14. Nederlandse en Vlaamse Koerante #
14 Nederlandse en Vlaamse Koerante Gedurende die jare 1920 tot 1926 was ek die Suid- Afrikaanse korrespondent van die Nieuwe Rotterdamsche Courant, maar kon dit weens die drukte van die mediese praktyk nie volhou nie. Destyds was hierdie koerant die mees vooraanstaande een in Nederland met ’n wye leserskring. Helaas is die Nieuwe Rotterdammer (soos hy bekend was) vandag teen ons politieke bedeling.? Elke twee weke moes ek ’n lang brief aan hulle skryf oor ons politieke en kulturele aangeleenthede, en het nou ’n hele plakboek vol met dié bydraes. Selfs in Holland het ek al vir die N.R.C. geskryf, vir ekstra sakgeld.? As verslaggewer met ’n perskaart het ek by die begrafnis van genl. De Wet net ’n paar tree van die sprekers af gesit. Oor my gewaarwording het ek ’n lang berig aan genoemde koerant geskrywe wat nou nog in ’n plakboek3 bewaar word. Daar staan ook kort opsommings in van die toesprake.* Jy het seker in die 1985-Kersuitgawe van Die Huisgenoot gelees oor die briewe van C. Louis Leipoldt aan dr. Engelenburg. Ek was getref deur sy ophemeling van die boek Genl. Botha deur Engelenburg. Toe dit verskyn het, moes ek ’n resensie daaroor skrywe vir die Nieuwe Rotterdamsche Courant (as hulle $.A. korrespondent). Engelenburg se styl is hopeloos — nég Vlaams of Nederlands, nég Afrikaans, en sy woordeskat is deurspek met Gallicismes. Verder begaan hy in die boek ’n hele paar grow- 157
we flaters oor genl. De Wet se doel met die Rebellie van 1914. Dit moes genoem word en was sê erg dat hy, in stryd met die reëls van die joernalistiek, in Rotterdam gevra het wie hulle korrespondent is; hy het toe aan my geskrywe dat hy amende honorable* sou maak in ’n moontlike verdere uitgawe.S Ik praktiseer nog als arts, ofschoon byna 80 jaar. Voor my is het “ ’n soort van roeping” om iets te doen voor Zuid- Afrika. Ik kryg er niets voor, behalve de voldoening. Myn relatie met De Telegraaf van Amsterdam begon tydens de kritieke tyd van Sharpeville, toen De Telegraaf een van de weinige kranten in Uw land was die de toestanden hier by ons begreep. Toen bedankte ik de redactie voor hare hoofdartikel, en verwees naar myn vriendschap op de cricketvelden in Holland vanaf 1912 tot 1918 met een oudhoofdredacteur, nl. de heer J.C. Schroeder (schuilnaam destyds: Barbarossa). Met Saldanhabaai, Richardsbaai en andere schema’s met betrekking tot watervoorziening, electriciteit, enz., kan ons land nog een Groot Suid-Afrika worden. Uwe korrespondent voorspelde dit reeds in zyn Amsterdamse tyd, in het gedicht dat zé heet.” En nou op die éidag bestook ek De Telegraaf in Amsterdam, en my vriend prof. Lauwerys in Antwerpen (wat dit weer aanstuur aan De Standaard in Brussel en De Post in Antwerpen), met propaganda in ons guns.ë Van die hoofredaksie van De Telegraaf het ek ’n baie simpatieke brief ontvang om my te bedank vir my sendinge.* ’n Mens moet maar goed vuurmaak onder ons stamgenotel Almal kla dat hulle so afhanklik is van Reuter se verdraaide nuusberigte oor ons land.io Dr. G.D. Scholtz van Die Transvaler het pas teruggekom van Amsterdam. Hy skryf dat hy besoek gaan aflê het by De Telegraaf om hulle te bedank vir hulle houding. On- 158
