12. Vaderlandse Kwessies

12. Vaderlandse KWessies #

12 Vaderlandse Kwessies Kan u my sê waarom hierdie firma, Marine Products, se briefhoofde net in Engels gedruk is? Dit het op dr. Viljoen (bestuurder van die Senekal-Romery) en my ’n uiters swak en selfs pynlike indruk gemaak.1 Klasie Havenga en adv. Swart praat hierdie maand hier op Senekal. Ek kan maar net luister, want ek is distriksgeneesheer! Maar Boer was ek nog altyd en sal ek altyd bly.2 Ek is baie bly oor die ooreenkoms tussen Klasie en dr. Malan. Dis een van die verreikendste gebeurtenisse in ons geskiedenis en hulle verdien die hulde van ons hele volk en ook van die nageslagte.3 Natuurlik is hier nog altyd ’n gevoel teen die Britse Imperiale politiek wat ons in die verlede soveel onreg aangedoen het, maar nie teen die Engelsman as individu nie. So gaan dit maar met die klein nasies. Holland het ook nou deurgeloop onder ’n geweldenaar en nê die besettingsjare behoort hulle beter te begryp hoe ons Afrikaners voel teenoor die Engelse en hulle wandade in die Anglo-Boereoorlog.* Ons Boerenasie sou nog baie sterker gewees het, was dit nie vir oorloë en die 26 000 vroue en kinders wat in die konsentrasiekampe omgekom het nie! Dit sal interessant wees om te sien wat ’n statistikus met bogenoemde syfer maak. Wat sou ons getalle, sê n4 50 jaar, gewees het as hulle nie deur die toedoen van die Imperialiste omgekom het nie?5 142

Lees a.u.b. in die jongste uitgawe van Die Huisgenoot die artikel van dr. Beyers, hoe ons vandag totaal ondergeploeg sou gewees het, was dit nie vir pres. Steyn en genl. De Wet nie. Hulle smeekbedes aan pres. Kruger en genl. Botha het gemaak dat die Transvalers nie vroeg al in die Anglo-Boereoorlog tou opgegooi het nie. ’n Mens huiwer om te dink wat die gevolge sou gewees het as die stryd nie volgehou was nie, tot die dae van die Vrede van Vereeniging. Wat sou die Engelse dan geëis en afgedwing het? Chamberlain en Milner sou hulle Realpolitik tot die uiterste konsekwensies deurgevoer het. Waarlik, die Vrystaat, altyd en tradisioneel standvastig, het ons volk gered van ’n ramp en dit word hoog tyd dat pres. Steyn sy regmatige plek kry by ons huldigings. Die treffende verhaal wat mnr. Fichardt in sy toespraak vertel het, oor die begrafnis wat genl. De Wet waargeneem het van die agt rebelle (waaronder een van sy eie seuns), kan hy gerus op skrif stel. Dit is nou iets vir ’n toekomstige Afrikaanse dramaturg!e Gee asseblief vir die redakteur ook ingeslote uitknipsel oor hoe die Royal Canadian Rifles elke jaar die oorwinning van die Engelse by Paardeberg vier. Hy moet dit hou, want een van die dae sê die Engelse weer ons pleeg rassehaat deur Majuba te herdenk!” Sommige Engelssprekendes wil tog nie hê dat ons die hartseer van hulle Imperialistiese wreedheid moet onthou nie. Maar Engels is ’n wêreldtaal, en met die taalfees op H’dorp op 1 Mei het ek die skoolkinders daaraan herinner dat dit nie versmaai moet word nie.ë

    • 3 * * Wiel, ek hoop dat ek gespaar sal bly om my kruisie vir die republiek te trek en om die republiekwording te vier! Dis die enigste ding wat hier en in die buiteland vir ons respek sal afdwing.” Ek kan amper nie glo nie dat ons 143

