10. Wat is Digkuns? #
10 Wat Is Digkuns? D aar is al in alle tale honderde definisies gegee van poësie, maar nie een is alomvattend nie. Dit is net so ’n misterie as die lewe self. Coleridge, byvoorbeeld, definieer poësie met “the best words, in the best order”. Nou is die “materiaal” waarmee die digter werk, woorde — bestaande, doodgewone woorde wat hy net anders inspan en rangskik. $o sou ’n mens dan kan sê dat poësie die mooiste rangskikking is, gebonde aan ritme, maat en desnoods ook rym, van ’n volk se woordeskat? Die vraag kom egter dadelik op: wat is die beste of die mooiste rangorde? En wie kan dit beoordeel, gesien die verskil in smaak by die mensdom?1 Emiel Hullebroeck het gesê: “Men vergete nooit … In het begin was het ritme. Wat nu gezegd van de gedichten die mens ons als moderne poëzie voorschotelt, en waarin zo goed als alle ritme ontbreekt? René de Clerca was een meester in het ritmeren van zijn versjes!”2 Ritme beheers alles en almal — dit is die digter se baas, en nie sy kneg nie.3 Maar die grondstof waarmee die digter werk, is nie net blote woorde nie. Hy het ook nodig gevoel, verstand, verbeelding en boweal inspirasie — inspirasie of intuisie wat vir hom sê: “Sé moet jy jou woorde rangskik en nie anders nie.” Die eis is sag maar onverbiddelik. Die beloning is dat hy wat bedeeld is met hoëre sintuie hom voel soos ’n bevoorregte, ’n begenadigde, wat ’n roe- 130
ping het om te vervul. By dit alles kom dat die digter nie alleen die skoonheid van die lewe en die natuur moet bewonder nie, maar hom ook daaroor moet verwonder. Wat Kloos in sy inleiding tot Jacgues Perk se gedigte noem “de gave der verwondering” moet ook, volgens ’n ou Griekse wysgeer, ’n eienskap wees van die filosoof. In soverre reik poësie en wysbegeerte dus mekaar die hand. Luister na “The Sovereign Poet” van William Watson (wat as Pro-Boer in ons Driejarige Oorlog ook ’n pragtige sonnet geskrywe het oor ons stryd teen sy imperalistiese landgenote): “He sits above the clang and dust of Time / With the world’s secret trembling on his lip / He asks not CcOnNverse nor companionship / In the cold starllght where thou canst not climb ” En luister na die musikale gedig van O’Shaughnessy: “We are the music-makers / And we are the dreamers of dreams / Wandering by lone sea-breakers / And sitting by desolate streams ”4 Oordryf die digter, of nog erger, lieg hy? Daar word gesê dat Heine in een van sy liefdesgedigte, “Dichter sind Liigner’, reeds die vraag onder die aandag gebring het.” Die volgende het my getref in ’n resensie van twee lywige biografieë van John Keats in die tydskrif Time: “Poetry is an art of masterpieces; a life’s work of competent versifying has not the staying power of a single poem that lodges in the race’s memory. Keats wrote four or five such poems, which possess that special magic without which a poem is merely verse. Alfhough current poetic taste leans to the sinewy complexities of Donne and Eliot and Auden, Keats probably draws and has drawn more young readers to poetry than any other writer except Shakespeare.”6 131
Die boekresensie “Aurea Mediocritas” in De Standaard van 19 Aug. 1962 sal vir jou van belang wees. Wat geresenseer word, is: Poetisch Panorama: Bloemlezing, met Inleiding, uit de Dichtkunst van de Zuidelyke Nederlanden 1830-1890, deur A. Westerlinck. Veel in hierdie inleiding is m.i. aanvegbaar, bv. om ’n “metaphysische dimensie” te eis vir alle ware poësie. En wat om nou te sê van ’n sin soos: “Lyrisch scheppen is voor het innerlyk mysterie van de ziel vorm zoeken in het mysterie van de taal.” Nou ja, elke geslag digters is maar kinders van hulle tyd. Origens — tussen jou en my — is hierdie inleiding in één lyn met die verwaande houding van ’n groep digters hier by ons oor hulle voorgangers. Verbum sapienti sat7ls Onlangs was daar in ’n boekresensie in Time die volgende opmerking: “Much of modern poetry is devoid.of music, magic and meaning.” Nogal raak gesê.*D.F. Malherbe sê die jonger geslag digters sing nie, hulle praat!10 Baie dankie vir die mooi fotoartikel van Jan Veulemans in De Linie. Hy is doodreg: baie verse word gepubliseer, en min poësie.11 3 * * * * In De Standaard van Brussel het ek ’n gloeiende waardering gelees van die digwerk van Robert Frost. Sedert jare al geniet ek sy gedigte. Time van 8 Feb. laaslede het ook ’n lang artikel oor hom. Ek haal aan: “Asked his Oopinion oi free verse, he said: | would as soon play tennis without a net!”12 Simeon Stylites het in Christian Century oor moderne digkuns geskryf: “| am thankful that | do not have to read the poetry of E.E. Cummings or Ezra Pound or any other poets who use a private form of differential calculus to express themselves. | know that it is an accepted axiom in highbrow circles that a poem should not mean, but be. But | do not like what a lot of them be.”13 132