gelukkig was die hoofredakteur, mnr. C.]. Brandt, nie op kantoor nie. Met die hulp van dr. Scholtz gaan ek probeer om mnr. Brandt na ons land te laat kom.11 De Telegraaf verdien in ruime mate ’n bietjie erkentlikheid van ons kant. Ek hoop jy sal jou inspan om mnr. Brandt hiernatoe te laat kom. ’n Ander uitstekende kandidaat is meester (d.w.s. advokaat) G.B.]. Hiltermann, redakteur van die Haagse Post, wat ons ook goedgesind is. Hy gee elke Sondag ’n uitstekende buitelandse oorsig oor die Nederlandse radio. Ek was al voorheen met hom in korrespondensie.12 Dit het my maande van aansporing gekos om die Departement van Inligting sover te kry om mnr. C.]. Brandt, hoofredakteur van De Telegraaf in Amsterdam, hierheen uit te nooi. Destyds was hierdie koerant, met ’n sirkulasie van 350 000, feitlik die enigste in Holland wat ’n goeie woord vir ons gehad het.13 Senekal Geagte vriend G.D. Scholtz 8 Nov. 1962 Baie dankie vir jou brief van die Sde deser en die brief van die Dept. van Inligting, gedateer 31 Okt. 1962, met die heuglike tyding dat mnr. C.]. Brandt van De Telegraaf deur hulle uitgenooi is om ons land in Januarie te besoek. Dit sal baie goed wees as hy tydens die parlementsitting sommige van ons ministers en ander hooggeplaastes kan ontmoet — dink jy nie ook so nie? My hartlike dank aan jou vir jou hulp in verband met die uitnodiging aan De Telegraaf! Aanhouer wen! Al vind mnr. Brandt nie alles hier ideaal nie, volgens sy oordeel, sal hy tog ’n beter en ryper insig kry in ons land se toestande. Beste groete A.D.K. 159
Mnr. Brandt was toe in ons land vir ongeveer drie weke, en die vier artikels oor sy besoek in De Telegraaf was beslis die moeite werd. Ons het in hom ’n gedugte staatmaker. i4 Hy skryf aan my dat sy besoek vir hom ’n wonderlike ondervinding was. Hy het ’n pragtige pleidooi gelewer in ons guns en skryf dat hy oorstroom is met briewe en telefoonoproepe van mense wat sê dat hulle na sy artikels nou pas goed begryp wat die werklike toestand in ons land is. Ek wil aan ons Inligtingsdepartement voorstel dat sy artikels in brosjurevorm uitgegee word, vir verspreiding daar by u, en ook in Vlaandere. Die sekretaris van die Dept. van Inligting is hoogs in sy skik met die resultaat.15
-
-
- 3 * lch habe den ganzen Sonntag Nachmittag in einem fort gearbeitet — aan die vyf pakke drukwerke wat van jou gekom het. My konsulteerkamer is mos nou ’n uitknipselsentrale wat distribueer na verskillende rigtings, te wete prof. Nienaber, Ellen ons dogter (musiek), dr. Scholtz van Die Transvaler (kultuur en politiek), ’n plaaslike vriend en kunskenner, Brand van Niekerk (kuns), ens! Nienaber sal baie ingenome wees met al die ““Taaltuine” wat ek vir hom uitgeknip het, mitsgaders ander dinge oor letterkunde. Gesproke oor die “Taaltuine” — een gaan oor die woord “opperman””. $o ’n assistent van ’n messelaar noem ons hier ’n handlanger.1é Die Vlaamse weekblad De Post staan ook aan ons kant. Hulle vaste medewerker, Wout Wellinck, het in die laaste tyd twee keer ons beleid geprys, al was dit maar indirek. 17 De Telegraaf bly maar een van ons beste kampvegters in Nederland. Sien ’n neerhalende berig daaroor in The $tar van 10 deser: “Amsterdam could mind its own business.”
-
160 Ek skryf juis weer vanaand aan mnr. Brandt.18 Ag, ek kry so min tyd om ’n hele klompie kort gedigte af te rond. Daar is dringender sake — sorg vir vrou en kinders, en gewig ingooi in die bekamping van al die laster van ons land. Soms verwyt ek myself dat daar soveel tyd hieraan bestee word, maar as gebore rebel teen onreg. word dit dan weer prioriteit nommer één.19 Insake ’n moontlike uitnodiging aan Wout Wellinck van De Post deur ons Dept. van Inligting (soos voorgestel deur prof. Lauwerys). Dit word tyd dat ons begin reageer op die welwillendheid van die Vlaminge. Oor die algemeen verstaan hulle ons stryd beter as die Hollanders.20 Na aanleiding van die wenk wat jy gegee het dat Wout Wellinck ’n uitnodiging na ons land verdien, wil ek jou in vertroue vertel dat ek dr. Scholtz van Die Transvaler daaroor geraadpleeg het en dat hy dadelik aan die werk gespring het met so ’n voorstel aan ons Inligtingsdepartement. 