uiteindelik ’n republiek gaan word, nê al die jare van stryd met die wapen en met die penl1o Baie dankie vir jou gelukwensinge met die republiek. Ek hoop hierdie brief gaan na jou met die spoed van ’n vuurpyl om te sê hoe bly ek was met jou geesdrif oor ons Ooorwinning by die referendum. Kêrel, Woensdagnag het ek ingeluister na die uitslae met ’n klein transistorradio in die bed, van l-uur tot skuins voor S-uur. Hoe het die Boere nie gestem nie! Selfs in die dunbevolkte dele soos S.W.A. en Namakwaland het hulle honderde myle gery na stembusse. So ook het die Rooies in die groot stede soos swerms bye gaan stem — alles tevergeefs! Jy is reg, die ou Vrystaat het sy man gestaan, maar Transvaal nie minder nie. Gister was daar ’n groot dankseggingsiees by die Voortrekkermonument. Meer as SO0 000 mense het na dr. Verwoerd gaan luister. Byna al die setels van Pretoria is vandag Nasionaal. Hoe anders was dit nie toe ek my gediggie Pretoria geskryf het, wat Die Transvaler van 6 deser aangehaal het, om te sê dat Pretoria nou “die allervoorste voortou” vatlii Ou maat, die aand toe die radio aankondig dat dr. Verwoerd sy versoek om in die Statebond te bly teruggetrek het, het ons almal in die voorkamer “hoera!” geskree. Nou is ons in die ware sin van die woord ’n vrye republiek! Gaudeamus igitur! En mirabile dictu?2 — duisende Engelssprekendes skaar hulle nou by Verwoerd, nê sy manmoedige houding by die konferensie.13 Ek het gister na al die toesprake geluister. Wat my veral getref het in die toespraak van ons staatspresident op Kerkplein in Pretoria, was die gesegde “Hoed af vir die verlede, baadjie uit vir die toekoms”. Dit behoort ’n slagspreuk te word. En so is ons lang gekoesterde wens en strewe vervul, nê al die onreg en leed. Dis ’n goddelike bestiering waarvoor ons dankbaar moet wees.14 144

Met die republiekwording het my seun vir my die volgende telegram op | Junie gestuur, met ’n aanhaling uit Die Twee Boodskappers: “Ek kom om jul die nuus te bring: Transvaal is vry, Transvaal is vry!” Soos Twee Moderne Boodskappers bring ons nou vir jou die tyding! Die sensasiejagter-korrespondente uit die buiteland is dus maar druipstert huis toe. Hulle ken nog nie die Boere nie — veral noudat die republiek daar is, sal die boere Slagvaardig wees! s Dit lyk of die Afrikanernasie op mars is, nê jare van doellose rondswerwe. Jammer dat ek nie die tyd het om iets daaroor te skrywe nie, want dit lyk of die jonger geslag sê egosentries geword het dat hulle die objektiewe dinge rondom hulle nie raaksien nie.1$


Hemel, wat worden wij belasterd in de wereldpers! En in de ogen van de Afro-Aziatiese landen zijn wij outcasts, pariahs and what not. Ze richten allemaal begeerlijke ogen op ons ryk land en weten niet waarvan ze praten.1/ Volgens Time van 21 Mei het die minister van buitelandse sake van Thailand gesê: “We here in Thailand have no place to retreat to. So we will make our first stand and our last stand here. We intend to preserve at any cost the heritage transmitted by our forefathers, our culture, our civilization, and our traditions — our nation.” Dis mos net wat ons Nattes sêli8 Aangaande die onderhandelings tussen Wilson en Smith oor Rhodesië — ek wonder of “partisie” net soos by ons (en by julle in België) nie nog die beste oplossing sal wees nie; maar die Afrika-state, gerugsteun deur die Kommuniste, wil alles hê of niks!i* Ons koerante meld ook kort-kort van die “stryd om 145

Leuven”. Julle moet maar deurbyt, soos ons hier gedoen het. Hier is daadwerklike pogings om ’n Afrikaanse universiteit in Johannesburg te stig — dit kom!20


Ek moes u al bedank het vir u vriendelike brief, maar kon nie sover kom nie. Verlede week weer deurgeloop met griep, en daarvéér was die ontsteltenis en droefheid oor die moord op dr. Verwoerd. Wat ’n tragedie! Dit is ’n tema vir ’n toekomstige Afrikaanse dramaturg. As u hiernatoe kom, sal dit u ook beloon om ’n besoek te bring aan my vriend Danie ]. Erasmus, van die plaas Biddulphsberg. Hy is ’n seun van wyle kmdt. Erasmus wat onder genl. Lucas Rautenbach geveg het in die Rebellie. Danie het my jare gelede vertel van die sg. Tweede Rebellie, wat beplan was maar nie volvoer is nie. Hy self het ’n avontuurlike lewe gelei as OB-lid. Hy was o.a. voortvlugtig vir ’n jaar.2:Hy het ander OB-vlugtelinge vir baie maande op sy plaas hier versteek.22 Jou huldebetuiging aan dr. Verwoerd nê die gruwelike moord het ek so aangrypend gevind dat ek dit aan De Telegraaf in Amsterdam gestuur het. Die nuus moes jou nog meer as ons geskok het, omdat jy so baie jare met hom saamgewerk het. Sy lewensgeskiedenis sal seker nog eendag ’n Afrikaanse skrywer beweeg om ’n groot drama oor hom te skryf. Mag daar nog ’n Shakespeare ontwaak onder ons!23 We hebben in dr. Verwoerd een groot staatsman verloren. Om te denken dat hy als tweejarige jongeling met zyn ouders kwam van Amsterdam, om hier in de stad van Jan van Riebeeck onder zulke tragische omstandigheden te sterven! Hy was begaafd met ’n briljante brein, want hy kon lange toespraken in Afrikaans en Engels houden zonder een enkele nota. Daarby sprak hy ook Duits vlot.24 146

