5. Die Vryheidsdeputasie

5. Die Vryheidsdeputasie #

9 Die Vryheidsdeputasie D ie Vryheidsdeputasie het in 1919, nê afloop van die Eerste Wêreldoorlog, na die Vredeskonferensie in Versailles, Frankryk, vertrek om vryheid vir Suid-Afrika te beding. Pres. Woodrow Wilson van die VSA het kort tevore sy beroemde program van 14 punte, waarin vryheid vir alle klein volke beloof is, bekend gemaak. Die deputasie het bestaan uit adv. F.W. Beyers, mnr. N.C. Havenga, genl. J.B.M. Hertzog, adv. E.G. Jansen, dr. D.F. Malan, dr. Hjalmar Reitz, mnr. A. Spies, sen. A.D.W. Wolmarans en dr. Gey van Pittius. Geweldige moeilikhede is in die deputasie se weg gelê om in Europa te kom. Hulle kon byvoorbeeld nie met die gereelde passasierskepe reis nie. Die Engelse bemannings het gedreig om te staak as sulke “verraaiers” aan boord geneem sou word. Hulle is uiteindelik met die Hollandse vragskip Bawean na New York en van daar met die Statendam via Southampton na Holland en Frankryk. In 1919 tydens die konferensie met die Vrede van Versailles was ek as hospitaaldokter in Arnhem werksaam. (Dié stad het mos later, in die Tweede Wêreldoorlog, beroemd geword.) Dr. Leyds kom sê my toe daar kom ’n Vryheidsdeputasie na Holland en hulle het ’n sekretaris nodig, en of ek nie hulle sekretaris wil word nie.1 Intensief moes ek dan, op sy advies, talryke dokumente wat hy in verband met die geskiedenis van die Boererepublieke aan my sou stuur, bestudeer. Ook alles in verband met St. Luciabaai, om my te bekwaam vir die taak wat voorlê.2 Ek sê toe ja, maar hoe kom ek los van my kontrak by die hospitaal? In elk geval, een van die wethouders, ’n man 86

wat baie pro-Boer was, het die saak vir my help beklink en ek is weg om die deputasie te ontmoet. Die dag toe die deputasie nou Holland toe kom, is prof. Bodenstein en ek en omtrent nog 20 Afrikaners daar. Bodenstein en ek is albei in streepbroek en manel, jy weet, met pluiskeil en al vir die ontmoeting. Maar toe die skip aankom, is net Daantjie Wolmarans en adv. Jansen daar. Bodenstein stel my toe voor aan oom Daantjie en sê: “Dis dr. Keet, julle sekretaris.” En oom Daantjie sê: “Sekretaris? Maar ons het mos ’n sekretaris!” Reken, toe het hulle nooit vir dr. Leyds ’n kabel gestuur dat hulle intussen ’n sekretaris gekry het nie. En daar sit ek — my betrekking as sekretaris en my pos in die hospitaal kwyt!3 Hulle sekretaris was toe dr. Gey van Pittius. Net oom Daantjie en adv. Jansen was op die skip. Die ander lede het in Southampton geland, maar adv. Jansen (wat siek was) wou nie in Engeland onder die Engelse siek 1ê nie. So kwaai was die gevoelens destyds!* Nou ja, daar was nog ’n grappige voorval ook by die siekte. Oom Daantjie het gesê adv. Jansen het blindedermontsteking, ons moet hom na ’n hospitaal neem en ’n chirurg inroep. Prof. Bodenstein sê toe: “Maar dr. Keet is ’n mediese dokter; kan hy nie ook na adv. Jansen gaan kyk nie?” In die kajuit gekom, sien ek dat ons latere goewerneur- generaal regop in die bed sit, hoes en bloed spuug. Dit was duidelik ’n geval van longontsteking. Maar oom Daantjie hou hom by sy diagnose, want een van sy seuns se “appendiks het net so gevoel” soos adv. Jansen s’n, en ons moes nolens volens ’n chirurg inroep. Daar gekom, sê die chirurg baie jammer, maar dit is ’n geval vir ’n internis, dit is nie sy terrein nie.S Ek het toe 3 of 4 dae by adv. Jansen in Rotterdam gebly terwyl hy daar in die hospitaal siek gelê het met longontsteking. Daarna het ek veel met die deputasie te doen 87

