 * 3 3 * * Uittreksel uit die huldigingswoord opgestel deur Anton Hartman en voorgelees deur A.D. Keet (Hartman kon die byeenkoms nie bywoon nie) op die Halfeeufeesviering van die SAAWK te Stellenbosch op 29 Julie 1959: ¿Emiel Hullebroeck se besondere betekenis vir die Vlaamse 58

musiek is sy ywer om die Vlaamse volkslied te bevorder deur sang, verwerking en die komponeer van liedere in volkstoon. Hy het ’n besonderse slag om die volkstoon te tref en baie van sy liedere is sedertdien as volksliedere aanvaar. Hy was ook een van die eerste kunstenaars wat Vlaamse operettes gekomponeer het. Hy was ’n gewilde volksanger en het in alle wêrelddele waar Vlaams verstaan word, reise onderneem en Vlaamse liedere voorgedra. Sy werke sluit ses operettes, Kooren orkesmusiek in. Daar kan gevra word waarom die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ’n Erepenning toegeken het aan ’n kunstenaar wie se lewenstaak dit was om die Vlaamse volkslied en volksang te bevorder en te verryk. Hullebroeck het egter tot ons Afrikaanse musiek ’n betekenisvolle bydrae gelewer. Van September 1920 tot Januarie 1921 het hy op inisiatief van die Algemene Nederlandse Verbond ’n kunsreis deur die Unie van Suid-Afrika gemaak en op meer as 60 konserte Vlaamse liedere en ook sy eie Afrikaanse liedere gesing. Op Oudtshoorn het hy Langenhoven ontmoet en daar was sprake daarvan dat hy ’n toonsetting van ¿Die Stem’ sou doen, maar daarvan het blykbaar niks tereggekom nie. Hullebroeck se belangrikste bydrae tot die Afrikaanse musiek is sy bundel Zes Liederen. Vier van die ses liedere hoort vandag nog tot die bekendstes wat ons besit. Hulle is die Afrikaanse wiegeliedjie ¿Lamtietie, damtietie¿, ¿Trou¿, ¿Studentelied¿ met sy refein ¿O treurigheid op note, ek staan op eie pote¿ en ¿Die Sterretjie¿. Hy het ook Afrikaanse volksliedjies, waaronder ¿Griet, My Skat¿, getoonset, en in 1933 ’n lied aan die Voortrekkerbeweging opgedra. Die verskyning van ’n ervare sanger en komponis soos Emiel Hullebroeck, met aanvoeling vir volk en taal, was van groot belang in 1920. Die eerste Afrikaanse liedere met kunswaarde is kort tevore deur Stephen Eyssen, M.L. de Villiers, S. le R. Marais en ander gekomponeer as eerste botsels van ’n eie, ontluikende liedkuns. Hullebroeck het hierdie beweging kragtig gestimuleer. Dit is dus gepas dat die Akademie hom vereer, en langs dié weg erkenning verleen aan ander Vlaamse musici, soos Renaat Veremans, Mortelmans, Marinus de Jong en Flor Peeters, 59

wat belangstelling in en bydraes tot ons Afrikaanse musiek gelewer het.¿ Behalwe die ms. van ¿Die Sterretjie¿ van Leipoldt, is ook u ¿Ses Afrikaanse Liedere¿ onder glas op die Halfeeufees van die Akademie ten toon gestel. Die foto’s wat u en Modést my gegee het, met u handtekening en opdragte, is op prominente wyse in die toneelafdeling vertoon. Ek kom u persoonlik ook bedank vir die mooi toonsetting van Corrie in ms. Ek hoop dat u en Modést veel plesier sal belewe in September, wanneer die Erepennings aan u in Brussel oorhandig sal word. Ontvang dan die hulde van ’n dankbare stamverwante volk wat u albei in die teenwoordigheid van die hoogste gesag in ons land vereer het!23 (Die oorhandiging in Brussel word later saam met dié van Modèst Lauwerys bespreek.) ' Ingesluit is ’n artikel van Hullebroeck getiteld ¿Over het Volkslied¿. Dit sal seker so reg na u smaak wees. In my besit is nog heelwat korrespondensie met hom toe hy met sy S.A. liedere in Holland besig was. Ek het hom met Afrikaanse tekste oorstroom en telkens het hy my laat weet hoe dit gaan.24 Volgens Jan Bouws moet hulle Hullebroeck se mooi liedere met klavier nie so met orkesbegeleiding verknoei nie.25 Van Hullebroeck het ek die Oktober-uitgawe van De Toerist, orgaan van die Vlaamse toeristebond, ontvang. Hy het ’n artikel van 12 bladsye daarin oor Suid-Afrika en prys ons baie.2é 6O

