13. C.R. Swart #
13 C.R. Swart (1894-1982) Charles Robberts Swart is in 1894 op Winburg, OVS, gebore. Hy het in 1918 as advokaat gekwalifiseer. As Nasionalis is hy in 1923 verkies tot lid van die volksraad, en in 1948 het hy minister van justisie geword. In 1956 het hy tydelik as eerste minister waargeneem, in 1959 het hy goewerneur-generaal geword en in 1961 die eerste staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. Gedurende sy loopbaan het hy talle belangrike ampte beklee, onder andere kanselier van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en hoofbeskermheer van die Voortrekkerbeweging. In 1967 het hy uit die openbare lewe getree en hom gevestig op sy plaas De Aap, naby Brandfort. Hy is in 1982 oorlede. Adv. Swart het nê die onthulling van genl. De Wet se standbeeld in Bloemfontein hierlangs gekom i.v.m. ’n nuwe magistraatskantoor wat hulle hier wil oprig. Om elfuur die aand het hy my laat roep na die hotel vir ’n kwaai maagaandoening, wat ek kon keer. En dan streng vertroulik: die volgende oggend het hy ’n aanval van paroksismale tachycardie gekry, die hartaandoening waaraan hy in die laaste tyd ly. By so ’n aanval klop sy pols net mooi twee keer vinniger as normaal. Hy moes die mêre twee deputasies ontvang, wat ons saam met al sy ander bestellings moes afgelas. Behandeling met ’n inspuiting van Prostigmine ens. het nie baie gehelp nie. Hy en ek het darem lekker gesels tussen alles deur — ons is ou vriende en ons families ken mekaar al van die Humansdorpse dae af. Hy sê dat die 149
onthulling van die De Wet-standbeeld die mees indrukwekkende gebeurtenis is wat hy nog ooit bygewoon het. Die middag is hy met nog ’n baie snelle pols “maar liewer huis toe” na Pretoria. Gister het ek ’n baie mooi brief van hom ontvang.1 Eergister was min. Swart weer hier om ’n paar deputasies te ontvang. In een toespraak het hy onder andere vertel dat hy vroeër jare, by wyse van ’n grap, gebruik gemaak het van Die Advokaat en $y Kiesers by politieke vergaderings. 2 Gister kon ek nie help nie om aan adv. Swart ’n telegram van gelukwensing te stuur met sy aanwysing as eerste staatspresident van S.A. Dit sal wel een van honderde wees wat hy ontvang, maar hulle het ons verlede Desember so gul ontvang op hulle plaas dat ’n mens gevoel het jy moet iets doen. ’n Paar weke gelede het ek aan hom ook via sy sekretaris, Pretorius, ’n paar Vlaamse drukwerke na die parlement in die Kaap gepos. Een was ’n brief van ’n Vlaming in Johannesburg n.a.v. die opvoering De Honden. Die man vertel daarin hoe die toenmalige minister ’n swart seuntjie wat paraffien ingekry het, gaan haal en met hom na ’n dokter op Brandfort gejaag het. Dit is nou ’n voorbeeld van hoe die honde van Suid- Afrika is!3 | Senekal Mnr. C.R. Swart 21 Des. 1962 Staatspresident Brandiort Geëerde ou vriend Geruime tyd reeds is dit my begeerte om weer ’n slag met u te gesels oor een en ander en u hoef nie te antwoord nie, want ek weet u tyd is kosbaar. Ter verposing, dan, aan die einde van die jaar, enkele nuusbrokkies wat 150
u waarskynlik sal interesseer. Aan prof. Lauwerys het ek indertyd persverslae gestuur van u voordrag by die verskeidenheidskonsert in Bloemfontein. Hy het dit baie geniet, sommige van die woorde aangehaal in ’n brief en gesê: nou is hy en ons staatspresident kollegas! Ons korrespondeer nog gereeld met mekaar. Baie dankie vir die eer wat u my betoon het deur een van my gedigte te “deklameer” op die plaat Liefste Suid- Afrika*. Vermoedelik was u keuse Die Advokaat en Sy Kiesers, of hoe? U het immers meer versies daaraan toegevoeg! Ek self het nog ’n versie gehad, wat geëindig het met “Ou ram"”. My destydse tormentor en sensor, wyle prof. E.C. Pienaar, het gesê dis te grof en het dit afgekeur! O tempora o mores— vandag staan in Afnkaanse poësie baie erger dmge, nie waar nie? Die H.A.U.M. het nou ’n reeks plate (11 het reeds verskyn) onder die titel Skrywers aan die Woord, waarby die skrywers self voordra uit hulle werke. Ek moes op hulle versoek ’n bandopname hier laat neem van agt kort gedigte. Daarvan maak hulle dan ’n plaat. Ingesluit is ’n Latynse vertaling van “Die Stem"” deur dr. Nijgh, wat u nog sal onthou uit die dae toe u minister was.S Van u ou vriend AD.K. Senekal Die Staatspresident 18 Sep. 1963 Mnr. C.R. Swart Seergeagte vriend Aangesien daar mêreoggend op u deurreis na die Golden Gate Nasionale Park min geleentheid sal wees om te gesels (soos in die dae van weleer), skryf ek nou maar een en ander. 151