Gister het ek van Lauwerys die Vlaamse weekblad De Post van 18 Sep. (nr. 915) ontvang, met ’n indrukwekkende verslag plus foto’s, van die moord op dr. Verwoerd. Ek wonder of ons Inligtingsdepartement dit gekry het. Waar dr. A Hertzog net gepraat het van die Engelse pers se hetze, so praat De Post van die wêreldpers s’n. Hulle druk die foto wat in Time verskyn het, naas ’n goeie foto van dr. Verwoerd af, en skryf daarby: “Zo werd over heel de wereld de propaganda tegen Zuid-Afrika gevoerd. Naast het werkelyke portret van dr. Verwoerd drukken wy de voorpagina af van Time, waar tekenaar Chaliapin er een kop van een misdadiger van maakte tegen een achtergrond van draadtralies, alsof Zuid-Afrika een staat is van concentratiekampen. Dit is wel zo geweest, toe het land Brits was.” Die artikel met foto’s beslaan drie bladsye. Ek geniet die hoofartikels in Die Transvaler, en stuur hulle aan De Telegraaf en Lauwerys.”25 Ken u die boekie Ek en die Vierkleur, deur Robert de Kersauson de Pennendreff uitgegee deur die Afrikaanse Pers-Boekhandel? Dis die wonderlike verhaal van ’n Franse vrywilliger, familie van De Villebois-Mareuil, wat via Mosambiek by die Boeremagte aangesluit het en toe met die kommando’s na Namakwaland en Boesmanland getrek het. Van daar is hy deur genl. Smuts op ’n belangrike sending via Suidwes na Europa gestuur, van waar hy weer teruggekom het. Hier is kans vir nog iets soos Langs die Steiltes. Ek hoop dit sal jou inspireer!26 Was ek jonger sou ek iets skrywe oor genl. Maritz en sy heldedade. Terloops, Harm Oost vertel in sy boek Wie is die Skuldiges? (Afrikaanse Pers, Johannesburg, 1956) dat Smuts by Vereeniging verswyg het dat Maritz hom meegedeel het dat hy nog genoeg manskappe, perde en wapens gehad het om te volhard met die oorlog.27 N.a.v. u navraag oor gedigte wat in verband staan met 147

die Anglo-Boereoorlog: ken u die boek The War against the Dutch Republics in South Africa, lts Origin, Progress and Results, deur H.]. Ogden? Daar is heelwat pro-Boergedigte in van William Watson, wat ook die skrywer is van “The Sovereign Poet” — vir my een van die mooiste gedigte in die Engelse taal!2ê VERWYSINGS: HOOFSTUK 12 1 Brief aan A.W. Lategan, 22.2.1947. 2 A P.). Naudé, 1.9.1947. 3 “ “ BenHavenga,28.10.1950. 4 “ “ Duyvené de Wit, 20.9.1948. 5 “ “ AD.K.I, 29.8.1951. 6 “ “..)).Fouché, administrateur: OV.S., 11.10.1954. 7 “ “ “Renier”, Die Volksblad, 16.3.1956. 8 “ “ . P.J.Nienaber, 15.6.1959. 9 “ “ AD.K. , 29.9.1960. 10 “ “ LownaBeyers,18.10.1960. 11 “ “ ModêstLauwerys,Antwerpen, 16.10.1960. 12 Mirabile dictu: Wonderlik om te sê. 13 Brief aan Modêst Lauwerys, Antwerpen, 22.3.1961. 14 “ “ ADK. , 1.6.1961. 15 “ “ ModêstLauwerys,Antwerpen, 4.6.1961. 16 “ “ BenHavenga,6.5.1952. 17 “ “ LoonvanderPoll,Den Haag, 7.11.1962. 18 “ “ . PierreRosseau, 5.8.1965. 49. Modest Lauwerys Antwerpen, 4.5.1966. 20 “ ” # 6.6.1966. 21 “ “ M.C.E.vanSchoor,20.9.1966. 22 “ “ C.G.S.Sandberg, 24.10.1951. 23 “ “ GD.Scholtz, Die Transvaler, 23.9.1966. 24 “ “ LoonvanderPoll,Den Haag, 23.9.1966. 25 “ “ G.D.Scholtz, Die Transvaler, 19.10.1966. 26 “ “ Gerhard Beukes, 4.6.1968. 27 of . ” * 28.6.1968. 28 “ “ VanWykSmith,21.3.1971. 148