Senekal Seergeagte vriend Emiel 22 Nov. 1961 Sedert geruime tyd was daar geen korrespondensie tussen ons nie. Wel het ek meermale groete aan u gestuur via ons vriend Modèst Lauwerys. En nou het daar van u gekom u boeiende en hooggewaardeerde artikel in De Toerist. Ek hoop dit sal duisende in Vlaandere ’n beter en gesonder kyk op ons land gee. Ja, alles wat lasterlik is, word teenswoordig in die wêreld teen ons koppe geslinger. Aanskou die smaad wat min. Eric Louw by die V V.O. moet verduur. Maar goddank is hy ¿ ’n man wat sy man kan staan¿ en ons vyande daar sal swaar sluk aan die medisyne wat hy vir hulle gegee het! Vriend Modést stuur gereeld Vlaamse koerante aan my, sodat ek taamlik op die hoogte bly van toestande by u. Wat ’n taalstryd het u nog op alle gebiede! | Dikwels dink ek nog terug aan hoe u my die ¿premiëre¿ van u Suid-Afrikaanse toonsettings besorg het in die Hotel De Witte Brug in Den Haag. Wat ’n voorreg was dit ook om aan u die versekering te gee en te voorspel dat liedere soos ¿Vryheidslied¿, ¿Ek Hou Van ’n Man¿, ¿L amtietie, damtietie¿ en ander in ons land beslis sal inslaan. Daar is weer verskeie van u liedere in die Nuwe FAK-sangbundel. Ek hoop dit gaan beter met u eggenote. Met ’n Republikeinse groet U ou vriend A.D.K. Lauwerys het geskryf dat Hullebroeck pas oorlede is en het ’n lang artikel in De Standaard (Brussel) ingesluit. Dit is regtig jammer dat ons pers niks meld van sy heengaan nie.27 Ons radio het verlede Dinsdagaand die elfde Mei ’n verruklike of liewer aandoenlike program van ’n kwartier ter huldiging van Emiel uitgesaai. Langenhoven se ¿Wie- 61

geliedjie¿, ¿Die Sterretjie¿ van Leipoldt en ¿Griet, My Skat¿ is met orkesbegeleiding gesing, terwyl ¿Vryheidslied¿ van Jan Celliers die pronkstuk van die aand was. Die waarderende woorde oor Emiel by die program was uit die hart van ’n dankbare volk hier in die Suide.28 MODeêST LAUWERYS (1887-1967) Modëst Lauwerys is in Antwerpen gebore. Van sy jeugjare is nie veel bekend nie. Hy het vroeg aan kerklike instellings in die voordragkuns begin lesgee en het dosent in die voordragkuns aan die Koninklijke Vlaamse Akademie geword. Daar het hy tot een van die vernaamste voordragkunstenaars in Vlaandere en Nederland ontwikkel. Vir die opkomende Afrikaanse letterkunde van die Tweede Afrikaanse Taalbeweging (1903-1925) het hy van die begin groot belangstelling gehad. Tydens die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) is hy in sy heup gewond (wat hom die res van sy lewe mank gelaat het) en vir mediese behandeling na Holland gestuur. Daar het hy met die Afrikaanse studente in Amsterdam in aanraking gekom. Met behulp van studente soos E.C. Pienaar, Lydia van Niekerk en A.D. Keet het hy die uitspraak van Afrikaans bemeester en met Geloftedagviering op 16 Desember 1916 in Amsterdam het hy Afrikaanse gedigte voorgedra. Later het Afrikaanse poësie en prosa ’n vaste deel van sy repertoire geword. Die Suid-Afrikaanse Studentevereniging ‘in Amsterdam (SASVIA) en veral A.D. Keet het hulle sterk beywer vir ’n besoek van Lauwerys aan Suid-Afrika. Die eerste konserttoer het gedurende 1919-1920 plaasgevind en later (1924-1925 en 1930-1931) het nog twee toere na Suid-Afrika gevolg.29 In ons florerende Afrikaanse Studentevereniging in Amsterdam het Fuldauer ons in die digkuns van die Tagtigers ingewy. Dit was hy wat ons vertel het van Lauwerys, destyds professor in die voordragkuns aan die Koninklike Vlaamse Konservatorium te Antwerpen, en die opgang wat hy in Holland maak nadat sy roem in Vlaandere 62

