11. Oor Kritiek en Ander Digters

11. Oor Kritiek en Ander Digters #

l Oor Kritiek en Ander Digters As jy miskien met ’n tweede druk van jou Bronnegids Deel | kom, sal ek jou heelwat meer kritieke op my werk gee. Daar is bv. dié van Ouerido destyds in die Algemeen Handelsblad (Amsterdam) oor my bundel, en dié van Kleinjan van Bruggen in Die Huisgenoot oor die Verspotte Gediggies. Die ou Brandwag het talle gediggies gratis van my gekry, en toe kom Eugéne Marais met omtrent die swakste kritiek op die bundel wat ek nog ooit gekry het, in die einste ou Brandwag. Ek het dit nog in ’n plakboek, waarin soet langs suur staan.? Nou ja, die ou garde van Afrikaanse digters is mos nie universeel genoeg nie, en die “vaderlandse” gedigte is van mindere allooi. M.i. is daar genoeg gedigte van algemeen menslike belang by die ouer digters, as die jonges maar net sal soek.? Hartlik dank vir die toesending van prof. Grové se monografie oor jou uitgebreide oeuvre op literêre gebied. Ek pos aan jou nog enkele resensies uit koerante hier in die Noorde oor ander skrywers, bv. dié van A.v.Z in Die Volksblad oor Stiebeuel 2 (D.J]. Opperman en F.]. le Rouz, Nasionale Boekhandel, 1965). Daarin word o.a. beweer dat die gedig “Aandstemming” van Johanna du Plessis herinner aan een van Van Wyk Louw se verse in Tristia (1962). Maar “Aandstemming” het reeds in 1955 in Standpunte verskyn. Word die kar nie hier voor die perde gespan nie? 136

Gisteraand lees ek toevallig in Uys Krige se mooi boekie Vir die Luit en die Kitaar (Perskor, 1950) die opstel oor die Arabiese digter Abu’l-Ala (974-1085). Uys sê dat party van die kwatryne ons sterk herinner aan Eugéne Marais se Skoppensboer. Maar is dit nie weer ’n geval waar die kar voor die perde gespan is nie? Dit moet tog andersom wees. Abw1-Ala het lank voor Marais gekom, en dus herinner Skoppensboer ons aan hom. Nou ja, volgens Krige is dit heel waarskynlik dat ons ou vriend Omar Khayyam aan die voete van Abu’l-Ala gaan sit het, want hy was veel jonger, en die meeste digters uit Persië en Indië het destyds gaan inspirasie soek en kennis opdoen by die Arabiese grootmeester. En hy, op sy beurt, het miskien by die Prediker gelees dat daar niks nuuts op die aarde is nie!l4 In Jonger Skrywers oor Eie Werk wys prof. Haarhoff daarop watter flaters sommige kritici kan begaan.? Ek vermy dit om ander Afrikaanse digters in die openbaar, deur gesproke woord of skriftelik, te kritiseer. Voel my nie bevoegd daartoe nie. In persoonlike briewe word daar natuurlik soms kritiese opmerkings gemaak.e M.i. is dit noodlottig as een digter die ander kritiseer. Dit lyk of die digterlike mensdom nooit sal leer nie.7 Dit sou veel beter wees om, soos in sommige Wes-Europese lande, die kritiek oor te laat aan professionele kritici, d.w.s. kundige “buitestaande” literatore wat self nie digters is nie.8


E.C. Pienaar se artikel oor Jan Celliers in een van die jongste nommers van Die Huisgenoot het ek geniet. Dit was tyd dat die jonger geslag daarop gewys word om bietjie meer piëteit te toon teenoor die ou garde en hulle onverganklike produkte! In Jonger $Skrywers het ek hulde 137

gebring aan figure soos Jan Celliers, Totius en Leipoldt.” Die ou baanbrekers het geweet wat poësie is! Ek wil jou opmerksaam maak op D.]. Opperman se stelling in gister se Volksblad dat Leipoldt vandag algemeen aanvaar word as ons grootste digter (nadat Albert Verwey dit al jare gelede in die maandblad De Beweging van Augustus 1914 beweer het). ’n Mens moet dit cum grano salis opeet. Ek verkies Jan Celliers en Totius as woordkunstenaars, en ofskoon daar baie waardering vir Leipoldt ook is, sal ander met my saamstem. Hy kan immers deur elke redelike wese verstaan en geniet word. Gesproke van Albert Verwey — ek onthou nog goed toe sy artikel oor Leipoldt verskyn het. Ons ou vriend die skilder Eduard Karsen het Verwey goed geken en het my destyds vertel dat Leipoldt hom in Holland besoek het.10 In baie van ons heel jongste digters mis ’n mens dikwels die treffende, die spontane.11 Ek kan baie van hulle pogings nie verstaan nie, en nog minder geniet.2 Die gedig “Sprokie van die Spikkelkoei” verstaan ek byvoorbeeld nie, veral die laaste reël. Waarop slaan “teen die stippels wat pik”?13 Die paar nommers van Helikon wat u aan my gestuur het, het ek geniet. Dit is hoog tyd dat die ophemelaars van sekere skrywers tereggewys word. In die sg. duistere poësie word m.i. ’n sekere magteloosheid gewaar. Baie dae wens ek dat Langenhoven nog lewe. Hy sou hulle goed gestriem en gekasty het!14 Het jy in die Byvoegsel van Die Burger van 18 November 1982 die satire “Die Hoëre Kritiek” gelees? Die skrywer, Philippus Snobler, het my laat skaterlag. Dit gaan oor Lodewicus L. Langhaar se jongste bundel gedigte, Lig in die Duister, en Flip sê hy is onteenseglik ons “digste digter”. Hierop volg my: 138