21 Ek het nou net ’n hele boel uitknipsels gerangskik vir versending aan De Telegraaf, o.a. jou hoofartikel van gister (pleidooi vir duisende Nederlandse immigrante). Sal dit nie wenslik wees nie om in toekomstige, dergelike artikels die name en prestasies te noem van Nederlanders wat hier naam gemaak het, en hulle met ons vereenselwig het? Ek dink bv. aan manne soos dr. Leyds, dr. Mansvelt, mnr. Middelberg, dr. Coster, Harm Oost en kunstenaars soos Van Wouw, Pierneef, Wenning en Frans Oerder. 22 161
Die Transvaler Geagte dr. Keet 1 Des. 1965 Dankie vir u brief van 28 Nov. 1965. Dit verheug my om te verneem dat mnre. Gideonse (van De Telegraaf in Amsterdam) en Wellinck (van De Post in Antwerpen) albei binnekort S.A. sal besoek. Ek glo dat u met u kontakte grootliks daarvoor te danke is dat mense wat ons so simpatiekgesind is, hierheen kan Kom. U vriend G.D. Scholtz Die taalrubrieke in Die Transvaler stuur ek nog steeds vir Lauwerys. Hy besorg hulle aan die rubriekskrywer van “Taaltuin” in De Standaard van Brussel.23 N.a.v. die eerste verslag wat Wout Wellinck in De Post oor sy besoek aan ons land geskryf het: soos jy sal sien, is dit ’n puik artikel. Dink jy nie dit is raadsaam dat ons Inligtingsdepartement De Post vra om Wellinck se hele reeks (met illustrasies) in brosjurevorm uit te gee nie, sodat dit versprei kan word by Vlaamse en Hollandse skole en ander belanghebbendes? Wellinck het ’n onderhoudende styl van skryf en is streng objektief, met die gevolg dat hy sy lesers beindruk met sy opregtheid. 24 Jou jongste brief het al weer bewys dat jy baie meer op die hoogte van sake is in Suid-Afrika, as ek oor die Vlaamse stryd. Wout Wellinck van De Post het ook gekla oor die gebrek aan kennis van Belgiese toestande by die Afrikaners. 25 Baie dankie vir jou brief en die ingeslote brief van die sekretaris van Inligting oor die moontlikheid om Wout Wellinck se artikels in brosjurevorm uit te gee.2é Jy moet tog maar aanhou om van die drukwerke wat ek stuur aan 162
Wellinck te besorg. Hy put miskien af en toe inspirasie daaruit.27 Getroue ou Vlaamse vriend, wat was dit ’n skok vir my toe jou brief van 7de deser hier aankom met die nuus dat Wout Wellinck skielik oorlede is. 28 Senekal Aan: Redactie van De Post 31 Des. 1966 Antwerpen IN MEMORIAM: WOUT WELLINCK Zeer geachte Redactie Als een Zuid-Afrikaner die goed bevriend was met Uwe hartstochtelyke vaderlandsche digter René de Clercg, en met Uwe zanger componist by God’s genade, Emiel Hullebroeck, en thans ook nog de banden van jarenlange vriendschap handhaaft met Uwe weergaloze voordracht kunstenaar Modést Lauwerys, is het my een behoefte om myn simpathie te komen betuigen aan de familie van Wout Wellinck, en aan De Post, by zyn overlyden. Het was my steeds een genot om zyn rubriek in Uw weekblad te lezen. Zyn frissche, humoristiese styl was een model van puik joernalistiek, en dus navolgingswaardig. En wie kan zyn simpatieke, en toch zoo objektieve reeks artikels over zyn bezoek verleden jaar aan 7.Afrika vergeten? In hem heeft niet alleen Vlaanderen, maar ook Zuid-Afrika een voortreffelyke steunpilaar verloren. A.D. Keet29 Zoals U zult opmerken in myn uitknipsels, yvert dr. Scholtz van Die Transvaler nog steeds voor meer immigranten uit Nederland, om de circa 2 miljoen Afrikaners te versterken. Lees alsublieft een van zyn jongste hoofdartikels dat ik U apart zond, waarin hy het heeft over de 163