reeds wyd versprei was. Hy het ons ook aan hom voorgestel. By die kennismaking het geblyk dat Lauwerys se hart warm klop vir ons toe nog jong Afrikaanse letterkunde. Sy begeerte was dan ook om Afrikaanse prosa en poësie in sy programme op te neem. Maar hoe nou gemaak met die uitspraak en die eienaardighede van ons taal? Daar was egter genoeg vrywilligers, SOOS E.C. Pienaar en Lydia van Niekerk, wat bereid was om hom touwys te maak en sodoende het hy met geesdriftige volharding ook die Afrikaanse taal meester geraak. Dit sal my vergun word om hier iets te meld wat hom karakteriseer. Toe hy, nê maande van voorbereiding, gereken het dat sy Afrikaans na wens was, het hy my na Den Haag genooi. Hy en ek was alleen, hy slagvaardig op die podium en ek agter in die saal. Hy dra toe Groot Suid- Afrika voor en toe hy daarmee klaar was, stap hy na my toe en vra ewe beskeie maar vol spanning: ¿Hoe was dit?¿ Toe ek hom vertel hoe ek dit geniet het en dat hy die siel van die gedig pragtig vertolk het, rol daar trane van dankbaarheid oor sy wange. En toe volg, by hierdie sonderlinge premiëre, tal van ander Afrikaanse gedigte en prosa-fragmente, almal net so uitnemend voorgedra. Daarna het hy ook Afrikaanse voordragte by sy uitgebreide Hollandse en Vlaamse repertoire ingeskakel. 30 Ons studentevereniging het, onder beskerming van oudpres. F.W. Reitz en min. F.S. Malan, sy eerste rondreis in ons land georganiseer. In die kwartaalblad van die Akademie (Mei 1966) is ’n foto waarop hy nog saam met ons in 1919 verskyn het.31 Net soos die rondreis van Hullebroeck later was syne ’n ware triomftog. In 1920 het meer as 30 000 mense na hom gaan luister. Wie onthou nie nog sy meesterlike vertolkings nie van ¿Klokke Roeland’¿ van Rodenbach, sy ¿Zwaluwen¿ van Guido Gezelle en sy fragment uit ¿Piet 63

Retief¿ van Gustav Preller?32 Kenmerkend van sy styl was die beperktheid van gebare en die goed gemoduleerde woord.53 Adv. C.R. Swart meld dat hy Lauwerys in die Kaap gehoor het, en gevra het vir ’n toegif, nl. ¿Klokke Roeland’¿. Lauwerys het die klokke toe deur die saal laat weergalm!3* Later het hy nog twee rondreise deur ons land gedoen. Hy het uit die Hollandse, Vlaamse en Afrikaanse literatuur voorgedra en veral sy Afrikaanse voordragte het die bewondering van almal afgedwing. Op meesterlike wyse het hy ook ons prosa vertolk. Wat gedigte betref, was sy 64

VOORDRACHT-AVOND VAN DEN HOOGGELEERDEN HEER Prof. MODEST LAUWERIS te Antwerpen. op VRIJDAG 10 MEI 1918, ’s avonds 8 uur. 3 PROGRAMMA. a. VLAAMSCH.

  1. Dien avond en die Booze . GUIDO GEZELLE. IUAG T INOESEBUG RENÉ DE CLERCO. b. AFRIKAANSCH.
  2. Oom Gert vertef . . . . .. Louis LEIPOLDT.
  3. Die twee Boodskappers . . A. D. KEET. PAUZE. c HOLLANDSCH.
  4. Van een Meisje. . . . . .. G. H. PRIEM.
  5. De Bruid. . . . . . sss s JAN PRINS.
  6. Fragment uit het treurspel mSaul en David¿ . .. … ISR. OUERIDO. Die program van die voordragaand op 10.5.1918 in Antwerpen waarop Modëst Lauwerys onder meer Die Twee Boodskappers van A.D. Keet voorgedra het. 65

voordrag van Jan Celliers se ¿Dingaansdag¿ en ¿Waghondjies¿, en Leipoldt se ¿Oom Gert Vertel¿ ’n openbaring. So het hy ook baie ander Afrikaanse gedigte vertolk! Ons eie voordragkunstenaars Danie Smal, Stephanie Faure en ’n hele paar ander het by prof. Lauwerys in Antwerpen gaan les neem. Later het Anna Neethling-Pohl hom ook meermale besoek. Dit bewys dat hulle hom as ’n meester in sy vak erken het.35


Soos jy weet, het die SA. Akademie in later jare, nê baie oortuigingswerk en my langdurige korrespondensie met hulle en Piet Nienaber, besluit om ’n Erepenning vir Kulturele Prestasie aan Lauwerys toe te ken. Soos Hullebroeck sou hy ongelukkig nie die Halfeeufeesviering op Stellenbosch kon bywoon om dit te ontvang nie, maar die gedagte was dat ons ambassadeur in Brussel die eerbewyse by ’n latere geleentheid self aan hulle sou oorhandig. 36 Nuus is dat die Akademieraad my gevra het om die huldigingswoord oor jou te spreek by die toekenning op Stellenbosch. Dit sal natuurlik gebeur met jou in absentia, maar sal later na Brussel gestuur word om ook daar voorgelees te word by die seremonie in die ambassade. 37 Ek hoop u reël die toekenning van die Erepennings aan Lauwerys en Hullebroeck met ons ambassadeur, mnr. Jordaan, in Brussel. Hy moet asseblief ’n ¿okkasie¿ daarvan maak, d.m.v. ’n resepsie of plegtigheid, waarheen ook die Vlaamse pers en radio uitgenooi word.38 Van Lauwerys het ek ’n lang brief, vol van dankbaarheid aan jou en my. Hy skryf dat ons ambassadeur die Erepennings aan hom en Hullebroeck in September gaan oorhandig. Hy het ook ’n hele paar toonsettings van 66