Nagereggie Hoe digter dat ’n digter is Hoe groter hy as digter. En poësie vol duisternis Maak alles vir ons ligter! Wees gegroet! Die mêrelig kom uit die duister!1?

    • 3 * * Van die ander Afrikaanse digters sal ek altyd met die grootste waardering en ontsag bejeën. Nie alle name kan genoem word nie. “Slaap” van D.F. Malherbe is een van die treffendste gedigte in ons taal. Toe hy jare gelede een aand hier op Senekal opgetree het, moes ek hom aan die gehoor voorstel en het toe gesê “Slaap” sal leef solank die Afrikaanse taal bestaan.16 Dieselfde kan gesê word van groot dele van die werk van Elisabeth Eybers, W.E.G. Louw se gedigte oor die Kruisiging (en ander), baie van Dirk Opperman en dan natuurlik Van Wyk Louw.17 Ou maat in die verre Vlaandere, verlede Sondagaand het Anna Neethling-Pohl, Jan Schutte en nog ander die hele “Raka” van Van Wyk Louw oor die radio voorgedra. Ek hoop jy het dit al gelees, want dis ’n meesterstuk.1ë In my toespraak by die Humansdorpse taalfees op 1 Mei 1959 het ek sy gedigte “Nog eenmaal wil ek in die skemeraand” en “Die Beiteltjie” aangehaal. Dit was n.a.v. ’n teks in die dae toe Filosofie nog my hoofvak was aan die Kaapse Universiteit: “There is a sense in which the waves caused by a stone thrown into a pond, affect all time and all existence.” Dit het my so getref toe ek van die klippie in die dorpsdam gelees het! En sou hy gedink het aan die splitsing van die atoom, met loslating van verborge krag- 139

te, toe hy “Die Beiteltjie” geskyf het?1? Ek het vanaand ingeluister na Asterion — woorde van Van Wyk Louw en musiek van die Nederlander Henk Badings. Maar dit is so ’n bietjie bokant my vuurmaakplek.20 ’n Paar weke gelede het ek ’n besoek gehad van Opperman, wat ’n draai gery het om te kom kennismaak. Ek was aangenaam verras met sy geselskap. Hy is gaaf en beskeie in die omgang (wat sowat ’n uur geduur het). Blykbaar het hy Jonger Skrywers grondig deurgelees en uitgevra oor dinge in my bydrae. Ook het hy gesê dat ons meer piëteit teenoor die ouer digters moet toon! Hy wou ook graag ’n In Memoriam-boek hê vir homself en een vir my alma mater die Kaapse Universiteit.21 Wat my teen die bors stuit in die werke van sommige van ons jonger digters en prosaskrywers is die onkiese en onkuise taal wat hulle gebruik. Nee, dan maar liewer ons ou taal-aristokrate in die persone van Celliers, Totius, Leipoldt en Malherbe. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle inspirasie gesoek het by buitelandse digters soos Shelley, Guido Gezelle, ens. Dis presies wat die sg. Sestigers nou doen: Parys is hulle bron van inspirasie en navolging.22 Ek sal maar op my ou ramkietjie bly tokkel, en my nie laat afskrik deur die geleerde kritici nie.23 VERWYSINGS: HOOFSTUK 11 1 Brief aan P.J. Nienaber, 23.11.1953. Die plakboek is by NALN, Bloemfontein. 2 Brief aan P.J. Nienaber, 10.10.1954. 3 “. “ DJ.Opperman, 5.10.1965. 4 m * m j 3.10.1956. 5 “. “ Rud P. Visser, 26.9.1951. 140

Brief aan Willem Brandt, Bussum, Holland, 13.3.1970. Keet, A.D., in Jonger Skrywers oor Eie Werk. Brief aan A.D.K. II 8.3.1963. “. “ PJ. Nienaber, 10.5.1949. a N A. “ 21.11.1952. M ES “ 27.10.1948. Dieselfde as 5. Brief aan P.J. Nienaber, 18.3.1956. “. “ S.lIgn. Mocke, 20.9.1953. “. “ PJ.Nienaber, 20.11.1952. “ “ AD.K. I, 10.4.1962. Dieselfde as 5. Brlef aan M. Lauwerys, Antwerpen, België, 13.8.1934. “. Anna Neethling-Pohl, 28.6.1958. “ “ AD.K. , 114.1958. “. “ PJ.Nienaber, 21.2.1953. “ “ AM.van Schoor, 3.6.1964. “ “ P.J.Nienaber, 11.10.1953. 141