langzame aanwas van de Afrikaanssprekenden. Hy vergeet m.i. daarby te melden van de 26 000 vrouen en kinderen die omkwamen in de konsentrasiekampen gedurende de Anglo-Boeren Oorlog.50 De Telegraaf Amsterdam Zeer geachte heer Keet 24 Mei 1967 Uw trouwe toezending van persknipsels waardeer ik ten zeerste. Ze houden mij goed op de hoogte van wat in Zuid- Afrika gedaan en gedacht wordt. Zoals ik U reeds schreef, gaan ze na lezing door naar mijn vriend Willem Klooster (dichter Willem Brandt), hoofredacteur van de Bussemse Courant, die deze voorlichting ook zeer op prijs stelt. Met hartelijke groeten H.D. Gideonse Nou het Willem Brandt, redakteur van Goois Nieuwsblad in Bussum, Holland, ook ons land en $.W.A. op uitnodiging van die Inligtingsdepartement besoek. Gideonse het reeds geskryf dat hy (Brandt) besig is met ’n boek oor sy besoek. Hy het ’n diepgaande studie gemaak van al ons probleme en gunstige kritiek gelewer.“1 (“Willem Brandt” was die skuilnaam van W.S.B. Klooster, redakteur van die Bussemse Courant, oftewel Goois Nieuwsblad. Hy moet nie verwar word met C.J. Brandt, hoofredakteur van De Telegraaf, nie.) Bussum Nederland Zeer geachte dr. Keet 24 Sep. 1969 Nog voor ik iets van Zuid-Afrika wist, in mijn schooljaren, kende ik reeds enkele van Uw melodieuze gedichten uit een school-bloemlezing. Ik heb Uw werk, of althans eenige van Uw 164
verzen, onlangs ook nog weer eens met genoegen herlezen in het Groot Zuid-Afrikaans Verzenboek. Als resultaat van een reis in 1968 heb ik niet alleen het boek Zuid-Afrika: Een Reisjournaal geschreven, maar ook een groot aantal gedichten, met het Zuid-Afrikaanse landschap als hoofdmotief. Deze verzen verschijnen begin Oktober in een dichtbundel by de uitgeverij Ouerido te Amsterdam, onder de titel Oerwouden en Savannen. Het komt zelden voor dat een “Hollandse” dichter verzen publiceert met een Zuid-Afrikaanse achtergrond. Het is droevig, dat voor de werkelijke situatie in Z.A. hier nog zo weinig belangstelling bestaat, maar veel onwetendheid en daardoor onbillijjke kritiek. Hopelik draagt mijn boek er iets toe Dij, daarin verandering te brengen. Met dank voor alles Willem Brandt Mag ek u aandag vra vir ’n boekie met ’n stuk of 50 gedigte oor plekke in Suid-Afrika en S.W.A.? Dit heet Oerwouden en Savannen (Ouerido Uitgevery, Amsterdam, 1969), en is geskryf deur ’n korrespondensievriend, Willem Brandt. Hy was verlede jaar in ons land op uitnodiging van ons Dept. van Inligting. Die gedigte is geheel en al iets anders as die Engelse wide open spaces en gaan veel dieper. Werklik iets besonders, komende van ’n moderne Hollander!l32 VERWYSINGS: HOOFSTUK 14 Brief aan A.M. van Schoor, 3.2.1964. “. H.W. Snyman, 10.10.1968. Die plakboek is in die NALN, Bloemfontein. Brief aan M.C.E. van Schoor, 22.8.1954. Amende honorable: openbare verskoning Brief aan P.J. Nienaber, 19.12.1955. “. “ H.D.Gideonse, Amsterdam, 27.3.1968. “ “ G.D.Scholtz 1.6.1960. OO0ONO“OUPB“ONEM.Lauwerys, Antwerpen, 6.6.1960 165
10 Brief van G.D. Scholtz, 26.3.1961. 11 “ aan AD.K. , 27.8.1961. 12 Briewe aan G.D. Scholtz, 3.12.1961 en 8.12.1961. 13 Brief aan G. Beukes, 2.4.1963. 14 “ “ Gebr.Jacobs,23.4.1963. 15 “ “ mev.J.Modderman, Amsterdam, 8.3.1963. 16 “ “ M.Lauwerys,Antwerpen, 11.10.1961. 17 - “ GD.Scholtz,27.5.1963. y ‘N : nOY A G 12.4.1964. 19 “ “ PJ.Nienaber,21.5.1964. 20 “ “ GD.Scholtz, 13 .9.1965. 21 “ “ M.Lauwerys,Antwerpen, 19.9.1965. 22 “ “ GD.Scholtz,5.11.1965. 23 Dieselfde as 20. 24 Brief aan G.D. Scholtz, 4.5.1966. 25 “ “ MlLauwerys,Antwerpen, 20.10.1966. 26 “ “ GD.Scholtz, 7.11.1966. 27 “ “ M.Lauwerys,Antwerpen, 22.11.1966. m v” AE F $ 22.12 1966. 29 De Post, 3.2.1967. 30 Brief aan H.D. Gideonse, Amsterdam, 7.2.1967. 31 “ “ G.D.Scholtz,27.1.1969. 32 “ “ CR.Swart,2.12.1969. 166