Vlaamse komponiste op Afrikaanse woorde gestuur, onder meer dié van Flor Peeters. Lg. is 6 liedere vir vierstemmige kore. Aan die Kruis staan ook daarin en Peeters het op die buiteblad ’n opdrag vir my geskryf. Ek neem hulle saam na Stellenbosch.3* In sy huldigingswoord by die Halfeeufees op Stellenbosch (1959) het A.D. Keet nog die volgende oor Lauwerys gesê: Ook in die woordkuns onderskei ons tussen skeppende en herskeppende kunstenaars. Maar seldsaam is hulle wat van hul herskepping ’n skepping kan maak wat kop en skouers uitstaan bo die gemiddelde, of selfs die gevorderde. So ’n man was en is Lauwerys. En dit sonder enige grootdoenery en met ’n minimum van gebare. Met die modulasies van sy stem verrig hy wondere. Daarby het hy ’n fenomenale geheue, net soos ons Danie Smal, wat ’n leerling van hom in Antwerpen was. Ek het Lauwerys eenmaal gevra wat hy sou doen as hy sou ¿haak¿. Die antwoord was kort maar kragtig: ¿Dan skiet ek myself dood.¿ Sedert jare al, en selfs vandag nog, populariseer hy ons Afrikaanse woordkuns in Vlaandere en Holland, ook deur middel van die radio. Ons wil dus hulde bring aan hierdie voortreflike ambassadeur van ons volk. Van hom kan met reg gesê word (om ’n amendement te maak op die beroemde gesegde van Churchill): Selde het een mens soveel gedoen om ons Afrikaanse taal ingang te laat vind by so baie! Die huldewoord aan jou het goed afgeloop op Stellenbosch, en die geraamde foto’s van jou en Emiel het op die tentoonstelling gepryk. Dr. E.G. Jansen, die goewerneur- generaal, en baie ander bekendes soos D.F. Malherbe, S.P.E. Boshoff, $.H. Pellissier, D.B. Bosman e.a. het die luisterryke fees bygewoon. Ek het ’n kansie gehad om dr. Jansen in die teepouse te gaan groet. Hy onthou nog goed hoe ek twee tot drie dae by hom in Rotterdam gebly het toe hy daar siek gelê het as lid van die Vry- 67

heidsdeputasie in 1919. Helaas het my verblyf op Stellenbosch op ’n treurige noot geëindig deur die heengaan van my suster Rose.40 Die Belgiese konsul-generaal, dr. Boelaerts, het op Stellenbosch vurig en welsprekend namens Lauwerys en Hullebroeck bedank vir die huldewoorde.*1 Van die sekretaris van die Akademie het ek verneem dat ons minister van buitelandse sake, Eric Louw, self die Erepennings aan Hullebroeck en Lauwerys in Brussel gaan oorhandig op 2 September. Toe hy daarvan te hore kom, het hy gevra om dit self te doen! Die Vlaamse pers, radio en beeldradio, asook ’n Belgiese minister, sal by die plegtigheid teenwoordig wees. Dit belowe dus om ’n hele gebeurtenis te word.42


Die plegtigheid in Brussel was ’n baie groot sukses. Lauwerys het my van die eerste persverslae gestuur. Min. Louw het in Afrikaans gepraat en die twee bekroondes het in Afrikaans geantwoord. Daar was ongeveer 250 genooides ¿ ministers, senatore, kunstenaars, musici, ens. Later die middag is hulle deur ons ambassadeur getrakteer. Op die aand van 3 September is alles oor die televisie vertoon.43 Volgens Lauwerys was die keur van Vlaandere aanwesig, en kon die Vlaminge elke woord goed verstaan.44 Toe hy en sy vrou die aand tuiskom, het hulle van pure dankbaarheid trane gestort!45 Volgens P.]. Nienaber is min. Eric Louw diep getref deur die publisiteit wat sy toespraak in Brussel in die hele Europese pers gekry het. Minstens 26 koerante het berigte daaroor geplaas. Hy het aan die Akademieraad geskryf dat hy (min. Louw) na aanleiding van die Erepennings meer publisiteit gekry het as vir 41 sy politieke toesprake. Sy oë het nou oopgegaan: Europa moet d.m.v. ons letterkunde en ons kultuur bearbei word. Met hierdie 68