gehad, want hulle het geruime tyd in Amsterdam vertoef voordat hulle na Versailles is.$ Dr. Leyds het my gevra om hom voor te stel aan die lede van die deputasie. Nadat ’n afspraak met genl. Hertzog gemaak is, moes ek hom een mêre ontmoet by die hotel in Amsterdam. Hy het van Den Haag per trein gekom, en gesamentlik is hy en ek toe die eetsaal binne waar al die lede agter ’n lang tafel hom ingewag het. Genl. Hertzog het dadelik opgestaan en ons tegemoet gestap. Nê die verwelkoming van dr. Leyds het ek toe maar padgegee.” Van adv. F.W. Beyers het ek veel gesien. Op sy versoek moes ek gids speel op verskeie togte na besienswaardighede, veral in die oostelike deel van Nederland. Hy het elke aand Die Bybel in Italiaans (of was dit Spaans?) gelees. Hy en genl. Hertzog het ’n kamer gedeel in die Amsterdamse hotel. Een aand toe ek by hulle kom, sit een en kouse stop en die ander knope en aanwerk. Albei het ’n naaldwerkkissie saamgekry van hulle vrouens!ë Genl. Hertzog het vir Nell, aan wie ek toe verloof was, en my herhaaldelik genooi om middagete met hom te geniet, ens.” Hy het alles gelees wat hy in die hande kon kry. Ek moes vir hom ’n hele paar boeke oor onder meer Hydraulica gaan uitsoek by Swets en Zeitlinger. ’n Broer van hom in ons land was toe juis besig met ’n waterskema op sy plaas en hy wou die broer help. Ek was ook by toe die Vryheidsdeputasie per vragboot van Amsterdam via Java na Durban vertrek het.1: Op sy versoek het ek ’n bekende Hollandse joernalis, AA. Humme, van die Nieuwe Rotterdamsche Courant (destyds die grootste koerant in Nederland) saamgeneem. Hy wou so graag kennismaak met genl. Hertzog. Die twee het lekker gesels. N4 die vertrek van die skip het Humme sy kop geskud en gesê hy weet nie hoe dit kon wees dat so ’n klein en tengerige persoon so ’n groot rol in Suid- 88

Afrika kon speel nie.1 Hy kon nie verstaan dat so ’n beskeie man so ’n groot invloed kon hê onder die Afrikaners nie. Tog was hy vol bewondering vir die generaal. My antwoord aan hom was: jy sal nog sien! Adv. Jansen het seker later teruggedink aan die vrot tamaties waarmee die deputasie toegetakel is toe hulle teruggekom het in Durban. Dit was nou egte British fair playl2 Die deputasie het nie in sy doel geslaag nie. Op aanstigting van die Britse eerste minister, Lloyd George, het pres. Wilson geweier om die deputasie te ontvang. Nadat hulle vyf weke gewag het, kon hulle Lloyd George eindelik spreek. Genl. Hertzog het die deputasie se standpunt gestel. Lloyd George het geantwoord dat Brittanje nie bereid was om alles in Suid-Afrika ongedaan te maak nie, maar dat die lotgevalle van die Unie in die hande van die volk van Suid-Afrika was. VERWYSINGS: HOOFSTUK 5 Keet, AD.: Tydskrif vir Letterkunde 1968, vol. 6, b. 4. Keet, A.D.: Die Huisgenoot, 28.4.1939. Dieselfde as 1. Brief aan S.H. Pellissier, 30.7.1969. ” “ RP. Visser, Die Brandwag, 26.9.1951. v “ W.C. du Plessis, 13.3.1963. " “ G.D.Scholtz, 27.12.1966. ” “ Daan Pont, 3.4.1960. i “ Lak van der Poll, Den Haag, 17.8.1959. 10 Dieselfde as 8. 11 Brief aan P.F. van der Schyff, 2.4.1970. 12 “ “ P. Nienaber,11.9.1959. O OHNOUOPBOUONBP 89