Hiermee twee briewe van Modést Lauwerys. Daar is verrassende nuus in vir u! Ter verduideliking: lank gelede het ek hom gevra om sy vertolking van Groot Suid- Afrika op ’n band vas te lê, maar hy het volgehou dat hy nou te oud is vir so iets. Ook “Klokke Roeland” van Albrecht Rodenbach wou ek graag hê. U onthou seker nog sy “legendariese” vertolking daarvan. Maar toe ek hom u gedig “Brand, Fakkel, Brand” gestuur het, het die ou Vlaamse vriend blykbaar ’n inspirasie gekry, en dadelik ’n begin gemaak met die bandopname.” P.]. Nienaber, wat nou ’n plaas het naby Senekal, was na sy terugkoms uit Europa hier by ons. Hy sê Lauwerys het alles wat op die bandopname vasgelê gaan word, vir hom voorgedra om te hoor of sy Afrikaans nog na wens is. En dit was! Wie weet, miskien kom die bandopname nog hier aan voor die verskeidenheidskonsert in Bloëmfontein. Dan kan u dit daar gebruik. Nienaber sê ons moet dit laat uitsaai oor die radio. Ek wou al eerder geskryf het om u te bedank vir die nommer van Nieuws uit Zuid-Afrika (31 Jan. 1963) wat u gestuur het. Reken, ek het totaal vergeet van daardie gediggies; dit is geskryf gedurende die Eerste Wêreldoorlog, toe Holland honderdduisend manskappe in die veld gehad het om sy neutraliteit te beskerm. Ek korrespondeer nog steeds met mnr. C.]. Brandt van De Telegraaf. N& sy besoek aan ons land is hy een van ons staatmakers in Holland. Hy is goed bevriend met adv. Hilterman, redakteur van die weekblad De Haagse Post, wat ook ons saak bepleit. Die boekie Uit en Tuis van M.E.R. (Nasionale Boekhandel, Kaapstad, 1946), waarna Lauwerys verwys, is aan u bekend. Dis die moeite werd om te lees. Lauwerys se gebruik van Latyn laat my dink aan die vertaling van Gallus tuus ego et ignis vial: “Cock your eye and fire away.” En Stevie Joubert s’n van Poeta nascitur non fit “The poet is nasty and not fit!” Ek hoop u het die optrede van die buitelandse opera- 152
sangers en Virginia Oosthuizen gisteraand geniet. Rina, my wederhelf, het veel te doen gehad met die organisasie van die konsert hier op Senekal. Die stadsaal was vol en die gehoor geesdriftig. Hierdie kunstenaars sal die ontvangs op ’n Vrystaatse dorp nie maklik vergeet nie. Ons het nog ambassadeurs vir Suid-Afrika gekry! Alle heil en seën op u werk. Met hartlike groete van u ou vriend A.D.K Ek het met Jan Schutte van die S.AU.K. gereël dat Lauwerys se vertolking van pres. Swart se gedig “Brand, Fakkel, Brand” (dis op die bandopname) uitgesaai gaan word. Pres. Swart het ’n ruk gelede vir Lauwerys geskryf dat Dirkie de Villiers dit ook getoonset het, en op my voorstel sal Dirkie se Vrystaatse Skolekoor dit by dieselfde geleentheid sing. Dit sal waarskynlik op 30 Mei plaasvind in ’n program getitel Die Wêreld van C.R. Swart, by wyse van vaarwel aan hom. Die saak het ’n hele korrespondensie meegebring!? In die jongste uitgawe van Time (18 Okt. 1968) het ’n gediggie van mev. Harold Wilson (vrou van die Britse eerste minister) verskyn wat my diep getref het. Amper sê ek those are my sentiments, Madam. If | can write before | die One line of purest poetry Or crystallize for all to share A thought unigue, a moment rare Within one sentence, clear and plain, Then | shall not have lived in vain.19 153