daad het Suid-Afrika homself meer eer aangedoen as aan die twee Vlamingel46 As voorbeeld kan genoem word dat een van die koerante, De Standaard, van Brussel, op 3 September 1959 oor die seremonie onder meer skryf:47 Het was een hoogdag voor de kulturele gemeenschap van Vlaanderen. In de ambtswoning van de ambassadeur van de Unie van Zuid- Afrika was alles verenigd wat in het Vlaamse land een rol in het kultuurleven speelt, ministers van state, rektoren, burgemeesters, prokureurs .. . niemand van betekenis was uitgesloten .. . In een pittig Afrikaans dat voor alle aanwezigen zeer goed te volgen was, had de geestige spreker Z. Exc. Eric H. Louw het onder meer over de steun die zijn land in zijn ontvoogdingsstryd van uit Nederland en Vlaanderen had mogen ondervinden. Hij voegde eraan toe, dat het jonge Afrikaans er prat op gaat ook alle nieuwe dingen met eigen woorden van Nederlandse stam te betitelen: een lift is een hyser, een tunnel een duikweg, boksen is ¿vuistvechten¿ en een pin-up girl een prikkelpop! Na deze fel toegejuichte, geestige rede en nadat de gehuldigden onder langdurig applaus uit de handen van de minister de Erepenningen hadden ontvangen, dankten de feestelingen, eveneens in het Afrikaans, en zij deden het allebei in een schitterende improvizatie, die algemene bewondering wekte. Zelden heerste er zulk een voorname sfeer van Vlaamse gezelligheid en vriendschap in de hoofdstad. De Z.Afr. Akademie voor Wetenschap en Kunst en de gezagdragers van de Unie van Z.Afr. verdienen de dank en de bewondering van alle Vlamingen voor dit gelukkig initiatief, dat heel ons volk eert en dat er nog toe zal bijdragen om de banden te verstevigen, die onze beide volkeren verbinden. 69

Modëst Lauwerys het min. Eric Louw n4 die toekenning soos volg bedank:4ë Eksellensie, met bewoë aandoening het ek na u vriendelike woorde geluister en partymaal my in die arm geknyp, vir te realiseer wat u, wat die Suid-Afrikaanse Akademie en wat dr. Keet oor my dink en gesê het. EkK dank u vir die waardering en geneentheid, vir die grote eer wat u ons bewys en aandoen. Ek dank Sy Eksellensie die Ambassadeur en mev. Jordaan vir die gasvryheid en geleentheid wat u verleen, om hier onse erkentelikheid uit te druk aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, vir die Erepennings wat hy aan my vriend Hullebroeck en aan my toegeken het. Ek ag my gelukkig, in aanwesigheid van soveel hoë gesagdraers van Nederland, van België en Suid-Afrika, in bysyn van so baie verteenwoordigers van onse kultuurverenigings uit Vlaanderen en Nederland, die hoë onderskeiding uit u hande te mag aanvaar. Hoewel ek my bewus voel dat ek niks anders gedoen het nie, as toe te geef aan die verlange om kennis te maak met die Suid-Afrikaanse letterkunde, die beste en skoonste te waardeer en die liefde en bewondering aan ander deelagtig te maak in die lande van ons eie taalgemeenskap, naamlik in Holland, in Vlaandere, in Frans-Vlaandere en in Suid-Afrika. Dié letterkunde, waaroor onlangs nog in die Koninklike Akademie vir Nederlandse Letterkunde, prof. Pauwels en dr. Louw met so baie geesdrif en oortuiging ’n helder insig en oorsig gegee het. Besonder dan van die outeurs dié ek van so naby geken en baie van hulle my gashere gewees het en andere onse gaste in Vlaandere. ’n Jan Celliers, ’n Totius, wat albei erelid van die Koninklike Vlaamse Akademie was, ’n Leipoldt, Malherbe, Fagan, Wassenaar, A.D. Keet, ’n Sangiro, wyle C.M. van den Heever (wat so lank by ons in Deurne, Antwerpen, gewoon en gewerk het), ’n Uys Krige, Elisabeth Eybers, ’n Opperman, W.E.G. Louw ¿ ja, daar is nog Louws in Suid-Afrika. En wat dink u van die maanhaarlouw wat skuil in die letterkunde van Van Wyk Louw? Eksellensie, ek sal dit tog nie met myselwers eens wees as ek nie eerbiedig hulde bring aan die klompie Suid-Afrikaanse 70