Ek weet nie of julle in die Cape Argus die stuk gelees het oor die onderhoud wat dame Smith en sir Osbert Sitwell (hulle is broer en suster) aan joernaliste in Washington gegee het nie. Dit is nou hulle mening en het gegaan oor hulle eietydse, (1985) “moderne” poësie. Van Christopher Fry het sy gesê: “His verse is awful. Is phony. Just reading it makes me very ill. It’s like very bad cake made with cheap materials and garnished with angelica cherries and cream. Imagine saying that a hawk is like the eyelashes of the wind. He can’t ever have seen a hawk.” Van die young poets sê sy: “It’s perfectly hopeless. Indeed, it’s terrifying. They are all friends of one another, hopelessly conceited, and go around praising each other.” Tout comme chez nous?i4 Maar miskien is dit hier by ons darem nie so erg nie.‘5 In een van die Standaarde wat Lauwerys onlangs gestuur het, was daar ’n resensie van The Cheguered Shade: Retflections on Obscurity in Poetry deur John Press. Jy kan dit gerus kry. Dié boek is ’n geleerde betoog ten gunste van onverstaanbare poësie — hy noem dit ook “crossword poetry”. Dit is besonder goed gedokumenteer, van die tyd van Chaucer af. Die skrywer noem kapittel en vers en beheers die Engelse taal baie goed. Wat hy sê van “Crossing the Bar” sal prof. D.F. Malherbe ook interesseer; hy het hierdie gedig vertaal in Afrikaans.1é In Time van 9 Maart 1962 is daar ’n lang bespreking: Poetry in English 1945-1962. Die skrywer beweer daarin dat die moeilike, onverstaanbare poësie uitgedien is by die publiek — die eenvoudige, natuurlike vers maak meer opgang. Hy skryf o.a.: “Poetry became a world unto itself, a selfsealing vacuum in which poets engaged in a conspiracy of mutual approval, safe from the embarrassing guestions of the bewildered public, safe from what poet Stefan George called ’the indignity of being understood’.”17 133
Onlangs het ek ingeluister na prof. Viljoen van Pretoria, toe hy gepraat het oor, en aangehaal het uit, die klassieke Griekse en Latynse poësie. Dit was bedoel, het hy gesê, om gedeklameer te word en nie soseer om net gelees te word nie. Eienaardig dat hierdie poësie nog al die jare voortleef, nie waar nie?18 Als ik my niet vergis, heeft u ook niet veel tyd voor de duistere, onverstaanbare, hedendaagse poëzie. Een pose, myns inziens, die neerkomt op machteloozheid — ze zien geen kans om de klassieke dichters van weleer te evenaren, en vervallen dus in niets-zeggende woorden — met de klem op “het woord” — dat liefst geen adjectief moet zyn! Rithme en “muziek” ontbreken meestal dan ook, en heel weinig blyft hangen in het gemoed van de lezer. Greshoff schreef ook met recht: “Eenvoud en waarheid verouderen nooit. Getuige Griekse en Latynse verzen!l”19 Laat my ’n paar voorbeelde gee van gevleuelde woorde uit die Westerse digkuns: “Geven is licht, maar o ontvangen, Er is geen werk zoo zwaar als dit” (Boutens); “De ware vryheid luistert naar de wetten” (Perk); “Doch van den lach, is glimlach dageraad” (Perk); “De mensch moet sterven eer de kunst’naar leeft” (Kloos); “1 cannot view my Paradise, without the wish of dwelling there” (Byron); “Before the glory of thy eyes / The faintest thought of evil dies” (Plumket) “A man’s reach should exceed his grasp, or what’s a heaven for!” (Robert Browning). Lees hulle en dink na — wat ’n diepe, ewige waarheid lê nie in elkeen van hulle verborge nie! ’n Volkome bevredigende definisie van poësie is onmoontlik. Z0 134
OO0OPBONE 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 VERWYSINGS: HOOFSTUK 10 Keet, A.D., in Jonger Skrywers oor Eie Werk. Hullebroeck, Emiel: De Standaard, Brussel, 30.10.1960. Dieselfde as 1. Idem. Die oorspronklike Duitse gedig kon nie opgespoor word nie. Bate, W.J., en Ward, A: “John Keats - the Chameleon Poet.” In: Time, 25.10.1963. Brief aan C.R. Swart, 10.12.1963. Verbum sapienti sat: Een woord is genoeg vir die verstandige man. Brief aan P.J. Nienaber, 8.10.1962. “. “. C. Rudolph, 8.10.1968. “ “ AD.K. , 11.6.1956. “. “. ModêstLauwerys, Antwerpen, 12.5.1964. “. “. Gerhard Beukes, 2.4.1963. “. van B.B. Keet, 11.2.1956. Tout comme chez nous?: Alles soos by ons? Brief aan A.D.K. II, 3.5.1955. “. “ PJ. Nienaber, 14.6.1963. “ “ AD.K. , 10.4.1962. Dieselfde as 8. Brief aan Jan Veulemans, Turnhout, België, 20.12.1962. Dieselfde as 1. 135