Senekal Adv. C.R. Swart 1 Des. 1971 Brandfort Amice fratergue Uiteindelik kom ek sover om u te bedank vir twee briewe — een gedateer 3 Mei 1971, na Senekal gerig; en die ander van 7 Junie 1971 na Klein-Brakrivier, waar ons vertoef het van begin Mei tot 6 Oktober — dus veel langer as die bedoeling was! Die geval wil dit dat nê ek prof. Chris Wicht geraadpleeg het kort nê ons aankoms op Klein-Brakrivier, en wel te Bellville (Karl Bremer-Hospitaal) het dinge met my gesondheid totaal verkeerd geloop. Sy bevinding dat my beenstelsel besig was om te ontkalk (soos bevestig deur X-straalplate en herhaaldelike ribfrakture) het skielik ’n ernstige wending geneem (ontkalking of osteoporose ook van die rugwerwels) met die gevolg dat ek glad nie sonder hulp kon loop nie — vir maande — en veel pyn moes deurstaan. Die rit hierheen op 6 Okt. laaslede was ook ’n marteling. Gelukkig gaan dit darem nou iets beter: met ’n pynverdowende tablet agter die kake loop ek selfs elke dag alleen (wel te verstaan, onder toesig van my wederhelf of ’n ander familielid). En danksy sekere inspuitings elke twee weke, plus calcium (kalk)-tablette ad libitum,’! is daar ’n merkbare versterking van die liggaamskragte. Kon egter nog nie ’n pak klere aantrek nie — loop al maande in ’n kamerjas en pyjamas! Al troos van Fanus Rautenbach nou die mêre was (met die tikkie humor wat ek hoog gewaardeer het): ’n raaisel. Wat is die toppunt van eensaamheid? Antwoord — as jy op jou agterste stoep alleen sit en huis toe verlang. Dadelik moet ek darem byvoeg my vroutjie kom meestal saam met my daar sit! Ook het ons daaronder ’n hele paar van u artikels in Die Byvoegsel en Die Huisgenoot geniet. Kostelik was ook u dogter in Die Huisgenoot: “So het ek Pappie geken.” 154
Hoop my geheue laat my nie in die steek nie oor die titel. ’n Ou vriendin daar het daardie Huisgenoot geleen en versprei onder haar vriendel Sy het aan my geleen die boekie Letters from a Boer Parsonage (Purnell and Sons, Kaapstad, 1967). U ken dit seker — briewe van mev. ds. Marguard uit Winburg. Die samesteller was Leo Maraguard (’n seun van haar — en verlede week gearresteer ingevolge die Terroristewet). Sy noem daarin die name van heelwat Senekallers, aan my goed bekend. Uit die aard van die saak kon ek die laaste ses maande nie De Telegraaf in Amsterdam “bewerk” nie met briewe en uitknipsels. In ons dag- en weekblaaie was daar egter ’n brief van Van Wyk Smith vir informasie oor gedigte tydens die Anglo-Boereoorlog. Dit was ’n plesier om aan hom besonderhede hieroor te stuur en ek wis dat die meeste gedigte in hierdie periode pro-Boer was! So ’n bloemlesing kan dus ’n eye-opener word vir ons medeburgers — hulle sal dan besef hoeveel onreg gepleeg is teenoor ons volk deur hulle Imperiale vuurvreters. Die geskiedenis herhaal homself — hoe treffend dat Suid- Afrika vandag net so belaster word as in die tyd van die versmade Paul Kruger! ’n Boek wat ek nê ons terugkoms hier baie geniet het, is dié van Dot Serfontein — Systap onder die Juk (Human en Rousseau, Kaapstad, 1969). U naam word ook daarin genoem. Haar man, mnr. Krogh, het vir my verlede jaar ’n boek gebring wat my oorlede vader nog op Alice aan sy oupa gegee het. Die jonge digteres Antjie het saam met hom gekom. Oor ander boeke later, hoop ek. Hopelik sal $ Desember u nie te veel vermoei nie. Ons telegrafeer op die 4de en is jammer dat ons nie ’n bietjie op De Aap kan versuim nie. Verlang ook! “1 count myself in nothing else so happy, as a soul remembering my good friends.” (Shakespeare) Liefdegroete, ook van Rina, aan u albeli. Toegeneë van A.D.K. 155
O ONOOPONE 10 11 156 VERWYSINGS: HOOFSTUK 13 Brief aan A.D.K. II, 17.10.1954. R “ ’ 19111956. A m T M AAIGESL. Langspeelplaat Liefste Suid-Afrika, Brigadiers BR136. O tempora o mores: Watter tye, watter sedes. Dit is nie bekend wat van die Latynse vertaling geword het nie. Bandopname tans in NALN, Bloemfontein. Gediggie: O, Nederland! Brief aan A.D.K. II, 8.4.1967. Weens ’n misverstand is die gedig nie by daardie geleentheid uitgesaai nie. Brief aan C.R. Swart, 25.10.1968. Ad libitum: na wense. 156