studente wat ek 43 jaar gelede aan die Universiteit van Amsterdam leer ken het nie en hulle wat my leermeesters en promotors was: dr. Fuldauer, prof. E.C. Pienaar, dr. Pretorius en veral dr. A.D. Keet, wat toe voorsitter van die Suid- Afrikaanse Studentevereniging in Amsterdam was. Wat hulle, en A.D. Keet in die besonder, toe gewerk, gewoel en gebaklei het, dwing alle eerbied af. Dit was in die tyd toe die Suid- Afrikaans nog ’n kombuistaal genoem werd en Scharten-Antink gesê het dat die Afrikaans hom in sy ore klink as klanke van ’n gebarste viool. Toe is die rebellie gekom, ook in Amsterdam. Eksellensie, ons het maar dieselfde geken. Ook onse taal is ’n jargon vaseux genoem en ons Nederlands is nie geskik geag vir hoëre aangeleënhede van die gees nie. Kom, ons verlaat die pad. Eksellensie, ons het nie genoeg vuurhoutjies om vanaand te trek soos 45 OOO Afrikaners op 30 Mei gedoen het by die groot taalfees by die Voortrekkermonument te Pretoria nie. Maar ons het hier ’n skemerkelkie waarin die gloed van die Afrikaanse son straal en ek stel voor om die kelkie te hef vir die gesondheid van U Eksellensie, vir u suksesvolle reis in Europa en op die beloftevolle toekoms van Suid-Afrika.


Senekal Prot. P.]. Nienaber 2 Feb.1961 Johannesburg Amice Hiermee verskeie persberigte, vanoggend van Lauwerys ontvang, oor die opvoering van De Honden in Vlaandere. Die Vaderland van 30 laaslede met die artikel “¿Belge maak sterk beswaar teen De Honden¿, het ek aan hom gestuur, in opvolging van ’n brief van my waarin ek hom vertel het dat jy besig is om iets op te stel vir Die Vader- 71

land, danksy die gegewens wat hy my gestuur het. Na aanleiding van De Standaard se vraag waarom ons ambassade in Brussel geen protes teen die opvoering aangeteken het nie: Lauwerys het aan my geskryf dat mnr. Jordaan (tans gesant in Parys) se beswaar was dit dit inmenging in die huishoudelike sake van ’n bevriende volk sou wees. Ek weet dit is min. Louw se houding in dergelike sake. Soos jy in Lauwerys se brief aan my sien, vind hy dit vreemd dat ons pers geen uitwisselingsakkoord met Vlaamse koerante het nie. Nader tog asb. Die Vaderland en Die Transvaler om ’n ruilhandel met goedgesinde koerante daar te reël. Ek dink veral aan Laatste Nieuws, De Gazet van Antwerpen en De Standaard van Brussel. Met vriendelike groete AD.K. | Antwerpen My allerbeste ou broer A.D. 30 Jan. 1961 Ek is al laat. Dog ek was moeg: moeg van baklei, van vergaderinge, besprekinge en besoeke om die mense van die Hondensiekte te genees. Donderdag jongslede het ons nog ’n ¿voorligtingsaand¿ gegee. Baie belangstelling. Van die begin het jongmense probeer om die saal om te gooi (Kommuniste?). Ek weet nie. Maar ek het opgespring en gesê hulle moet eers die spreker aanhoor en dan kry hulle ruim tyd vir hulle klagte of manifeste! (Sien De Standaard van 29 Jan. hierby ingesluit.) Die slot was dat ons die Honde gemuilband het! Die skouburg het weinig besoekers gekry. Wat gaan dit tog swaar om vir ons, selwers goedgesinde Vlaminge, ja nasionaliste, te oortuig. Sy dié nooit S.Afr. besoek het nie, S.A. nie ken nie! Die Engelse blaaie wat hier in die land kom, gaan voort. Die ¿Republiek¿ steek as ’n doring in hulle vlees! Ja-nee, hulle sal nie ophou nie, nooit nie! Het jy, ou vriend, ooit geweet dat Die Honde in die twee- 72

maandelikse tydskrif Podium 58 verskyn het? Jaargang 159/ 6O0, no.5. Die redaksie-adres in Suid-Afrika is dié van Jan Rabie. Hy het seker die tydskrif gekryl Podium word in Holland in Amsterdam uitgegee (Posbus 1558) onder redaksie van Gerrit Bongers, Gerrit Kouwenaar, Jan Rabie en Jan Walraven (vir Vlaandere). Die Honde het geblaf ¿ die karavaan gaan verbyl Oor enkele dae praat hulle nie meer daaroor nie. Maar ons het geleentheid gekry om die aandag op SA. te vestig. Op die probleme, en ons hoop ook op ’n gesonder, mildere oordeel! Vir sover ek weet, is geen enkele Vlaamse blad op ’n S.Afr. blad geaboneerd of uitgewissel nie. Hulle neem sommer al die waarheid (!!) uit Engelse blaaie. Alleen die Laatste Nieuws met 300 OOO afdrukke per dag is die S.A. regering goedgesind. Nou tap ek uit ’n ander vaatjie: ek het Die Du Plooys van Soetmelksvlei in boekvorm ontvang. Baie, baie dankie. Nou gaan ek dit rustig lees. Dankie ook vir die uitknipsels, waarvan enkele na die Gazet van Antwerpen gestuur is. ' Alles van die beste van ons en ’n stewige handdruk van jou ou maat Modèst Senekal Modéste Meo ’ 10 Des. 1962 Baie dankie vir jou brief van 4 deser wat ek mirabile dictu pas vanoggend ontvang het ¿ d.w.s. ’n paar dae na die pragtige bundel van Veulemans, wat jy terselfdertyd gepos het. Ek sit met ’n hele boel dringende korrespondensie om af te handel, dus voorlopig vanaand net ’n kort briefie. Seer seker sal ek Veulemans vir sy mooi geskenk bedank en my plan is om aan hom ook ’n paar boekies te pos. Intussen is op weg na jou ’n paar Huisgenote, `n nommer van die Tydskrif vir Letterkunde (artikel oor Karel van de Woestyne, ens.), verder tal van uitknipsels. Twee pakke koerante van jou het hier ook veilig aangeland. 73

Die afronding van die bandopname met ’n stuk of 8 kort gedigte van my is sowat ’n week gelede Kaap toe gestuur. Op versoek van die H.A.U.M. moes ek met Amsterdam begin. Hulle het reeds ’n stuk of elf plate van $krywers aan die Woord gemaak. Jy sal een ontvang sodra dit op die mark kom, hoor! Met die basstem van ’n nie-voordragkunstenaar wat nie so begaaf soos jy is nie! Hier het ’n versoek gekom van een van julle komponiste, M.J. de Meutter, om sy toonsetting van Maar Een Suid-Afrika te publiseer. Ken jy hom en is hy daar bekend? Die hartlikste groete van hierdie hoekie af. Van jou ou vriend AD. Senekal Modéste, mi amicissimel 20 Des. 1962 Ek word vanaand hier waar ek by die lessenaar sit, met OOp vensters weens die warmte, verpes deur vlieë, muggies en muskiete. Die vlieëslaner moet maar kort-kort gebruik word vir moorddadige aanvalle op die parasiete. Ofskoon my vrou se nooiensvan Van der Merwe is, is myne nie! Tog merkwaardig, nie waar nie, dat ek destyds in Amsterdam reeds met die Van der Merwes deurmekaar was… Senekal Kameraad 24 Des. 1963 Net ’n flitsbrief om te sê dat ons op Saterdag 28 deser aan jou, troue Vlaamse vriend en vaderlander, sal dink met die heuglike herdenking van jou geboortedag, en ’n glasie op jou gesondheid sal ledig! So jammer dat jy nie jou 74

verjaardag op Senekal sal kan kom vier nie! Speel dus maar die plaat Liefste Suid-Afrika en wees in gedagte by ons. AD.K. Né ’n besoek aan Vlaandere het prof. P.]. Nienaber in Sep.-Okt. 1963 ’n opname op band deur Lauwerys saamgebring. Dit was ’n geskenk vir my 75ste verjaarsdag. Daar was op ¿Brand, Fakkel, Brand”¿ van pres. Swart, asook sy vertolkings van ¿Klokke Roeland"¿ van Rodenbach en Groot Suid-Afrika. Dit is later oor die radio uitgesaai met ’n inleiding deur Anna Neethling-Pohl.4? 75

Senekal 24 Jan. 1964 Ile Modéste, Vlaamse patriot en kameraad! Aan jou, heil! En aan jou duisend verskonings vir die lang stilswye uit die Suidelike Halfrond van Afrika. Ek skaam my daaroor dat jou jongste twee briewe nog nie beantwoord is nie. Peccavil Maar om te verstaan is om te vergewe. By ons terugkoms van Jeffreysbaai het hier ’n hele stapel briewe gelê wat aandag moes kry. En ¿daar is nog werk, daar wag nog arbeid¿ in verband daarmeel! Baie dankie vir die diverse toesendings, naamlik drie nommers van De Post en koerante. Die Kersnommer is werklik fraai en Demedts se onderhoud met Antonissen is interessant. Aanvegbaar egter is Antonissen se bewering dat julle geen moderne poësie het wat in skoonheid met dié van Van Wyk Louw en Opperman vergelykbaar is nie! Ek het die artikel en ¿Taaltuine¿ aan P.]. Nienaber gepos. Wat is ek bly dat jy hou van die plaat Liefste Suid- Afrika. Mag jy nog veel genot daaruit kry. Ons was toe op die heenreis na die see by die plaas van pres. C.R. Swart aan en het seker byna ’n uur met hom en sy gade gesels. Jou voorlaaste briewe het hy met genoeë gelees. Ons het ’n uitmodiging om hulle in die Kaap te besoek, wanneer ons afgaan vir die opehartoperasie van ons dogter Rosa (nou 18 jaar oud), op 20 Februarie. Sy en vroulief Rina vertrek reeds op 30 deser daarheen, want daar moet nog hartkateterisasie en ander ondersoeke plaasvind. Nodeloos om te sê, hierdie gebeure beheers nou alles in ons huis. Ek sal ’n paar dae voor die operasie Kaap toe gaan. Ons jongste dogter, Carina, is nog hier op skool en Ellen is besig met haar musiekstudie. Boetie en Cobie en hulle gesinne was ook op Jeffreysbaai. Lowna (sy is kinderarts) en Kie. het hulle vakansie naby Mosselbaai geniet. 76

Van die redaksie van De Telegraaf ook twee briewe. Het hulle noodgedwonge ook afgeskeep in die laaste tyd. De Telegraaf het nou die grootste sirkulasie in Nederland, 878 000 intekenare. Goed so! Het Wout Wellinck toe die eksemplaar van Britannia Waives the Rules ontvang? Later meer, ou vriend. Wees sterk tt. A.D.


Prof. Lauwerys is op 11 Maart plotseling oorlede. Sy kinders het aan my 'n telegram gestuur en ek was diep ontroer oor die tyding, te meer daar ek juis op dieselfde dag 'n brief aan hom gepos het. Sy dood laat 'n groot leemte in my lewe. In sy laaste brief aan my het hy ook geskryf dat hy van ons staatspresident (C.R. Swart) 'n brief in sy eie handskrif ontvang het. Hulle was ou vriende. Prof. P.]. Nienaber het verlede Sondag baie mooi hulde aan hom oor die radio gebring.¿% Ons het in Lauwerys 'n groot vriend van Suid-Afrika verloor, want hy was al die jare feitlik een van ons.¿1 VERWYSINGS: HOOFSTUK 3 1 Keet, A.D.: Huldigingswoord by eerbetoon aan Modéêst Lauwerys, SAAWK-Halfeeufees, Stellenbosch, 1959. Brief aan A.D.K. II, 8.9.1969. s ¿ M. Lauwerys, 19.9.1965. Kramer, W., en Van der Laan, N.: Dietsche Lusthof, Nijeh en Van Ditmar-Uitg., Rotterdam, 1927. Gijsen, M: Vlaamsche Lyriek, J.L. van Schaik, Pretoria, 1944. Keet, A.D., in Jonger Skrywers oor Eie Werk. Brief aan Nasionale Boekhandel, 12.8.1959. Hullebroeck, E.L. Zang en Strijd. Uitg. P.Vink, Antwerpen, 1952. Hullebroeck, E.L.: curriculum vitae. 8 Briefaan Jan Bouws, 14.9.1965. 9 ' ¿ P.J. Nienaber, 6.4.1965. D OoOND - O OI 77

10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 AA 45 46 AT 48 49 50 51 78 Brlef aan P.J. Nienaber 31.3.1960. ¿. Loon van der Poll, Den Haag, 8.4.1965. ¿ ¿ AD.K. , 4.4.1962. ¿. ¿ Jan Bouws, 11.4.1965. ¿ ¿ B.Kok,30.11.1953. Dieselfde as 9. Brief aan A.D.K. II, 11.4.1956. " ¿. Loon van der Poll, Den Haag, 19.10.1949. " ¿ AD.K. II, 8.8.1956. ¿ ¿ ¿ ¿ 28.6.1959. " ¿. P.J. Nienaber, 11.9.1959. ¿ ¿. Loon van der Poll, Den Haag, 23.6.1959. " ¿ Emiel Hullebroeck, Brussel, 15.6.1959. " ¿. Jan Bouws, 25.3.1961. i ¿ Modeëst Lauwerys, 14.5.1965. ¿ ¿ AD.K. , 18.11.1961. i " ¿ ¿ 114.1965. Dieselfde as 25. ¿M. Lauwerys¿, SA Biografiese Woordeboek, Deel II!, 1977, bll. 513-514. Dieselfde as 1. Brief aan Anna Neethling-Pohl, 16.2.1966. Dieselfde as 1. Dieselfde as 29. Brief aan P.J. Nienaber, 2.10.1959. " ¿. Die Vaderland, ¿Op die Wakis¿, 19.6.1955. ¿ ¿ A.D.K. IN 14.7.1959. ¿ ¿ Modèst Lauwerys, 15.6.1959. y ¿ sekretaris, SAAWK, 11.6.1959. " ¿ P.J. Nienaber, 15.6.1959. " ¿ Modêëst Lauwerys, 5.8.1959. ¿ ¿ P.J. Nienaber, 27.8.1959. ¿ ¿ A.D.K. I 19.8.1959. ¿ ¿ M.P.O. Burgers, 8.9.1959. d ¿ mev.E.C. Pienaar, 9.9.1959. g ¿. A.D.K. II 13.9.1959. ¿ Ë ¿ ¿ 1810.1959. s v ¿ ¿ A411.1959. M. Lauwerys: Uittreksel uit dankwoord aan A.D.K. gestuur. Brief aan M. van Lille, SAUK, 29.3.1967. Die bandopname is by die NALN. Brief aan Rosa Keet, 21.3.1967. ¿ ¿ G.D. Scholtz, 17.4.196T7. 78